

Met
DEKALB
®-saad as deel van
jou boerdery,
sorg jy vandag
reeds vir die dag vanmôre,
omdat jy weet, met
DEKALB
®
plant jy sukses. Ons tegnologie
en navorsing gerugsteun deur
spanwerk en professionele
advies dra by tot jou volgehoue
sukses, nie net vandag nie,
maar ook in die toekoms.
PLANT JOU SUKSES
®
Monsanto tel: 011 790-8200 |
www.monsanto.co.zaKontak gerus ons kliëntediens by: 011 790-8200
of
customercare.sa@monsanto.comDEKALB
®
enMonsanto isgeregistreerdehandelsnamevanMonsantoTechnologyLLC.
MonsantoSuid-Afrika (Edms)Bpk,Posbus69933,Bryanston,2021.
Witmielies
Nuwe kultivars
DKC78-27
DKC78-87B
DKC78-83R
DKC78-79BR
DKC77-77BR
CRN3505
DKC78-35R
DKC77-61B
DKC77-85B GEN
DKC78-17B
DKC78-45BR GEN
Bestaande kultivars
A11593/SAG2
Kanola Opbrengskompetisie
skop eersdaags af
D
ie Proteïennavorsingstigting (PNS) gaan gedurende 2015
twee kanola opbrengskompetisies in die Kaapprovinsie
loods: ‘n PNS Swartland Kanola Opbrengskompetisie en ‘n
PNS Suid-Kaap Kanola Opbrengskompetisie. Die wenners
van hierdie twee kompetisies sal elk ‘n kontantprys van R25 000
asook toepaslike erkenning kry.
Inskrywings vir 2015-seisoen
Vir die 2015-seisoen is besluit om die aantal inskrywings tot
tien per gebied te beperk – dit wil sê tien produsente of tien spanne
per gebied. Die inskrywings sal elektronies deur middel van die
PNS-webtuiste geskied; dit open op 1 Junie vanjaar en sluit weer
op 31 Julie. Die eerste tien kwalifiserende inskrywings wat per
gebied ontvang word, sal aanvaar word.
Prof André Agenbag (Universiteit van Stellenbosch) is die projek-
bestuurder en sal die twee kompetisies onder sy vlerk neem.
Volgens dr Gerhard Scholtemeijer (voorsitter: PNS) vertrou die stig-
ting dat dié opbrengskompetisies tot aansporing sal dien om die
kanolaproduksie van die Wes-Kaap in die kort en medium termyn
‘n groot hupstoot te gee.
Super Soja kompetisie
Die PNS is hierdie jaar 25 jaar oud. Vir meer as 22 jaar, het die PNS
die Super Soja kompetisie in KwaZulu-Natal befonds. “Ons het
egter in die laaste twee of drie jaar van hierdie kompetisie, wat meer
om marges en ander aspekte gegaan het, besef dat die kompetisie
sy trefkrag verloof het. Daar was wel voortdurend nuwe produsen-
te wat geleer het by die wenner, maar daar was nie werklik meer
‘n uitdaging vir die toppresteerders nie,” het Scholtemeijer gesê.
Tans word daar ondersoek ingestel om ‘n nuwe opbrengskompeti-
sie te loods wat ‘n uitermatige hoë mikpunt daar sal stel en wat
met ‘n uitermatige hoë beloning gepaard sal gaan. Die PNS sal in
samewerking met die bedryf binnekort ‘n besluit hieroor neem.
Al hierdie kompetisies het egter steeds een doel voor oë: Om voort-
durend beter en meer te presteer.
AKTUEEL
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE