

In die wintersonnetjie op my stoep
Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp
by 018 468 5689 of 072 804 9841.
ABRIE COETZEE,
onthaal- en dekorspesialis
KUIER SAAM MET
Abrie
h
ier op my sonnige noordelike stoep, onthaal ek graag.
Ons het almal lieflike stoepe en buitelugareas – kom ons
benut dit.
Dit is hoe ek maak:
Ek het ‘n tuinontwerp waar ek ‘n groot markiestent kan opslaan vir
onthale, soos byvoorbeeld klein troues en verjaardagpartytjies. ‘n
Lowergroen grasperk (selfs in die winter), loop tot by ‘n lang se-
mentfontein met leeukoppe wat water spuit. Die groot sementpot-
te met hulle reliëfpatrone het ek vol gesiggies en primulas geplant
om in die winter ‘n bietjie kleur te gee.
Ek het wit Floribunda-rose teen die muur af geplant en dit lyk soos
bruide wat op aandag staan in hulle trougewade.
My 20 m lange stoep is afgerond met egte gegote broekie
lace
en
wit gordyne teen die pilare gedrapeer. Dit is ‘n stoep met ‘n rus-
tige atmosfeer. Wit duiwe koer in ‘n hok wat soos ‘n pergola lyk. Ek
het ou embuiabanke en -stoele wit geverf met ‘n verftegniek wat ‘n
patina-effek gee.
Strooikussings waarop botaniese ontwerpe gedruk is (voëls, pro-
teas, verse, gedigte en botaniese blomme) maak die uitbeeld van ‘n
Franse
alfresco
stoep moontlik. Voëlhokkies, ou kiste, kandelare en
ou hangkaste rond dié buitevertrek af.
Op hierdie stoep onthaal en kook ek. Dan word alles verwyder
en die stoep word ingekleur met tafels gedek met linnetafel-
doeke, kant, kristal, silwer kandelare en honderde kerse...teatraal
en elegant.
Soms verbeel ek my dit is ‘n skip op die Rheinrivier in Europa...
So met die gekabbel van water van die fontein in die agtergrond,
neem ek my gaste op ‘n reis na ‘n wonderwêreld.
Junie 2015
78