

80
Beste Grootneef
l
angenhoven het baie spitsvondighede kwytgeraak. Een
daarvan was “Een man met ‘n goeie plan, is ‘n meerderheid”.
Só was dit ook die aand met die Jeugkommissie. Die debat
was genadiglik nie oor Belhar nie, maar wat vanjaar se
uitstappie vir die jeug sou behels. Buurman kom toe met die
blink plan dat die plaaskinders dorp toe gevat moet word
en dat Gold Reef City net dié plek is. Neef Piet wou nog weet of
dit naby Stilfontein is, toe die bod toegeslaan en die voorstel
eenparig aanvaar is. Geen punt van orde kon die voorstel daardie
aand keer nie!
Nou ja, so is ons vort na Sodom en Gomorra in die skool se bus.
Die Jeugkommissie voor langs die drywer ingepak en die matrieks
op die agterbanke. Een belhamel het iets van “prakties in die beloof-
de land“ gemompel op pad die buspaadjie af.
Ou Neef, die moeilikheid het eintlik begin toe ‘n aangename jong-
man beleefd gevra het dat alle bewegende dele in die plastiekbak-
kie gepak moes word. In my geval was dit ‘n bril, valstande en ‘n
pakkie
x-tra strong
, wat netjies in ontvangs geneem is.
‘n Tweede voorbode was toe ‘n ander jongman ons aan die sitplek
kom vasknoop het met so opgestopte belt wat oor jou maag en
skouers pas. Vir party van die lede van die kommissie, moes ‘n
knip of twee verstel word, om borskas en hangkas in te sluit. Die
laaste onheilsgeluid voordat ons die lug in is, was ‘n langsame
geklik van ratte. Met die afkykslag kon ek twee sulke diep vore in
die sementblad sien, soos die manne en manninne voor my,
tevergeefs op daardie stadium, probeer briek trap het.
En toe vat die Anakonda ons tot verby Saturnus. Die kinders
het vooraf belowe dat dit ‘n lekker pretrit sou wees en dat ons
Jo’burg mooi uit die lug sou sien...Ek sê jou Neef, niks aan dié ding
was beleefd nie. Maagspiere, kuite en blesse was in ‘n stryd
van
epiese
proporsies,
soos
die
ding ons die lug in geslinger het. Gat
oor kop man! Nie een keer nie, maar
aanhoudend en meedoënloos. Al van
Jo’burg wat ek in ‘n laaste oomblik voor
stilgebed sien verbyflits het, was die
traffic
jam
op die N1. As die jongman ons nie so
mooi vasgemaak het nie, het ons nou nog
getrek – soos Rhodes die hinterland in.
Met die insleep van die Anakonda terug
in die stasie, het al die ouderlinge en
katkisante geskreeu – party vir nog, maar
die meeste om af te klim. Een lid van die
Jeugkommissie se kontaklense het geskuif
– kompleet met dubbelvisie vir die res van
die dag. ‘n Ander ou se heup het weer in
die potjie ingeglip, al die operasiereëlings
kon gekanselleer word. Soos wat die
manne weer met hulle eie brille en pille versoen is, het ‘n gees van
broederskap en eensgesindheid geheers soos ek nog nooit beleef
het nie. Dit nou synde dat almal langslewend was! Daardie dag is in
die anale opgeteken, as die dag wat kategeet en katkisant, skouer
aan skouer, als wat voorgekom het, bloots gery het.
Met die uitloopslag terug skoolbus toe, wonder ek toe by myself,
wié van die menigte dorpenaars om ons weet van die mallemeulerit
van graanprodusente die afgelope seisoen. Van ‘n “hoog” met mooi
reën tydens planttyd, tot die absolute “laag” van hittegolftoestande
in die midsomer.
Ek dink toe aan die ou gediggie van Uys Krige oor die
Visserman
wat lees:
“Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,
Ons wat net één ou misstappie moet gee
En hy kom tromp-op op ons afgestuur!
Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.”
Ná ‘n woeste produksieseisoen wat met soveel belofte begin het
en in sommige gebiede met ‘n verskroeide aarde geëindig het, kon
die digter dalk ook ‘n ode aan die
Vrystaters
opgedra het. Iets soos:
“Ken jy die Vrystaatvlaktes, ken jy dit Meneer?
Met mielies en sonneblom, geil voor jou geleë,
Wat met 'n enkele hittegloed en storm van stof en sand,
Alles voor jou weg kan vee!
Dan sê jy nog, Meneer, die meel is duur.”
Hopelik verstaan ons mense in die dorpe met verloop van tyd so
ietsie van die “Anakonda“ wat elke seisoen gery moet word. Die
verskil is, met boerdery gord niemand jou vas nie.
Groete op die Oosgrens en lekker stroop.
Kleinneef
E-POSSE
aan Groot neef
Die Anakonda
Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by
kleinneef@graingrowers.co.za.
Junie 2015