

79
Nuwe Mercedes-Benz B-klas vir 2015
m
ercedes-Benz SA het so pas die nuwe verbeterde
reeks B-klas ter plaatse geloods. Die B-klas is ‘n
kompakte stasiewa, maar met genoeg sitspasie
vir vier volwassenes. Dit is ‘n kwaliteit-voertuig
met al die weelde-items wat ‘n mens van ‘n luukse
voertuig verwag.
Die B-klas is ongeveer 7 cm korter as Mercedes-Benz se C-klas,
maar is ruim genoeg sodat vier volwassenes regtig gemaklik kan sit.
Omdat dit ‘n stasiewa is (of “meerdoelvoertuig” soos wat dit dees-
dae geklassifiseer word), beskik dit oor bogemiddelde binnespasie.
Hierdie nuwe 2015-reeks is basies ‘n visuele opkikkering, maar daar
is tog ook verbeterde tegnologie bygevoeg sodat daar wel be-
duidende verskille is tussen die nuwe weergawe en die 2012-
weergawe. Die 2015-weergawe bestaan uit twee diesel- en twee
petrolkragbronne.
‘n Viersilinder 2143 cc dieselenjin, met ‘n kraglewering van 100 kW
en ‘n wringkrag van 300 Nm, vuur die B 200 CDI-model aan. Sy
brandstofverbruik is 4,3 liter/100 km en sy prys is R404 200.
Die 220 CDI-model het basies dieselfde enjin, maar is gestel om
125 kW te lewer met ‘n wringkrag van 350 Nm. Teen 4,1 liter/100 km
het dit heelwat meer krag, met ongeveer dieselfde brandstofver-
bruik as die 200 CDI. Die 220 CDI kos R448 000.
Die twee petrolweergawes bestaan uit ‘n 1 600 cc wat 115 kW
lewer en ‘n 2 liter wat 155 kW lewer. Die transmissie is ‘n sewe-
spoed outomatiese ratkas of ‘n sesspoed handratkas vir al vier die
B-klasmodelle.
Die aantrekkingskrag van die B-klas is sy bestuurbaarheid. Hiermee
word bedoel dat dit nie ‘n lomp voertuig is nie. Dit bestuur eenvou-
dig net makliker, al is dit nie ‘n piepklein motortjie nie.
Die ander groot pluspunt, veral vir motoriste wat gereeld grondpaaie
moet aandurf, is dat die B-klas – tipies Mercedes-Benz – baie sterk
gebou word, met ‘n reeks veiligheids- en padhouvermoëtegnologië
om te verseker dat hierdie voertuig nie sommer maklik in ‘n botsing
betrokke sal raak nie en as dit wel in ‘n botsing beland, sal die
voertuig sy passasiers beskerm.
Ander standaarditems waarmee die B-klas spog, is ‘n elektroniese
stabiliteitsprogram (ESP), remhulp (wat die bestuurder help rem
in ‘n noodsituasie), glybeheer (wat inskop as een of meer van die
wiele traksie verloor), ABS-remme, sewe lugsakke (wat kophoogte-
lugsakke vir die voorste insittendes insluit), steilte-wegtrekhulp en
‘n gevaaralarm wat jou waarsku as jy te naby aan ‘n ander voertuig
voor in die pad kom en om alles te kroon, bied Mercedes-Benz ‘n
uitstekende sesjaar tegniese onderhoudsplan.
Dit is ‘n voertuig wat gemaklik sit, veilig ry, en kragtig, maar tog
ekonomies is – ‘n goeie alternatief vir die effens duurder C-klas-
sedan.
Die Mercedes-Benz B-klas 200 CDI kos R404 200 en die B220 CDI
R448 000.
GERRIE SMIT,
lid van die SA Motorskrywersgilde
WIELE
vir die plaas
Die Mercedes-Benz B-klas 200 CDI-model: Elegant, kompak en ruim.
June 2015