

47
June 2015
uiterste toestande baie beter hanteer. Mielies wat aan die einde
van Januarie en vroeg in Februarie in die pluimstadium was, het op
verskeie plekke en op verskeie mieliekultivars swak bestuif.
In
Tabel 1
word die maksimum temperature en minimum relatiewe
humiditeit vanaf 7 tot 11 Februarie vanjaar vir Bothaville en Viljoens-
kroon aangetoon. Heelwat mielies wat einde November geplant
is, was tydens die hittegolf in die saad en besig om te bestuif.
Viljoenskroon het 25 mm reën van 25 tot 31 Januarie 2015 gehad.
Bothaville het gedurende hierdie periode geen reën by die weer-
stasie gehad nie. Viljoenskroon het op 17 Februarie, 18 mm reën
by die weerstasie gehad.
Foto 1
dui die onegalige en ook swak
bestuiwing op mieliekoppe aan.
Plantdatums wat op dieselfde mieliekultivar met twee of drie dae
verskil, was vanjaar bepalend vir goeie bestuiwing teenoor swakker
bestuiwing. Dié verskynsel wys maar net weer op plantdatums wat
versprei is en ook die aanplanting van ‘n pakket van kultivars om
moontlike risiko te verminder.
Wanneer mielies en ander gewasse onder droogtestremming ver-
keer, begin die sekondêre siektes en peste ook ‘n rol speel. Stam-
en wortelvrot asook houtskoolvrot het algemeen voorgekom op
mielies.
Foto 2
wys duidelik die verskil tussen twee mielieplante; die
een nog groen (regs) en die ander plant reeds dood en verdroog
(links). Die koppe op die plant met houtskoolvrot, se pitte het
gery, terwyl die plant wat nog groen was, se pitte glad nie gery
het nie. Dit wys duidelik dat dit nie net die droogte was wat hier
‘n invloed gehad het nie, maar ook wortel- en stamsiektes onder ‘n
monokultuurstelsel.
Rooi spinnekop besmetting het ook redelik algemeen voorgekom
en was veral prominent waar erge droogtestremming of wortel-
skade (stam- en wortelvrot) voorgekom het.
Droogtegeïnduseerde tekort van voedingstowwe het ook tydens
die seisoen op mielies, sonneblom en sojabone voorgekom. Die
voedingstowwe is wel toegedien, maar as gevolg van te min grond-
water, kon veral die voedingstowwe wat hoofsaaklik deur massa-
vloei opgeneem word, nie dieselfde impak hê as onder optimale
grondvogtoestande nie. Hier het die tydige toediening van die reg-
te bemestingsproduk die grootste effek gehad.
Sojaboonaanplantings het die afgelope seisoen redelik toege-
neem. Een van die grootste beperkings bly die hoë voorkoms van
aalwurms in sanderige grond. Die aalwurms val die sojaboonwortels
aan en maak die wortels minder effektief in terme van water- en voe-
dingstofopname. Verpotte, stadig-groeiende plante is dan ‘n alge-
mene simptoom.
Foto 3
dui aalwurmskade op sojaboonwortels aan.
‘n Graanprodusent is in wese ‘n risikobestuurder. Alle moontlike
risiko’s wat bestuur kan word, moet verstaan en bemeester word.
Indien die risiko bestuur word en goeie basiese praktyke gevolg
word, is die geleenthede amper onbeperk. As jy belangstel om
saaiboerderyrisiko’s op jou plaas te verstaan en bemeester, praat
gerus met jou plaaslike Omnia-landboukundige.
DATUM
BOTHAVILLE
VILJOENSKROON
MAKS TEMP*
MIN RH**
MAKS TEMP*
MIN RH**
7/02/2015
33,50
10,79
33,93
11,38
8/02/2015
34,69
13,65
34,99
15,89
9/02/2015
35,41
13,62
35,93
13,23
10/02/2015
35,02
14,76
36,42
14,33
11/02/2015
34,95
18,89
36,30
13,67
TABEL 1: MAKSIMUM TEMPERATURE EN MINIMUM RELATIEWE HUMIDITEIT VANAF 7 FEBRUARIE TOT 11 FEBRUARIE 2015 OP
BOTHAVILLE EN VILJOENSKROON.
* Maks temp – Maksimum temperatuur
** Min RH – Minimum relatiewe humiditeit
Weerdata verskaf deur LNR-IGKW
2: Mielieplante sonder houtskoolvrot
(regs) en met houtskoolvrot (links).
3: Aalwurmskade op sojaboonwor-
tels.
2
3