

PANNAR behaal seisoen vir seisoen topresultate in
die nasionale sojaboonproewe. ’n Veelsydige pakket
van verskillende groeiseisoenklasse bied doeltreffende
risikobestuur waarop jy kan reken.
Sojabonemet
’
n bewese
suksesrekord.
2015/SOY/A/15
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
Saam boer ons
vir die toekoms
™
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaULTRAMODERNE
NAVORSING
GEWASVOORSORG
PRESISIE-
BEPLANNING
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
53
Lengte van die ketting
Lede van Graan SA voel dat die hoeveelheid rolspelers in die ket-
ting, vanaf die vervaardiger totdat die produk op die plaas kom,
te veel is. Skakels in die ketting wat nie vir die produsent waarde
toevoeg nie, behoort uitgesny te word. Graan SA is in deurlopende
gesprek met die vervaardigers om hierdie probleem aan te spreek.
Deursigtigheid van plaaslike mark
Die landbouchemiese mark in Suid-Afrika is alles behalwe deursig-
tig. Hierdeur word nie gesê dat die kompetisie in sekere dele baie
stram is nie, maar toegang tot die pryslyste of prysaanduidings van
maatskappye is feitlik onmoontlik om te bekom.
Graan SA poog hier om op ‘n gereelde basis produsentepryse op
verskillende lokaliteite van chemikalieë in te samel om sodoende
meer deursigtigheid aan die plaaslike mark te gee. Daar is ook
gesprekke met vervaardigers om “voorgestelde verkoopspryse” aan
die mark beskikbaar te maak.
Ons lede is deel van ‘n globale graan- en oliesadebedryf en as
hulle nie die regte pryse vir hulle landbou-chemikalieë betaal nie,
kan hulle nie kompeteer nie. Deur meer deursigtigheid in hierdie
mark te bewerkstellig, kan lede van Graan SA sekerder wees dat
hulle die regte prys vir chemikalieë betaal.
Internasionale landbouchemiese pryse
Tabel 1 toon internasionale onkruiddoderpryse (in ‘n Chinese hawe)
per aktiewe bestanddeel oor ‘n jaartydperk aan. Die eerste gedeelte
van die tabel is die pryse in dollarterme, terwyl die tweede gedeelte
dieselfde pryse in randwaarde aandui.
Uit die tabel is dit duidelik dat internasionale pryse, behalwe vir
Trifluralin, afgeneem het. Dit is veral glifosaatpryse wat skerp
afgeneem het. As ‘n mens egter na die tweede gedeelte van die
tabel kyk, kan gesien word watter groot impak ‘n verswakking in
die waarde van die rand kan hê. Dit veroorsaak dat internasionale
prysdalings nie in die plaaslike mark deurgegee kan word nie
en in die geval van Trifluralin, vererger dit die styging wat reeds
internasionaal plaasgevind het.
Tabel 2 toon internasionale insekdoderpryse per aktiewe bestand-
deel oor ‘n jaartydperk aan. Die eerste gedeelte van die tabel is die
pryse in dollarterme, terwyl die tweede gedeelte dieselfde pryse
aandui in randwaarde.
Uit die tabel is dit duidelik dat veral pryse van Imidacloprid skerp ge-
daal het. Die impak van die verswakking in die waarde van die rand
is weer eens duidelik sigbaar in die tweede gedeelte van die tabel.
Met hierdie tipe inligting probeer ons die chemiese mark meer
deursigtig maak vir Graan SA-lede. Dit sal interessant wees om by
ons lede te hoor wat hulle tans vir landbouchemiese middels betaal
in vergelyking met verlede jaar dieselfde tyd, gegewe die bostaan-
de tendens.
Vir verdere inligting en kommentaar, stuur gerus ‘n e-pos na
corne@
grainsa.co.za
.
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
– Riaan Potgieter 2014