

39
June 2015
Magneet
Metaalprodukte is ‘n onwelkome “kuiergas” in die eindproduk. Be-
halwe dat dit die apparaat verder in die maalproses beskadig, is
dit ook ‘n voedselveiligheidsrisiko. ‘n Baie kragtige magneet word
aangewend om enige metaalprodukte te verwyder.
Kleursorteerder
Gekleurde mieliepitte het ‘n groot impak op die finale produkkwaliteit
en kleur. Wie wil nou wit pap met ‘n geel skynsel eet? Die meelkleur
word gewaarborg deur die afwykende en uitstaande partikels van
ander kleure te verwyder. Die kleursorteerders verwyder ook swam-
besmette pitte wat dan outomaties die mikotoksieninhoud van die
eindproduk verlaag.
Aanklammingsproses
Met die mieliepitte nou gesorteer en alle vreemde materiaal verwy-
der, begin die maalproses in alle erns. Die mieliepit gaan eerste deur
die proses van aanklamming waartydens ‘n bepaalde hoeveelheid
water op die mielies geplaas word. Die graan kry kans om die water
op te neem.
Die aanklammingsproses is hoofsaaklik daarop gerig om die peri-
karp of die skil sag te maak. Die pitte met ‘n hoë persentasie sagte
endosperm is geneig om in die aanklammingsproses heelwat meer
water op te neem as wat die harde mieliepit sou doen. Die sagte
endospermpitte wat te veel water opneem, breek dan nie in die maal-
proses tot die gesogte fraksies nie, maar eerder direk in fyn poeier
wat sodoende die graad van die eindproduk benadeel.
Gebreekte en beskadigde pitte neem ook te vinnig te veel water
op en veroorsaak ook dat die eindproduk se kwaliteit nie na wense
is nie.
Ontkiemingsproses
Die ontkiemingsproses is die proses waar die kiem en perikarp
van die mielies verwyder word. Hierdie proses is die hart van die
meule. Indien die ontkiemingsproses nie effektief plaasvind nie, bly
daar kiem en van die perikarp op die mieliepitte agter. Dit het ‘n di-
rekte effek op die kleur, vetinhoud en die persentasie afwykende en
uitstaande partikels van ander kleure en die rakleeftyd van die
eindproduk.
As hierdie proses reg gedoen word, lewer dit skoon, growwe fraksie,
gepoleerde mieliepitte aan die maalproses. Hierdie pitte word verder
vermaal tot die granulasie soos per produkvereistes is. Die effekti-
witeit van die ontkiemingsproses word beïnvloed deur die volgende
mieliekwaliteitseienskappe:
Hardheid
Die hardheid van die korrels is ‘n bepalende faktor tydens die ont-
kiemingsproses. Harde mielies produseer in verhouding baie meer
growwe fraksies en minder meel gedurende die ontkiemingsproses.
Vir mielievermaling is dit baie belangrik om soveel as moontlik grow-
we fraksies te produseer.
Kiemgrootte
Die grootte van die kiem ten opsigte van die res van die korrel is
kritiek, aangesien die kiem gedurende die maalproses uit die en-
dosperm verwyder moet word. Die kiem is hoog in vette en olies en
het ‘n direkte invloed op die rakleeftyd van die produk wat vervaar-
dig word. Die vette en olies degenereer vinnig en veroorsaak die
kenmerkende galsterige en bitter smake wat soms in meel en ander
graanprodukte voorkom.
Hoe groter die kiem, hoe moeiliker is dit om dit effektief te verwy-
der. Kiem wat begin migreer na die endosperm, het (veral by sagte
mielies) tot gevolg dat die kiem nog minder effektief verwyder kan
word en in beide gevalle het dit tot gevolg dat die vetinhoud van die
produk verhoog.
Eenvormige pitgrootte
Vir enige maalproses is dit voordelig om mieliepitte van naasten-
by dieselfde vorm te hê. Die duikpitmielies se mieliepitte (
Foto 1a
)
vormkomposisie wissel van klein ronde pitjies op die bokant van die
kop tot die plat, groter pitte wat in die middel van die kop gevind
word. Daar is ook groter pitte van ‘n onbepaalde vorm wat aan die
basis van die kop gevind word.
Die rondepitmielievariëteite (
Foto 1b
) het tradisioneel ‘n meer een-
vormige pitvorm en is gesog by die meulenaars.
As die ontkiemer opgestel is vir ‘n mengsel van groot tot gemiddelde
grootte pitte en die hoeveelheid klein pitte in die mengsel verhoog,
sal die klein pitte glad nie of slegs half ontkiem, met die gevolg dat
die meel se vetinhoud verhoog asook die kleur van die meel. Wan-
neer die ontkiemer weer vir kleiner pitte opgestel word en die hoe-
veelheid groot pitte verhoog, sal die groot pitte fyngemaal word, wat
meer meel sal veroorsaak en die hoeveelheid hoëgraadse growwe
granulasie produkte verlaag. Dit is dus belangrik dat die meulenaar
op ‘n gereelde basis die ontkiemingsproses verstel en aanpas.
Vergruising- en vermalingsproses
Gedurende die vergruising- en vermalingsproses is dit belangrik om
die fraksies so grof as moontlik vir so lank as moontlik te hou. As die
fraksies te vinnig fyngemaal word, verhoog die hoeveelheid meel,
wat dan die meule se realisasie per ton verlaag.
Weer eens: Harde mielies produseer meer growwe fraksies as sagter
mielies en sodoende ook minder meel.
Sifproses (gradering volgens granulasie)
Nadat die mielies deur die rollers vermaal is, word die meel na
elke roller gesif. Die vermaalde produk word binne die sifkas gesif,
gegradeer en geskei volgens granulasiegrootte. As die granulasie
voldoen aan ‘n sekere finale produk se spesifikasies, word hierdie
stroom onttrek uit die proses en gestoor in ‘n finale produkbuis reg
vir verpakking.
Die res van die vermaalde produk word teruggestuur na verskillende
rollers om verder gemaal te word. Die proses herhaal homself totdat
alle fraksies wat vermaal word, onttrek word as ‘n finale produk of as
‘n afvalproduk.
Verpakkingsproses
Gedurende die verpakkingsproses word die verskillende meel-
produkte op verskillende verpakkingslyne volgens soort en gewig
verpak. Op elke sak word daar ‘n identifikasienommer asook die ver-
valdatum gedruk. Die ID-nommer word gebruik om ‘n lot te identifi-
seer indien ‘n produk uit die mark onttrek moet word.
Die verpakte produk word op palette verpak, waarna dit verseël
word en na die eindverspreiders en verbruikers versend word.
Uit bogenoemde is dit duidelik dat meel nie sommer net meel is nie,
maar dat dit deur ‘n intensiewe proses moet gaan om by die ge-
wenste eindproduk uit te kom. Vir meer inligting, kan Luter Pretorius
by 011 063 2215 gekontak word.
1a
1b
1a: Duikpitmieliesoorte.
Soorte wat aan hierdie groep
behoort, is maklik om te
onderskei aan die duik of
holte op die kruin van
die pit.
1b: Ronde- of blinkpit-
soorte. Die pitte is rond,
hard en opsigtelik sonder
enige induiking op die
kruin.