

35
June 2015
is, sal die relevansie van die besigheid deurlopend geëvalueer moet
word. Indien die besigheid op ‘n groeipad wil bly, sal die produkte
dalk aangepas moet word om aan die markvereistes te bly voldoen.
Dit kan dalk beteken dat nuwe markte gesoek sal moet word en dat
daar produkontwikkeling gedoen moet word.
‘n Vraag wat dikwels geïgnoreer word, is hoe gaan eksterne faktore
hierdie besigheid raak? Dit wil sê polities, ekonomies en sosiaal
– faktore waaroor graanprodusente geen beheer het nie. Wat gaan
die besigheid doen as die vakbonde byvoorbeeld ‘n rol begin speel?
As minimum lone styg? As invoere toeneem? As prysvasstel-
ling intree?
Soos vroeër genoem, bly volgehoue, konsekwente produksie van
kardinale belang. Met ander woorde: Produksie van ‘n produk wat
herhalend geproduseer word, maar wat altyd dieselfde kwaliteit het
en wat altyd op die rak beskikbaar sal wees.
Tydigheid is noodsaaklik om effektief te produseer. Die korrekte
rouprodukte of grondstowwe moet tydig by die verwerkingspunt
beskikbaar wees. Dit sal beteken dat aankope (grondstof en
verpakking) bestuur moet word. As eie produkte verwerk word, sal
dit aan die kwaliteit- en tydigheidsvereistes vir die verwerking moet
voldoen, wat weer meer druk op die boerderyproduksie sal plaas.
Enige besigheid benodig egter fondse, hetsy om kapitaalitems te
koop of vir bedryfskapitaal. Sonder die nodige fondse om hierdie
besigheid te bedryf, is alles net ‘n mooi verhaal. Kontantvloei is
hier ook koning. Daar moet genoeg fondse beskikbaar wees om
rouprodukte te koop, die produksie aan die gang te kan hou en
produkte op ‘n rak te kan dra.
Voorsiening moet gemaak word vir debiteure en verwerkte voor-
raad – albei elemente wat kontant verorber. Dit kan soms ‘n ruk neem
om gelyk te breek en enige aanvangsverliese moet gefinansier kan
word of deur die eienaar gedra word.
Ja, dit is so dat as die produksie volwaardig aan die gang is, sal
kontantvloei bestendig word, maar alle insetkoste en bedryfsuit-
gawes is reeds aangegaan en dus moet die besigheid aan die gang
bly. As kapitaaluitgawes aangegaan is, moet dit natuurlik terugbetaal
word en deel van die koste van produksie uitmaak.
‘n Ander aspek wat ook in gedagte gehou moet word, is die effek
van hierdie nuwe verwerkingsbesigheid op die kontantvloei van die
boerdery. Dit kan gebeur dat die boerdery dalk ses maande moet
wag voor die fondse inkom om sy krediteure af te los.
Laastens, net soos in die boerdery, is rekordhouding van kardinale
belang. Die besigheid moet ook effektief en doeltreffend bedryf
word. Verpligtinge moet nagekom word teenoor skuldeisers en
die staat. Die Ontvanger moet betaal word, lenings gediens word
en bo alles moet die besigheid ook vir die eienaar welvaart skep.
Rentabiliteit moet daarom deurlopend goed genoeg wees.
Uit die bogenoemde is dit duidelik dat dit nie maklik is om tot die
verwerkingsbedryf toe te tree nie. As graanprodusente egter kans
sien om hierdie aksies met dissipline en toewyding uit te voer, kan
die uitkoms positief wees en kan geleenthede om waarde toe te
voeg, vrylik ontgin word.
As finansies ‘n probleem is, maar dit maak sin om die waarde toe te
voeg, is daar instansies soos die Industrial Development Corporation
(IDC) en talle ander wat wel hulp kan verleen. Gegewe die ver-
eistes wat egter gestel word, is dit nie vir almal moontlik om self
die waarde toe te voeg nie. Beteken dit dus dat alle produsente
geheel en al van hierdie verbruikersrand uitgesluit is? Die antwoord
is onomwonde: “Nee”.
Daar is verskeie maniere om steeds in hierdie verwerkingsmarkte
se winste te deel. Deur aandele in verwerkers te koop, kry die
produsent verseker ook deel van die verbruikersrand. Produsente
kan ook saamstaan en gesamentlik so ‘n aanleg op die been bring en
sodoende voordele van skaal en konstante produksie verkry.
Die besigheid kan dan tipies deur ‘n kundige persoon bestuur
word, terwyl die graanprodusente bly fokus op die verbouing van
graan. Die graanprodusente kan dan as eienaars van die besigheid,
die strategiese rigting aandui en die bestuur moet binne hierdie
riglyne optree.
Hierdie is net ‘n opsomming van sommige van die vereistes om te
produseer. Kontak gerus vir Pietman Botha by 082 759 2991 om
meer oor dié onderwerp uit te vind.
“
Vir bemarking is dit
belangrik om die
regte produk, teen
die regte prys, op
die regte tyd, by die
regte verbruiker met
die spesifieke
behoefte uit te kry.
“
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
Waardetoevoeging tot ‘n landbouproduk verg baie beplanning, volge-
houe kwaliteitproduksie, baie goeie bestuur en sekerlik die belangrik-
ste, baie goeie bemarking.