

FOKUS
Spesiale
Waardetoevoeging
Junie 2015
38
Die verwerking van mielies
tot meel van nader bekyk
LUTER PRETORIUS,
kwaliteitskontrolebestuurder: Afgri
W
itmieliemeel is sinoniem met Suid-Afrika. Vir die meeste
mense in die land verwys dit heel moontlik na spierwit
mieliepap, gaargemaak na eie keuse. Verskillende me-
todes van gaarmaak vereis verskillende produkte met
verskillende kwaliteite en kenmerke.
Pap gemaak van witmielies, is maar een afdeling van mielies in ons
land en geelmielies word deur baie mense met veevoer geassosieer.
Geelmielies speel egter ‘n groot rol in ‘n baie gesofistikeerde bedryf
wat geelmieliegruis oftewel
grits
gebruik as ‘n roumateriaal in die
vervaardiging van hulle finale produk, soos ontbytkos, versnape-
rings en in die brouersbedryf.
Die Wet op Landbouprodukstandaarde (Wet Nr. 119 van 1990) regu-
leer die mieliemaalproses aangaande watter mielieprodukte vervaar-
dig mag word en hulle kwaliteitspesifikasies. Volgens dié regulasie
mag die volgende produkte vervaardig en verkoop word:
Stampmielies
Mielierys
Mieliegruis
Super mieliemeel
Spesiale mieliemeel
Mieliemeelblom
Industriële mieliegruis (kliëntspesifiek na gelang van hul eie
spesifikasies)
Die kwaliteitseienskappe (spesifikasies) wat gereguleer word, is:
Vog in produk
Vetinhoud van produk
Veselinhoud van produk
Granulasie van produk
Ons gaan in hierdie artikel die “droë maalproses” bespreek en dié
proses kan in die volgende sewe hoofvervaardigingsprosesstappe
(
Figuur 1
) verdeel word:
Ontvangs van mielies, gradering en
opberging
Tydens die ontvangs van die mielies is dit belangrik om ‘n verteen-
woordigende monster geneem te kry. Dit word gedoen vir grade-
ringsdoeleindes om te bepaal watter graad die vrag is en waar dit
aangewend kan word en watter prosesse die mielies sal moet deur-
loop. Hierdie mielies sal vervolgens eers skoongemaak moet word.
Skoonmaakproses
Die skoonmaakproses is belangrik om die vreemde materiaal, be-
smette pitte asook die ongewenste, gekleurde pitte te verwyder.
Die doel van hierdie proses is om die eindproduk aan sekere
standaarde en kwaliteite te laat voldoen. Die meeste van die skoon-
maakwerk word deur masjiene gedoen en die volgende masjiene
word gebruik:
Sifter
(
separator
)
Die teenwoordigheid van vreemde materiaal het ‘n negatiewe invloed
op die maalproses asook op die finale produkkwaliteit. Die sifproses
verwyder die meeste ongewenste vreemde materiaal uit die mielies.
Vir die maalproses is dit belangrik om die masjinerie verder af in die
ketting te beskerm en ‘n kwaliteiteindproduk te verseker.
Verwydering van klippe
(
destoner
)
Klein klippies word nie effektief deur siwwe verwyder nie en daarom
moet daar aandag gegee word om die klein klippies te verwyder.
Die teenwoordigheid van klippe beïnvloed die maalproses asook
die produkkwaliteit negatief en beskadig die masjiene wat die mie-
lies maal.
Niemand wil graag ‘n klippie in jou gunsteling produk hê nie, maar
met al die tegnologie aangewend, kan dit steeds gebeur. Die klip-
pies wat wel moontlik in die eindproduk kan voorkom, is egter baie,
baie klein.
Figuur 1: Stappe in die vervaardigingsproses.
1
Ontvangs,
gradering
en opberging
5
Vergruising en
maalproses
6
Sifproses/
granulasieskeiding
7
Verpakkingsproses
2
Skoonmaakproses
3
Aanklammingsproses
4
Ontkiemingsproses