

FOKUS
Spesiale
Junie 2015
34
Is waardetoevoeging
bedoel vir jou?
P
rodusente is terdeë daarvan bewus dat die winsgewend-
heid van die primêre sektore onder druk is. Die Tiger’s en
Premier’s van die wêreld bedryf ‘n besigheid waar daar
geweldige hoë dividende jaarliks betaal word. Hierdie
besighede verwerk baie primêre landbouprodukte waarmee hulle
dié winste verdien. Moet produsente nie dalk self ook waarde toe-
voeg tot produkte nie en sodoende ‘n groter deel van die
verbruikersrand opeis nie?
Hierdie plan klink baie goed, maar daar was nie verniet ‘n slang in
die paradys nie. Waardetoevoeging tot ‘n landbouproduk verg baie
beplanning, volgehoue kwaliteitproduksie, baie goeie bestuur en
sekerlik die belangrikste, baie goeie bemarking.
Vir ‘n huidige boerdery sal die inbring van ‘n waardetoevoegings-
bedryf verseker die druk op die bestuur van die besigheid verhoog.
Waardetoevoeging is niks anders as ‘n ekstra hoë bestuursin-
tensiewe vertakking nie. Hierdie nuwe vertakking sal verseker sy tol
op die ander bedryfstakke eis.
Die heel belangrikste aspek wat altyd onthou moet word, is dat die
verbruiker koning is. Hy het die geld in sy sak en hy sal besluit vir
wie en vir wat hy dit gee. As die verbruiker baie van ‘n produk
hou, sal hy dalk bereid wees om meer daarvoor te betaal, maar
anders sal hy altyd waarde vir sy rand gaan soek. Maak nie saak wie jy
is nie, die kliënt is die persoon met die geld en hy besluit.
As waardetoevoeging enigsins oorweeg word, moet besef word
dat hierdie ‘n besigheid met baie hoë risiko’s is. Gewoonlik word vir
hierdie waardetoevoegingsbedryf heelwat kapitaal benodig en as dit
geleen word, sal dit verseker teen relatief hoë rentekoerse wees.
Daar sal meestal ook talle ander besighede wees wat dieselfde tipe
produk vervaardig en wat reeds die mark vir hierdie produkte be-
dien. Tensy jy ‘n daadwerklike kompeterende voordeel of ‘n natuur-
like versperring (
barrier to entry
) het, sal nuwe toetreders maklik
tot die mark kan toetree en jou mark ook bedien. Die ekonomie van
skaal begin ook dadelik ‘n groot rol speel om die besigheid teen
opposisie te beskerm.
Produsente wat tot hierdie waardetoevoegingsbedryf wil toetree,
moet beslis hulle huiswerk deeglik doen en sover moontlik hulp by
kundige mense kry. ‘n Volledige besigheidsplan wat alle aspekte en
gepaardgaande risiko’s insluit, moet opgestel word voor daar tot
waardetoevoeging toegetree word. As dit nie op papier werk nie, is
die kans dat dit in die praktyk gaan werk, byna nul.
Die proses om te bepaal of daar tot so ‘n bedryf toegetree kan
word, moet begin by die ontleding van die mark en spesifiek die
behoefte wat jou produk gaan bevredig asook die bemarkingsom-
gewing. ‘n Bepaling van die breë terrein waarbinne die onderneming
sake sal doen, moet gedoen word. Hoe groot die mark werklik is, wie
en hoeveel die kompetisie is waarteen meegeding sal word en wat
jou kompeterende voordeel is, is alles faktore wat van kardinale be-
lang is.
Omdat die besigheid in die lang termyn bedryf gaan word, is dit
belangrik dat die vraag na die produk reg bepaal word. Dit is belang-
rik om die hoeveelheid potensiële kliënte, waar hulle bly, hul
verwagte verandering in voorkeure vir die produk en die jaarlikse
verbruik van die produk, reg te bepaal en te voorspel.
Hierdie sal die vraag na die produk vorm. Die kopers in die mark
verander oor tyd en so ook hul vereistes, smake en voorkeure.
Kliënte se vermoëns verander ook oor tyd. Hulle beweeg dalk van
die armste verbruikers na die middelklas en só verander hul smake
en voorkeure asook produkte wat gebruik word.
Dit is van kardinale belang dat jy die mark sal ken, weet wat beïn-
vloed kopers om te koop en wat is hulle voor- en afkeure. Hoe werk
hulle koppe met ander woorde, byvoorbeeld: Is hulle pryssensitief,
is hulle kwaliteitsbewus, is hulle gemaksgeoriënteerd of is hulle
tegnologies ingestel? Vir bemarking is dit belangrik om die regte
produk, teen die regte prys, op die regte tyd, by die regte verbruiker
met die spesifieke behoefte uit te kry.
Met die markvraag ontleed, moet die aanbodkant ook ontleed word.
Hoeveel kompetisie is daar, wie is hulle en hoeveel kan hul lewer, is
alles belangrik om te weet. Dit is ook belangrik om hulle sterk- en
swakpunte te ontleed en te bepaal watter invloed hulle op die nuwe
besigheid sal hê.
As daar byvoorbeeld ‘n groot rolspeler is wat jou besigheid se
winsgewendheid kan vernietig deur eenvoudig hulle pryse te laat
sak, sal dit ‘n groot bedreiging vir die nuwe besigheid wees. Onthou
net dat die effek van invoere nie oor die hoof gesien moet word nie.
As die markontleding gedoen is, kan besluit word watter produkte
geproduseer moet word. Hierdie produk moet by die verbruiker kan
uitkom en dus is die distribusiekwessie belangrik. Die verkryging
van basiese insette moet ook in gedagte gehou word. Dit bepaal
onder meer waar die verwerkingsaanleg opgerig moet word en
wat die aanleg se kapasiteit moet wees. Al hierdie vrae sal na
aanleiding van die vraag na die produk beantwoord kan word.
Hoe die produk bemark gaan word, is die volgende aspek om te
ondersoek. Verbruikers vereis dat daar met hulle gekommunikeer
moet word – hoe gaan jy dit doen? Sal gedrukte media of radio
gebruik word of moet sosiale media ingespan word om die produk
te adverteer?
Die prys van die eindproduk is dan verder ook nog ‘n besluit wat
die voortbestaan van die besigheid sal bepaal. As die prys te
hoog is, beïnvloed dit die verkope; as dit te laag is, bedreig dit die
winsgewendheid van die besigheid.
Om die goue middeweg te vind, is van kardinale belang. Om wins
te maksimeer gaan dit by die meeste primêre landbouprodukte
eerder oor die verkoop van hoë volumes teen lae marges. By
toegevoegdewaarde graanprodukte is dit meestal soortgelyk. So-
dra die ligging, bemarking, produkreeks en kapasiteit uitgesorteer
Waardetoevoeging
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
medewerker