SA Graan Junie 2014 - page 70

Junie 2014
68
Watweet ons van boorvoedingstekorte
by sonneblom?
B
oor is een van die mikro-voedingselemente van plante.
Mikro-elemente word in besonderse klein hoeveelhede
opgeneem invergelykingmet diemakro-voedingselemente,
soos stikstof en kalsium.
Sonneblomwat ‘n opbrengs van 1 ton/ha lewer, neem byvoorbeeld
sowat 18 kg kalsium per hektaar op teenoor slegs 65 g boor per
hektaar.
Van alle akkerbougewasse, is sonneblom die sensitiefste vir
boortekorte en dit word deurlopend oor die leeftyd van die plant
opgeneem. Boor wordondermeer in selwande ingebou en speel op
diéwyse ‘n rol indie sterkte vandieplantweefsel.
In teenstelling met ‘n voedingselement, soos stikstof, word boor
as dit reeds in ‘n orgaan vasgelê is, nie weer gemobiliseer en na
‘n ander deel van die plant getranslokeer nie. Indien stikstoftekorte
voorkom, word dit van ouer na jonger weefsel getranslokeer. Die
vergeling van die ouer blare vanmielies met ‘n stikstofgebrek is ‘n
baie kenmerkende simptoom.
Boortekortsimptome word gewoonlik nie in die vroeë ontwikke-
lingstadia opgemerk nie, maar ontwikkel gewoonlik sodra die
blomknop bo die blare verskyn. Tekortsimptome is die duidelikste
sigbaar gedurende die blom- en vroeë saadontwikkelingstadiums.
Sulke tekortsimptome wissel volgens die intensiteit van die tekort,
die voorkoms van droogte, die kultivar en volgens planttyd en kan
selfs binne ‘n land in verskillendegrade voorkom.
Tekorte kom ook meer gereeld voor in dele met hoër reënval en
gronde met ‘n hoër geloogdheid soos in die oostelike Vrystaat in
teenstellingmet delemet ‘n laer reënval. Die voorkoms van tekorte
is dus moeilik voorspelbaar, behalwe dat ‘n droogteperiode tydens
die laat vegetatiewe en vroeë blomontwikkelingstadia dikwels tot
tekorte aanleidinggeeweens onvoldoendeopnameuit diegrond.
Boor word gewoonlik in die grond met die organiese materiaal
geassosieer wat hoofsaaklik in die boonste 200 mm van die
grondprofiel gekonsentreer is. Tydens ‘n droogteperiode word vog
hoofsaaklikuit diedieper grondlaeopgeneemenontwikkel dieplant
maklik ‘n boorgebrek weens onvoldoende opname uit die boonste
grondlaag.
Indien ‘n plant nie genoeg boor uit die grond kan opneem nie, soos
tydens ‘n droogteperiode, ontstaan ‘n tekort in dié gedeelte van die
plant wat op daardie spesifieke stadium aan die ontwikkel is. Die
blarewat ontwikkel, bly klein enhet ‘n liggroen kleur.
Die stam is verswak waar die tekort voorkom en breek maklik, wat
aanleidinggee tot die baie kenmerkende nekbreeksimptoom. Dit lyk
gewoonlik of die stammet ‘n skerp voorwerp afgesny is. Indien dit
waargeneem word, kan geen regstelling op hierdie stadiummeer
gemaakwordnie.
Die identifikasie en regstelling van ‘n boorgebrek voor die kritieke
blomstadium, is dus belangrik en gevolglik moet lande gereeld
besoek word. ‘n Boorgebrek kan met ‘n blaarontleding bevestig
word. Die heel boonste volwasse blare, sonder blaarstele, word
gemonster enontleed.
Blare (sonder die blaarsteel) wat met die aanvang van die blomsta-
dium gemonster word, moet minstens 40 mg boor per kilogram
droë materiaal bevat. Blare wat ‘n maand na-plant gemonster
word, moet minstens 60 mg boor per kilogram droë materiaal
bevat. Grond kanook ontleedwordomdie boorinhoud te bepaal; ‘n
konsentrasie van 1mg/kg - 4mg/kg is gewoonlik voldoende.
Verskeie boorbevattendemiddels is beskikbaar en kan voorkomend
of regstellend toegedien word. Die aanbeveling vir grond wat 15%
klei ofminder bevat, is1kgboor per hektaar; vir 16% - 30%klei isdit
2 kgboor per hektaar; en vir 31+% klei, is dit 3 kgboor per hektaar.
Oorskryding van die aanbevelings en onnodige toedienings moet
vermywordaangesienboorbaiegou toksieskan raakenopbrengste
kan onderdruk. ‘n Boortoediening op ‘n bepaalde sonneblomland
kandieopbrengste van sensitieweopvolggewassebenadeel.
Daarom moet boorbemesting met omsigtigheid
hanteer word. InAustraliëword aanbeveel dat indien
‘n betrokke land met boor bemes is, dit vir verskeie
jaredaarna nieweer boor hoef teontvangnie.
OP PLAASVLAK
Boor / Tekorte /Mikro-voedingselemente / Sonneblom
Bemesting
ANDRÉNEL,
LNR-Instituut vir Graangewasse
Die kenmerkende nekbreeksimptoom van sonneblom weens ‘n boor-
gebrek.
1...,60,61,62,63,64,65,66,67,68,69 71,72,73,74,75,76,77,78,79,80,...84
Powered by FlippingBook