Background Image
Previous Page  65 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 65 / 108 Next Page
Page Background

63

July 2017

gronddeeltjies daarin. Die water van die bewaringslandbougrond

bly relatief skoon, wat ‘n aanduiding is dat die gronddeeltjies

aan mekaar gebind bly en dus ‘n verbetering in die stabiliteit van

aggregate toon. Selfs met leemsandgrond onder bewaringsland-

bou bly die water skoon al verbrokkel die kluit heeltemal.

Foto 3

toon hoe ‘n kluit van ‘n bewerkte sandleemgrond blus en

baie gronddeeltjies in die water gesuspendeer word, teenoor ‘n

kluit van dieselfde grond onder bewaringslandbou wat grootliks

ongeskonde bly. Die water by die bewaringslandboukluit wat

byna volledig skoon bly, is opvallend.

Waterinfiltrasie

Die waterinfiltrasietempo van grond is ook ‘n aanduiding van ag-

gregaatstabiliteit. Bewerkte en onbewerkte grond se infiltrasie-

tempo’s kan maklik gemeet word deur ‘n metaal- of plastiese

ring van sowat 150 mm in deursnee en 100 mm hoog, 10 mm tot

15 mm diep in die grond in te druk. Die ring word dan met ‘n stukkie

plastiek bedek en ‘n bekende hoeveelheid water (byvoorbeeld

500 ml) word op die plastiek in die ring gegooi. Die plastiek word

dan uitgetrek en die tyd wat die water neem om die grond te infil-

treer word geneem.

Om te voorkom dat water nie onderdeur die ring na buite vloei nie,

moet die ring diep genoeg in die grond wees. Die infiltrasietempo

van bewerkte grond behoort bepaal te word nadat ‘n infiltrasie-

kors reeds deur ‘n reënbui gevorm is. Die metodiek word in

Foto 4a

tot

Foto 4c

gedemonstreer.

Infiltrasietempo’s van sandleemgrond wat onder bewaringsland-

bou in die Noordwes Provinsie gemeet is, is tot vier keer hoër as

die infiltrasietempo van bewerkte grond. Die verhoogde infiltrasie-

tempo en grondwaterhouvermoë het uiters belangrike gevolge

weens die verbeterde aggregaatvorming en -stabiliteit: Eerstens

dat mielie-opbrengste in jare van droogte tot soveel soos 4 t/ha

hoër is as mielies wat op bewerkte grond geproduseer word. Verder

is die afloop en gepaardgaande gronderosie ooglopend minder

– wat ‘n opmerklike bewys is dat die volhoubaarheid van graan-

produksie deur middel van bewaringsboerdery bevorder, indien nie

verseker nie, word.

1: Grondaggregate vorm om die wortels

van baie plante.

2: Bewerkte grond se kluit, links, blus in

water terwyl die bewaringslandbougrond

se kluit nie blus nie weens die vorming van

aggregate.

3: ‘n Kluit van bewerkte grond (links) blus

sodra dit in water geplaas word, terwyl ‘n

kluit van dieselfde sandleemgrond waarvan

die aggregaatvorming onder bewaringsland-

bou herstel het, tot ‘n beperkte mate blus en

die water helder bly. Die verskil in erosie-

kwesbaarheid is ooglopend.

4a tot 4c: ‘n Metaalring word in die grond

gedruk, met ‘n stuk plastiek bedek en ‘n

bepaalde hoeveelheid water daarop uit-

gegooi. Die plastiek word uitgetrek en die

tyd geneem vir die water om te infiltreer.

Die infiltrasietempo van grond onder

bewaringslandbou kan heelwat hoër

wees as dié van bewerkte grond weens

aggregaatvorming.

1

2

4a

4b

4c

3