Background Image
Previous Page  64 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 64 / 108 Next Page
Page Background

Julie 2017

62

Bewaringslandbou bevorder

aggregaatvorming en -stabiliteit

E

en van die eerste veranderings wat grond ondergaan wan-

neer bewaringslandbou toegepas word, is aggregaatvor-

ming en ‘n verbetering van die aggregaatstabiliteit, oftewel

grondstruktuur. Dit beperk nie net erosie nie, maar bevorder

deurlugting, wortelindringing, die infiltrasie en stoor van water vir

die doeltreffender gebruik daarvan in gewasproduksie.

Een van die grootste voordele van bewaringslandbou is dat daar

meer oesreste en lewende wortels beskikbaar is om mikrobiese

aktiwiteit te stimuleer – wat weer bydra tot aggregaatvorming.

‘n Groot aantal produsente wat van konvensionele grondbewer-

king na ‘n bewaringslandboustelsel oorgeskakel het, getuig dat

die grond verander het. Erosie is opmerklik minder en indien water

wel na ‘n donderstorm van ‘n land afloop, is die water skoon.

Dit word dikwels opgemerk dat die gronddam op die plaas minder

afloopwater kry en grootliks leeg bly in teenstelling met wat

voorheen die geval was. Dié verandering kan grootliks aan ag-

gregaatvorming en gepaardgaande aggregaatstabiliteit toege-

skryf word.

Aggregate

‘n Aggregaat is eenvoudig ‘n groep gronddeeltjies wat sterker aan

mekaar gebind is as aan omliggende gronddeeltjies. Binding van

die deeltjies word deur die volgende faktore beïnvloed: Klei, humus,

lewendige plantwortels (

Foto 1

) wat, onder andere, polisakkarie-

des afskei, gom – bekend as glomalien – wat deur mikorisaswamme

afgeskei word en swamdrade.

Aggregate kan van 0,03 mm tot 20 mm groot wees afhangende

van, byvoorbeeld, die klei- en humus-inhoud van die grond. In

leemsand met hul baie lae klei-inhoud sal derhalwe baie klein

aggregate gevorm word teenoor kleigronde waar aggregate van

5 mm tot 20 mm gevorm sal word.

‘n Belangrike gevolg van aggregaatvorming in die grond is dat

daar openinge of porieë tussen gronddeeltjies bestaan waardeur

water en lug kan vloei en wortels maklik kan groei. ‘n Aggregaat

bestaan gewoonlik uit gronddeeltjies van verskillende groottes

wat kleiner porieë tot gevolg het. In dié kleiner porieë kom lug en

water voor en dit dien ook as habitat vir mikrobes.

Indien grond ‘n hoë aggregaatstabiliteit het, is die deeltjies sterk

aan mekaar gebind en het die grond sterk weerstand teen erosie,

asook teen kompaktering wat deur swaar implemente veroorsaak

word. Bewerking van grond takel aggregaatstabiliteit af en vernie-

tig dit selfs, met die gevolg dat klein gronddeeltjies dan maklik

deur wind- of watererosie verwyder kan word.

‘n Tweede en uiters belangrike gevolg van ‘n hoë aggregaatstabili-

teit is dat porieë in die oppervlak van die grond oop bly tydens

reënbuie en water die grond gemaklik infiltreer. By bewerkte grond

waarvan die aggregaatstabiliteit afgetakel is, verstop van die los

gronddeeltjies gewoonlik gou die porieë en ‘n infiltrasiekors vorm

wat die infiltrasietempo van water beperk.

Die gevolg is dat water dikwels afloop, wat die doeltreffendheid

waarmee reënwater vir graanproduksie benut word, verlaag.

Een van die eerste veranderinge wat intree sodra bewaringsland-

bou toegepas word, is die vorming van grondaggregate en ‘n

toename in aggregaatstabiliteit. Die ooglopende vermindering

van afloop vanaf ‘n land is reeds betekenisvol, maar dit is egter

slegs ‘n aanduiding van die bogemelde proses. ‘n Waarneming wat

op die grond self uitgevoer sou word, is egter die enigste manier

om te bepaal of bewaringslandbou wel tot aggregaatvorming en

-stabiliteit lei.

Beoordeling van aggregaatstabiliteit

Verskillende laboratoriummetodes bestaan om die aggregaatstabi-

liteit van grond te bepaal of te kwantifiseer, maar gespesialiseer-

de apparate is daarvoor nodig. Gelukkig bestaan daar minstens

twee eenvoudige waarnemings wat deur die produsent self uitge-

voer kan word om te bepaal of grond se aggregaatstabiliteit deur

bewaringslandbou teenoor bewerkte grond verbeter het al dan

nie deur te kyk hoe kluite in water blus of opbreek.

Dit gee nie ‘n syferwaarde aan die aggregaatstabiliteit nie, maar

is visueel baie insiggewend en word met óf ‘n glasbeker óf met ‘n

gewone piering uitgevoer.

Vir die beoordeling moet kluite (aggregate) vanuit die boonste

0 mm tot 100 mm van die grondprofiel geneem word. Dié kluite

word natuurlik op die land wat beoordeel moet word, versamel,

asook op ‘n aanliggende bewerkte land met dieselfde grondtek-

stuur. Die bewerkte land se kluite dien as kontrole. Kluite moet so

droog as moontlik wees.

Metode 1

Om die sigbaarheid van die wyse waartoe die kluite opbreek so

hoog moontlik te maak, word twee wit pierings gebruik. Die pie-

rings word met water gevul en een kluit, met ‘n deursnee van

10 mm tot 20 mm, uit elk van die onderskeie lande, word in die

middel van die pierings geplaas.

Die mate waartoe die kluite blus kan dan gesien word. Die bewerk-

te grond se kluit stort tot ‘n baie groter mate in duie as die kluit van

die grond onder bewaringslandbou.

Foto 2

toon kluite van grond

wat jaarliks bewerk is en dieselfde leemgrond wat vir vier jaar onder

bewaringslandbou is.

Metode 2

Twee glasbekers (of bottels wat vir die inmaak van vrugte gebruik

word) is nodig met elk ‘n tuisgemaakte draadsif wat op ongeveer

die helfte van die bekerhoogte binne die beker hang of staan. Die

bekers word vervolgens tot sowat 80% van die hoogte met water

gevul. ‘n Kluit, wat gerieflik in die beker pas, vanaf elke land word

dan afsonderlik op die sif in ‘n bepaalde bottel geplaas. Die verskil

waarmee die kluite opbreek kan dan duidelik waargeneem word.

Die bewerkte grond se kluit stort gewoonlik baie vinniger in duie

as dié onder bewaringslandbou en die grond van eersgemelde

kluit sak tot op die bodem van die beker. Die kluite van sommige

bewaringslandbougronde dispergeer (blus) glad nie terwyl ander

tot ‘n mate dispergeer.

Wat gewoonlik opvallend is, is dat die water waarin die bewerkte

grond se kluit geplaas is, modderig is met baie gesuspendeerde

OP PLAASVLAK

Waterinfiltrasie / Aggregate / Bewaringslandbou

Bewaringslandbou

DR ANDRÉ NEL,

onafhanklike akkerboukundige en

DR DANIE BEUKES,

onafhanklike grondkundige