Background Image
Previous Page  44 / 108 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 44 / 108 Next Page
Page Background

Produk-inligting

42

Ideale produkte

om plantenergie

te bevorder

C

CM, Complex CalSus, Complex Calsul en Complex SuperCa

is vier opwindende nuwe produkte wat produsente uitste-

kend met plantvoeding en plantenergie kan bystaan.

CM is ‘n mikrofyn Dolomitiese kalk wat die kalsium- en magnesium

konsentrasies in die behandelde grondsone verbeter, terwyl

Complex Calsus mikrofyn Kalsitiese kalk wat die kalsiumkonsen-

trasie in die behandelde grondsone verbeter. Complex SuperCa

is ‘n rewolusionere bron van kalsium wat as blaarvoeding en/of

sproeibemesting gebruik word.

CCM, Complex CalSus en Complex Calsul

CCM (Ca 190 g/kg Mg 110 g/kg), Complex CalSus (400 g/kg Mg

30g/kg) en Complex Calsul (Ca 230 g/kg S 140 g/kg) bevat bestand-

dele soos kalsium, magnesium, swael en organiese komponente.

Al die produkte is ‘n unieke gemikroniseerde Ca/Mg-bron in ‘n

karbonaatvorm. Die gemiddelde grootte is tussen 5 μm tot 15 μm.

Die klein partikelgrootte verseker ‘n verhoogte reaktiewe oppervlak-

te in die grond. 1 kg konvensionele kalk met ‘n partikelgrootte van

1 000 μm behoort ‘n reaktiewe oppervlakte van ongeveer 365 m² te

hê, terwyl 1 kg mikrofyn kalk (5 μm - 15 μm) ‘n reaktiewe oppervlakte

van ongeveer 60 000 m² het.

Die verhoogde reaktiewe oppervlakte verseker ‘n versnelde

reaksietyd en skep ‘n hoër elektrostatiese lading vir element/

energie-oordrag.

Onmiddellike positiewe verandering van die Ca:Mg en suurver-

sadiging en katioon-uitruilkoëffisient (KUK).

Die plantvoedingstof Ca

++

raak beskikbaar vanweë die chemiese

en biologiese reduksie-reaksies van Ca/Mg-karbonaat.

Verbeterde opname van plantvoedingstowwe (basisversadiging).

Verbeterde grondtekstuur en -struktuur.

Verhoogde vogpenetrasie en voghouvermoë.

Aanwending

Berei ‘n mengsel (suspensie) van CCM of Complex CalSus in

genoegsame water voor om volledige bedekking van die geteikende

grondsone te verseker. Die standaard aanwending is 5 kg/ha tot

12 kg/ha, toegedien in ‘n minimum van 200 liter water/ha.

Complex SuperCa

Complex SuperCa bevat kalsium, stikstof (NH

2

) en ‘n verskeiden-

heid van organiese sure. Die produk is ‘n unieke bron van Ca met

‘n hoë opnamekoers. Dit cheleer deur van sekondêre metaboliete

gebruik te maak. Dit bestaan uit organiese sure, aminosure en

suikeragtige organiese sure.

Proefresultate wys dat die meeste gewasse ‘n Ca

++

-tekort deur-

lopend in die groeisiklus het wat optimale metaboliese prosesse

kortwiek (opbrengs en kwaliteit). Die regstelling van hierdie tekorte

is krities om ‘n optimale groeisiklus in die plant te verseker. Die

produk is dadelik plantopneembaar en kan as deel van ‘n spesifieke

plantvoedingsprogram of as ‘n losstaande produk aangewend

word. Aanwending is deur sproeibemesting of blaarbespuiting.

FOKUS

Bemesting

Spesiale

AT VAN SCHALKWYK,

World Focus