

Julie 2016
50
KULTIVARKEUSE:
Hoe om die regte een te kies
K
ultivarskeuse is een van die belangrikste besigheidsbe-
sluite wat ‘n produsent jaarliks moet neem. Produsente
word oorval met inligting, proefresultate, bemarkings-
materiaal en ander media. Dit word al hoe moeiliker om
goeie besluite te neem en sin te maak uit al die inligting waarmee
produsente gebombardeer word.
Met hierdie artikel wil ons poog om die belangrikste punte uit te lig
waarna produsente moet oplet wanneer hulle besluite ten opsigte
van kultivars en waar hulle hul geld in die komende seisoen gaan
spandeer, moet neem.
Saadmaatskappye het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor die
bedryf om genetika aan die mark vry te stel wat aan die produsent
se behoeftes voldoen en ook die volhoubaarheid van die bedryf
verseker. Die kompetisie tussen maatskappye is sterk en die alge-
mene gejaag na die mielie met die hoogste opbrengs, hou almal op
hulle tone.
Dit hou ook groot voordeel vir die produsent in. Vanjaar se droogte
het weer eens die belangrikheid van stabiliteit beklemtoon. Mielies
moet goed doen in goeie en slegte jare anders kan dit tot groot
probleme lei.
Opbrengsdata
Opbrengsdata word jaarliks deur verskeie bronne gepubliseer.
Beide die saadmaatskappye en die LNR-Instituut vir Graangewasse
(LNR)-IGG, met die
Mielie Inligtingsgids
(MIG), is voorbeelde van dié
inligting. Die inligting is vryelik beskikbaar en verskillende samestel-
lings en interpretasies van data kan baie verwarring veroorsaak.
Mielie-opbrengsdata
Kom ons kyk na die interpretasie van mielie-opbrengsdata en die
effek van variasie.
Data is die sleutel tot suksesvolle mielieproduksie
Soos data bymekaargevoeg word, word ‘n volledige prentjie van
die kultivar gevorm om sodoende akkurate opbrengsvoorspellings
te kan maak. Daar is deesdae ‘n neiging by presisieboerderymaat-
skappye en masjinerievervaardigers om produsente by te staan om
bestuursbesluite te neem.
Dit het tot gevolg dat addisionele data by die vergelykings gevoeg
word, wat dit nog moeiliker kan maak om besluite te neem.
Evalueer veelvuldige lokaliteite
Data vanaf ‘n enkel perseel of lokaliteit gee slegs een dimensie van
die prestasie en gee nie ‘n geheelbeeld van die opbrengspoten-
siaal van die baster nie. Die klimaat, insekpopulasiedruk, siektes
en grondvrugbaarheid is slegs enkele faktore wat ‘n kultivar se pre-
stasie oor verskillende omgewings heen kan beïnvloed.
Die evaluasie van kultivars oor veelvuldige lokaliteite heen bied die
geleentheid om ‘n akkurate beeld van die kultivar en sy stabiliteit
te kan vorm. Ten minste 30 lokaliteite is die aanvaarde norm.
OP PLAASVLAK
Mielies / Kultivarkeuse / Kultivarprestasie
Bestuurspraktyke
LEONARD OBERHOLZER,
tegnologie ontwikkelingsbestuurder: Monsanto
Figuur 1: Grondtipevariasie uit die lug waarge-
neem.
Figuur 2: Eienskappe van kultivars in volgorde van belangrikheid volgens navorsing deur Monsanto.