

Nuwe bemarkingsvooruitsigte
vir die mieliemark
d
ie droogte het in die afgelope jaar gesorg vir goeie pryse
in di graanbedryf – dít terwyl die inter asionale mark
relatiewe lae pryse ervaar het. Die weervoorspellers is
optimisties oor die komende seisoen. Daar word ver-
wag dat ons na ‘n La Niña-fase beweeg. Dit is natuurlik
goed vir die Suid-Afrikaanse mark (bogemiddelde reën),
maar nadelig vir die Amerikaanse mark (ondergemiddelde reën).
Internasionaal
Volgens die United States Department of Agriculture (USDA) se
wêreldvraag- en -aanbodverslag gaan Amerika vir die 2016/2017-
jaar 366 miljoen ton mielies produseer. ‘n Eindvoorraad van
54 miljoen ton – wat aansienlik (19%) hoër is as die vorige seisoen
– kan realiseer.
Teen planttyd was die Amerikaanse vooruitsigte positief en het hulle
goeie verwagtinge gehad. Die grootste vraag is wat die La Niña-effek
gaan wees op hul middelsomer.
Pryse in die internasionale mark kan dus moontlik styg as die ver-
wagte weervoorspelling probleme veroorsaak. Wat belangrik is om
in gedagte te hou, is dat daar wel baie reserwevoorraad in die inter-
nasionale mark beskikbaar is, wat prysstygings kan demp.
Plaaslik
Die vorige seisoen se moeilike omstandighede het natuurlik ver-
oorsaak dat produsente slegs 1,9 miljoen hektaar mielies geplant
het. In terme van somergewasse was slegs 3,2 miljoen hektaar
geplant teenoor die vorige jaar – wat ook ‘n moeilike jaar was – se
4,1 miljoen hektaar.
Daar is dus baie lande op ‘n oorlêstelsel – meer as normaalweg.
Sommige dele van sodanige lande was reeds voorberei vir plant en
kon weens laat plantdatums nie geplant word nie. Baie produsente
het uit ‘n siklus van twee droogtes gekom en kon nie bekostig om nie
al die beskikbare hektare te plant nie.
Al die faktore dui daarop dat daar ‘n groot waarskynlikheid is dat
‘n goeie oes kan realiseer – mits die verwagte bo-normale reën be-
tyds val.
Die Nasionale Landboubemarkingsraad verwag dat die 2016/2017-
bemarkingsjaar met ‘n witmielie-eindvoorraad van 624 000 ton
– voor pyplynvereistes – sal afsluit.
Die gemiddelde verbruik van witmielies oor die afgelope vyf jaar
was 5 708 ton. Gegewe vroeë lewerings, die verwagte eindvoorraad
en ‘n langtermyngemiddeld van 4,5 t/ha beteken dit enige iets meer
as 1,2 miljoen ha kan ‘n surplusproduksie veroorsaak.
Die risiko is dat, as daar wel ‘n normale jaar voorkom, Suid-Afrika ‘n
surplus gaan produseer en dit het tot gevolg dat die prys weer na
uitvoerpariteitsvlakke sal terugbeweeg.
DIRK STRYDOM,
bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA
GRAANMARK
-oorsig
– 10 Junie 2016
OP PLAASVLAK
Julie 2016
54
Grafiek 1: Pryse van VSA-witmielies gelewer op Randfontein.
Graan SA/Sasol fotokompetisie