

51
July 2016
1: Proewe word met spesiale planters op klein
persele geplant.
2: Mielies wat omval.
3: Mielies wat sterk opkom.
Die evaluasie van kultivars oor verskillende seisoene heen
In ‘n land soos Suid-Afrika is dit baie belangrik om kultivars ook oor
verskillende jare heen te evalueer. Seisoenale verskille is groot en
groot verskille tussen temperature en reënval kan jaarliks voorkom.
Stabiliteit van opbrengs is baie belangrik vanweë die gemelde sei-
soenale verskille. Dit is vir die produsent krities om na meerjarige
data te kyk en nie net na een jaar se data nie. Daar word algemeen
aanbeveel dat daar na ten minste drie jaar se data gekyk moet word.
Verminder die variasie sodat ware verskille
gemeet word
Bestuurspraktyke kan ook kultivaropbrengs beïnvloed.
Wanneer te veel veranderlikes gemeet word, raak dit moeilik om
sin te maak uit die interaksie van die kultivar met die omgewing.
Slegs een veranderlike, soos byvoorbeeld bemesting, kan op
‘n slag getoets word en al die ander praktyke soos onkruidbe-
heer, rywydte en plantpopulasie moet konstant gehou word.
Variasie in die perseel – soos grondtipe (
Figuur 1
) – kan ook
‘n groot invloed op resultate hê. Dit is belangrik om hierdie
variasie te identifiseer.
Ander omgewingsfaktore wat ‘n rol kan speel, is die volgende:
Plantdatum;
gewasrotasie (wisselbou);
bewerkingspraktyke;
insekbeheer;
onkruidbeheer; en
biotegnologie in die saad en die bydrae daarvan tot opbrengs.
Kultivareienskappe
Opbrengs word dikwels gesien as ‘n kultivareienskap, terwyl dit
eintlik die resultaat is van verskeie bestuurs- en omgewingsfaktore
se interaksie met die genetika.
Maatskappye evalueer verkeie eienskappe voordat hulle ‘n nuwe
kultivar aan die mark vrystel. Dit kom gewoonlik daarop neer dat ‘n
kultivar deur ‘n toetsfase van ongeveer sewe jaar gaan voordat dit
die mark betree. Die ideale mielie bestaan nie en dikwels probeer
maatskappye om die beste eienskappe saam te voeg om sodoende
die oplossing aan die produsente te bied.
Sleuteleienskappe
Sekere eienskappe is krities vir alle kultivars om die mark te kan be-
tree.
Figuur 2
toon die belangrikste eienskappe wat volgens navor-
sing onder produsente gedoen is in volgorde van belangrikheid.
Eienskappe wat vir kultivarkeuse belangrik is, sluit in:
Opbrengsstabiliteit
‘n Stabiele opbrengs is baie keer belangriker as opbrengste wat
net in goeie jare hoog is, maar in droër jare ondergemiddeld pre-
steer. Opbrengsstabiliteit oor veelvuldige proewe en verskillende
groeitoestande heen is krities omdat die volgende seisoen nie
voorspel kan word nie.
Opbrengspotensiaal
Die opbrengspotensiaal van die kultivar is baie belangrik omdat dit
die produsent in staat stel om in goeie seisoene hoë opbrengste
te behaal. Die keuse van só ‘n baster stel hoë verwagtinge vir
die komende seisoen en die keuse moet ondersteun word deur
langtermyndata oor verkeie lokaliteite heen.
Groeiseisoenlengte
Dit is een van die belangrike faktore tydens kultivarkeuse en word
bepaal deur die aantal dae wat die kultivar neem om fisiologies ryp
te word. Kultivars moet hierdie stadium ten minste twee weke
voordat die eerste swaar ryp in die omgewing voorkom, bereik.
“
Jy as produsent
kan dus ‘n kultivar
kies wat binne
jou plantvenster
en verwagte
midsomerdroogte
inpas...
“
1
3
2