

Ons help jou om die hoë opbrengste vir
’n vooruitstrewende boerdery te behaal.
Ons witbasterpakket is ’n seker keuse vir
goeie risikobestuur en optimale opbrengste.
Ons is verbind tot jou sukses.
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2016 PANNAR BPK
2016/WMAIZE/A/01A
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaSaam boer ons
vir die toekoms
™
ONS IS DAARIN VIR
DIE LANG TERMYN.
UITSONDERLIKEPRODUKTE
ENGEWASPAKKETTE
ULTRAMODERNE
NAVORSINGEN
ONTWIKKELINGSTEGNOLOGIE
GEWASVOORSORG
OPTIMALISEER
PRODUKSIE
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
55
Middel Junie was die Julie 2016-uitvoerpariteitspryse R2 200/ton,
Desember 2016 R2 308/ton en Julie R2 488/ton (gelewer op Rand-
fontein).
Gegewe ‘n verwagte/geskatte produksiekoste van R8 527/ha en
vaste koste van R2 457/ha en ‘n langtermyngemiddeld van 4,5 t/ha,
dui dit op ‘n gelykbreekpunt van R2 440/ton. Dit is belangrik om die
huidige pryse ten volle te benut om sodoende ‘n inkomste te verse-
ker en te beskerm.
‘n Doeltreffende bemarkingsplan in terme van verskansing gaan die
komende seisoen baie belangrik wees en kan ‘n relatiewe goeie in-
komste verseker. Daar is verskillende verskansingstrategieë op die
mark beskikbaar en baie van die strategieë kan gekompliseerd wees.
Die algemeenste en eenvoudigste bly nog steeds ‘n vastepryskon-
trak of ‘n put (verkoop)-opsie.
Produsente wil nie ‘n vastepryskontrak so vroeg in die seisoen
aangaan nie, omdat geen geleentheid benut kan word as pryse
styg nie. Verder is daar ook die risiko dat die verwagte produksie nie
realiseer nie en tonne dan ingekoop moet word.
Die put-opsie het weer ‘n premie wat betaal moet word, alhoewel
dit gefinansier kan word. Daar bestaan ‘n moontlikheid dat pryse
nie hoër as die premie beweeg nie en die premie op die prys dan
verloor word. Die voordeel is dat as die pryse opwaarts beweeg, die
geleentheid benut kan word.
Teen ‘n prys van R3 257/ton vir lewering in Julie 2017 is die koste
van ‘n by-die-geld put-opsie R356/ton (begin Junie). Dit is ook be-
langrik om te onthou dat tyd as faktor ‘n rol speel: Hoe nader ‘n mens
aan plantdatum beweeg, hoe goedkoper sal die opsie raak.
Graan SA/Sasol fotokompetisie