

KRY NOU KALK
en betaal eers volgende jaar
G
rasland bied nou aan produsente
die spesiale aanbieding “Neem
nou kalk en betaal eers Januarie
2017” teen geen addisionele koste
bo en behalwe die fooi wat op aankope by
landboumaatskappye gehef word nie.
Geen ander verskaffer kan jou hierdie uiters
gewilde opsie bied nie. Geen rente word
gehef tot en met einde Januarie volgende
jaar nie. Klante wat gebruik wil maak van
‘n twee- of drie jaar-kalkrekening kan ook
van hierdie produk gebruik maak – waar
geen rente gehef sal word tot en met einde
Januarie volgende jaar nie. Daarna geld die
betrokke voorwaardes van die betrokke
kalkfinansieringsrekening.
Ons bied aan verskaffers ‘n reeks in-
noverende produkte. Indien jou grond
reeds oor hoë Mg-vlakke beskik, stel ons
voor dat jy van ons kalsitiese kalk gebruik
wat beskikbaar is by Britten, Buhrmansdrif
en Lovedale.
Indien jou Mg-vlakke onvoldoende is, bied
ons ‘n reeks dolomitiese kalkprodukte wat
beskikbaar is by Britten, Marico en Lovedale.
Die maatskappy bied ook ‘n 40% MgCO
3
-produk vir uiters lae Mg-gronde vanaf
Lovedale. Verder bied ons ook die baie ge-
wilde Grasstop 20-reeks aan verskaffers.
Grasstop 20 is ‘n mengsel van 20% gips en
dolomitiese of kalsitiese kalk. Die produk is
veral gewild by produsente met besproeiing
en ernstige ondergrondsuurheidskwessies.
Die ondergrondsuurheid word aangespreek
deur die wateroplosbare gips-gedeelte wat
deur die profiel beweeg. Die teenwoor-
digheid van Ca/Mg-ione werk die katioon-
verarmingseffek teë, wat voorkom wanneer
gips alleenlik toegedien word.
Grasland is een van die min verskaffers
wat nie skaam is oor die kwaliteit van sy pro-
dukte nie. Daarom publiseer ons geanali-
seerde kalsiumkarbonaatekwivalent (KKE)
(hars)-analises van al ons kalkprodukte. Die
KKE(hars)-laboratoriumanalise is die enig-
ste ware indikator van reaktiwiteit van kalk
in grond.
Moenie om die bos gelei word met KKE
(HCL)-waardes nie – dit is slegs ‘n aanduiding
van chemiese samestelling en nie ‘n aan-
duiding van reaktiwiteit nie. “Berekende
KKE(hars)-waardes” is om dieselfde rede
nutteloos.
Hier is Grasland se geanaliseerde KKE(hars)
-analises: Britten-kalsiet 65, Britten-dolo-
miet 72, Buhrmansdrif-kalsiet en voerkalk
75 en Marico-dolomiet 69.
Meer reaktiewe kalkprodukte sal hoër
KKE(hars)-waardes hê. Behalwe die deeltjie-
grootte en kristalstruktuur van die kalk,
is daar is verder geen verband tussen die
KKE(HCL) en reaktiwiteit van die kalk in
grond nie.
Vra dus die vrae indien verskaffers nie
KKE(hars)-analises beskikbaar wil stel nie
of wat gebruik maak van ‘n “berekende
KKE(hars)-waarde”.
Vir elke groot bestelling doen ons baie
moeite, soos byvoorbeeld om op ‘n tender-
basis die beste vervoertarief moontlik vir
die produsent te kan gee.
Grasland bied ‘n reeks innoverende produkte
en is nie skaam oor die kwaliteit van sy
produkte nie.
45
July 2016
FOKUS
Bemesting
Spesiale
ETIENNE SCHOEMAN,
besturende direkteur: Grasland
Produk-inligting