

Julie 2016
46
Breedwerpige voor-plant-
toediening van kunsmis
neem al hoe meer toe
D
ie toenemende styging in arbeidskoste, massahantering
van kunsmis en verkorte planttyd – veral waar groot opper-
vlaktes geplant moet word – het veroorsaak dat die voor-
plantuitstrooi van kunsmis toegeneem het.
Breedwerpige toediening van kunsmis voor planttyd word al vir
etlike jare suksesvol onder besproeiing aangewend om grondreg-
stellings met kalk, fosfaat en kalium te doen, maar het nou op groot
skaal onder droëlandtoestande begin toeneem.
Voordat daar egter na breedwerpige kunsmisplasing oorgeskakel
word, behoort die gewas se wortelontwikkeling en voedingsbe-
hoefte asook grondeienskappe, diepte van toediening, die verskil-
lende voedingstowwe en die klimaat in berekening gebring te word.
Wortelontwikkeling en voedingsbehoefte
Binne die eerste twee weke na-opkoms van die mielieplant, is
sy wortels omtrent 100 mm sywaarts en 200 mm diep ontwikkel.
Voorsorg moet getref word dat voedingstowwe reeds op hierdie
vroeë stadium beskikbaar sal wees om ‘n gesonde saailing met
goeie wortelontwikkeling te verseker.
Dit is hoekom die bandplaas van kunsmis – veral fosfaat – 50 mm
weg en 50 mm onder die saad op hierdie groeistadium so belang-
rik is. Groot sukses word deesdae met bandplaas plus die ge-
bruik van sogenaamde
pop-up
-bemesting by die saad verkry om
sterk, gesonde saailinge met goeie wortelontwikkeling te verseker.
Voor-plant, breedwerpig-toegediende kunsmis maak op hierdie
vroeë stadium feitlik geen bydrae tot die gewas se voedingstofop-
name nie.
‘n Mielieplant se potensiële aantal koppe word alreeds op groei-
stadium V5 (ongeveer twee tot drie weke na-opkoms) bepaal en
behoort dan alreeds geen voedingstekorte te ondervind nie. Die
plant groei veral vanaf groeistadium V8 (ongeveer vier weke na-
opkoms) baie vinnig en het genoeg voedingstowwe vir selverdeling
en selgroei nodig.
Op hierdie groeistadium het die wortels, afhangende van die klei-
persentasie van die grond, al ongeveer 600 mm sywaarts en onge-
veer 800 mm afwaarts ontwikkel, wat meebring dat breedwerpige,
voor-planttoegediende kunsmis al ‘n bydrae tot die plant se voe-
dingsbehoefte kan maak.
Dit bring mee dat die wortels by ‘n 0,76 m- en 0,91 m-rywydte
reeds in die bogrond bymekaargekom het, wat die effektiwiteit van
voedingstofopname sal beïnvloed.
Gedurende die blomstadium bereik wortelontwikkeling ‘n hoogte-
punt en gedurende hierdie groeistadium is die mielieplant op sy
gevoeligste vir stremming – insluitende water- en voedingstrem-
ming. Indien oorweeg word om kunsmis vooraf uit te strooi, moet
daar seker gemaak word dat moontlike verliese, deur veral loging,
só beperk word dat daar genoegsame beskikbare voedingstowwe
gedurende die graanvulstadium tot en met fisiologiese volwassen-
heid is. Die grondtipe waar voor-plant, breedwerpige toediening
gebruik word, is daarom krities.
Grondeienskappe
Die eienskappe van die grond (tipe grond) bepaal grootliks die
tempo en afstand van die beweging van voedingstowwe in die
grond. In sandgronde met ‘n lae katioonuitruilkapasiteit (KUK) kan
sekere voedingstowwe vinnig beweeg en besit dit die potensiaal om
uit die wortelsone te loog.
By sandgronde wat nie ‘n klei-keerlaag het nie, kan meer as een
toediening van stikstofbemesting – veral onder baie nat toestande,
meer voordelig wees. Mielies word in die westelike verbouingsge-
bied dikwels op watertafelgronde wat ‘n klei-keerlaag dieper in die
grond besit, verbou.
Hoewel die bogrond sand is, is loging van voedingstowwe in hier-
die gronde nie so ‘n groot risiko soos sandgronde sonder ‘n keer-
laag (oop-profielgronde) nie. Kleigronde (hoë KUK-gronde), hou
meer voedingstowwe vas en loging is minder van ‘n risiko met hier-
die tipe grond. In hierdie gronde is denitrifikasie weer ‘n groter risiko.
Diepte van toediening
Kunsmis word al vir ‘n geruime tyd in die westelike verbouingsge-
bied voor-plant met skeurploeë tot op ‘n diepte van 300 mm geplaas.
Hierdie praktyk het tot gevolg dat versuring op hierdie diepte
voorkom, wat weer die uitdaging inhou om grondsuurheid op hier-
die diepte en dieper reg te stel.
‘n Meer onlangse tendens is dat bemesting – veral stikstof – voor-
plant breedwerpig bo-op die grond toegedien word. Hierdie
praktyk hou die gevaar in dat die stikstof wat in die ureum- of
ammoniumvorm (KAN) is, selfs voor planttyd alles tot nitraat
omgeskakel kan word, wat dan tot loging kan lei indien die grondtipe
dit toelaat.
Indien ureum- en ammoniumbevattende kunsmis ná planttyd uitge-
strooi word, kan die gewas ammonium- en nitraatstikstof opneem.
Indien stikstofkunsmis voor-plant uitgestrooi word en dit word na
nitraat omgeskakel voordat dit as ammonium opgeneem word,
word die risiko van ondergrondversuring verhoog.
Voedingstowwe
Nie alle kunsmis kan voor-plant uitgestrooi word nie en die keuse
hang grootliks af van die oplosbaarheid en beweging van elke
voedingstof in die grond. In
Grafiek 1
kan gesien word dat stikstof
wat tussen 20 mm en selfs 50 mm vanaf die wortel in die grond
voorkom, wel opgeneem kan word, terwyl fosfaat slegs 1 mm
FOKUS
Bemesting
Spesiale
RENIER BOTHMA,
landboukundige: Opbrengsverbeteringstelsels, Kynoch