

47
July 2016
vanaf die wortel opgeneem kan word. Stikstofbemesting is baie
oplosbaar en beweeglik in die grond en is daarom ideaal vir breed-
werpige oppervlaktoediening.
Fosfaat is feitlik nie beweeglik nie en moet dus naby aan die
wortels geplaas word. Daar is ook groot sukses behaal met fosfaat
wat dieper in nat grond geplaas word – veral as die bogrond geneig
is om uit te droog. Fosfaat het gewoonlik die beste uitwerking
indien dit gebandplaas word omdat bandplaas die oppervlak
tussen die fosfaatbemesting en die grond verminder en sodoende
fosfaatbemesting se doeltreffendheid verhoog.
Kalium kan ook voor-plant of na-plant breedwerpig uitgestrooi
word, aangesien dit ook veral op sandgronde kan beweeg. Waar
gronde wel kalium vaslê, bly dit beter om die kalium op sodanige
gronde wel voor-plant of kleiner hoeveelhede met-plant, te band-
plaas omdat dit meer as fosfaat, maar minder as stikstof, in die grond
beweeg.
Die toediening van ammoniumbevattende kunsmis en ook ureum,
kan tot vervlugtiging lei. Vervlugtiging kan beheer word deur ureum
te gebruik wat met ‘n beproefde urease-inhibeerder, soos by-
voorbeeld Agrotain
®
, behandel is. Urease-inhibeerders beheer die
hidroliseproses van ureum na ammonium en verseker só dat ver-
vlugtiging tot die minimum beperk word. Hierdie tegnologie bring
mee dat ‘n produk soos KynoPlus
®
bo-op die grond toegedien
kan word.
Stikstofkunsmis wat geneig is tot vervlugtiging kan ook nadat dit
uitgestrooi is, ingewerk word om vervlugtiging te probeer beperk.
Nitraatbevattende kunsmis kan maklik loog en ook denitrifiseer
as dit voor-plant toegedien word. Denitrifikasie vind tydens lang-
durige versuiptoestande plaas en maak die stikstof onopneembaar
vir die gewas.
Die element swael word in die grond na sulfaat omgeskakel sodat
die gewas dit kan opneem. Ongelukkig kan sulfaat, net soos nitrate,
baie maklik uit die wortelsone loog en daarom moet die voor-
planttoediening van swaelbevattende kunsmis, net soos nitraat-
bevattende kunsmis, met groot omsigtigheid hanteer word.
Klimaat
Klimaat het ‘n reuse invloed op hoe die verskillende tipes kunsmis
in die grond gaan reageer. Onder hoër reënvaltoestande en veral op
sandgronde is die loging van nitraatstikstof die grootste probleem.
Waar die kleipersentasie van die grond hoër is en waar die gronde
geneig is om te versuip, is denitrifikasie vanaf nitraatstikstof weer
‘n risiko.
Die gewas se ontwikkeling en veral wortelontwikkeling word deur
water en temperatuur beïnvloed. ‘n Plant se wortels groei baie
stadig tydens koue, nat toestande en dan is die bandplasing van
veral fosfaat baie belangrik.
Opsomming
Ten slotte is dit duidelik dat die gewas se wortelontwikkeling, die
gewas se voedingsbehoefte, grondeienskappe, diepte van toe-
diening, verskillende voedingstowwe en klimaat alles faktore is
wat in berekening gebring moet word by die voor-planttoediening
van kunsmis.
Indien al hierdie faktore gesamentlik en in kombinasie gesien word,
kan die mees kostedoeltreffende toedieningsmetode geïdentifiseer
word.
Grafiek 1: Die afstand wat ‘n wortel voedingstowwe vanuit die grond kan opneem.
Bron: AGPM (Maize) Research Centre France