

HOE NOU GEMAAK?
FOKUS
Bemesting
Spesiale
Julie 2016
42
Anorganiese N-ontledings na-plant
Gemete anorganiese N-hoeveelhede in die grond behoort voort-
durend bokant die drempelwaarde van 140 kg N/ha vir droëland
en bokant 170 kg N/ha onder besproeiing gedurende die seisoen
bestuur te word (Adriaanse, 2015b). Die toediening van 2 kg N/ha
sal byvoorbeeld die grondontleding na verwagting net met
1 kg N/ha op ‘n sanderige grond (<15% klei) verhoog. Hierdie syfer is
1,5 kg N/ha by ‘n medium-tekstuur (15% - 20% klei) en 1 kg N/ha
by ‘n kleierige grond (>20% klei) en staan bekend as die N-behoef-
tefaktor (NBF).
N-aanbeveling (kg/ha) = (drempelwaarde – N in grond) x NBF
Slegs indien anorganiese N op hierdie manier bestuur word, kan
verantwoordbaar aanbeveel word om N-bemesting vir die komende
seisoen afwaarts of opwaarts aan te pas.
Gevolgtrekkings
Daar behoort meer N in die grond oor te wees indien
N-toediening meer was as N-verwydering, mits N-vervlugtiging
nie betekenisvol was nie.
Residuele anorganiese N kan effektief in die komende seisoen
se N-begroting gebruik word, maar potensiële logingsverliese
in sekere goed-gedreineerde gronde voor die aanvang van die
volgende seisoen behoort in aanmerking geneem te word.
Anorganiese N-drempelwaardes in die grond moet gedurende
die groeiperiode gehandhaaf word om waterbenutting en
rendement op N-koste te optimaliseer.
Die risiko van betekenisvolle opbrengsverlies en winsverlies
weens N-toksisiteit en N-vervlugtiging tydens ‘n droogteperiode
kort na- plant kan effektief uitgestel en verminder word deur:
N-toedienings, drie tot vier weke na-plant eerder as voor- of
met-plant.
Die gebruik van KAN eerder as ureum in plantmengsels en as
die hoof N-bron.
Vir meer inligting of ‘n Engelse weergawe, kontak Sasol Base
Chemicals by 011 790 1111 of
fertiliser@sasol.com .Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer
lokaliteit-spesifieke toepassings. Die resultate waarna in hierdie
artikel verwys word, is onder spesifieke omstandighede verkry
en kan daarom nie noodwendig veralgemeen word om onder alle
omstandighede van toepassing te wees nie.
Verwysings
Adriaanse, FG. 2012a.
Die verskil in toksisiteit tussen KAN en ureum. SA Graan/
Grain
: 7/12.
Adriaanse, FG. 2012b.
Logingsverskille by stikstofbronne. SA Graan/Grain
: 11/12.
Adriaanse, FG. 2013.
Verskille in vervlugtiging tussen stikstofbronne. SA Graan/
Grain
: 07/13
Adriaanse, FG. 2015a.
Ammoniumnitraat het ‘n opbrengs-, sowel as winsvoordeel
bo ureum plus urease-inhibeerder of ureum alleen. SA Graan/Grain
: 05/15.
Adriaanse, FG. 2015b.
Die verband tussen anorganiese stikstof in die grond en
relatiewe opbrengs vir mielies. SA Graan/Grain
: 07/15.
Adriaanse, FG, & Human, JJ. 1993.
Effect of time of application and nitrate:
Ammonium ratios on maize grain yield, grain N concentration and soil mineral N
concentration in a semi-arid region
. Field Crops Research, 34: 57 - 70.
Adriaanse, FG. 2016.
Effektiwiteit van KAN teenoor ureum, by verskillende tye van
toediening, onder droë omstandighede vir mielies. SA Graan/Grain
: 7/16.
Fantanetto, H. 1995.
Ciencia del Suelo
, INTA: Argentina.
IFA, (1992).
World fertiliser use manual
: Paris, France.
Grafiek 1: Die verband tussen residuele anorga-
niese N-konsentrasies in die boonste 150 mm
grond en mielieopbrengs. Die verwantskap is
by toedienings van 90 kg N/ha oor drie nitraat-
N:ammonium-N-verhoudings, vyf tye van toe-
diening en drie seisoene verkry. Grondmonsters
is in die band van toediening na bestuiwing
geneem.
Bron: Adriaanse en Human, 1993
Grafiek 2: Die verband tussen mielieopbrengs
en N-verwydering in die graan (16 kg N/ton
graan) of die hele plant (26 kg N/ton graan).
Bron: IFA, 1992
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Enrico Cronje 2011