

Julie 2016
40
HOE NOU GEMAAK?
D
ie 2015/2016-seisoen het gepaardgegaan met ongekende
droogte en meestal tot laer mielieopbrengs. In baie ge-
valle is normale hoeveelhede stikstof (N) vir ‘n normale
gemiddelde reënjaar en verwagte N-opname uit die grond
bemes. ‘n Hoër mielieprys het in ‘n mate gekompenseer vir laer op-
brengs, maar wins bo insetkoste was meestal laer of daar was ‘n
verlies bo insetkoste.
Die volgende vrae het hieruit voortgespruit:
Sal daar meer N in die grond oor wees na ‘n droë seisoen?
Kan residuele anorganiese N in die grond effektief deel uitmaak
van die N-begroting vir die volgende seisoen?
Hoe kan N-voorsiening gedurende die volgende seisoene
geoptimaliseer word?
Hoe kan die risiko van betekenisvolle opbrengsverlies en wins-
verlies weens ‘n droë periode kort na-plant geminimaliseer word?
Verband tussen opbrengs en residuele N
‘n Omgekeerde verband tussen opbrengs en residuele anorganiese
N is oor ‘n drie jaar-tydperk op Viljoenskroon by toedienings van
90 kg N/ha vasgestel (
Grafiek 1
). Aangesien opbrengs die afgelope
seisoen meestal laer as die vorige seisoene se gemiddeld was, kan
verwag word dat daar meer N in die grond oor sal wees as in vorige
jare, indien N-peile vir dieselfde aantal seisoene dieselfde was.
Hierdie verwagting behoort produsente te noop om residuele
anorganiese N voor die aanvang van die volgende seisoen te be-
paal. Hoewel verwag, is dit egter nie ‘n gegewe dat produsente
N-bemesting sal kan afskaal nie.
Hoeveel N is toegedien en hoeveel
N is verwyder?
Die verwydering van 1 ton graan alleen sal tussen 14 kg en 16 kg N
verwyder (IFA, 1992). Indien die droë materiaal wat nodig was vir
die produksie van hierdie ton graan vernietig of verwyder is, sal
20 kg tot 26 kg N/ton graan verwyder wees (IFA, 1992). Slegs indien
daar meer N toegedien is as wat verwyder is (
Grafiek 2
), kan verwag
word dat daar meer N in die grond oor sal wees.
Volgens Grafiek 1 is daar by 4,3 t/ha teen 90 kg N/ha nagenoeg
totale verwydering toegedien, maar by 5,7 t/ha is veel minder N
toegedien as die totale verwydering. Hiervolgens is die residuele
anorganiese N-hoeveelhede in die grond by die hoë opbrengs
verlaag eerder as wat dit by die lae opbrengs verhoog is.
N-verliese
Die afgelope seisoen, wat gekenmerk is deur lae reënval, het ook
gepaardgegaan met hoë temperature. Onder sulke omstandighede
is ammoniakvervlugtiging eerder aan die orde van die dag as ver-
liese deur loging.
Ammoniakverliese vanaf oppervlak-toegediende ureum was so
hoog soos 45% by hoë temperature teenoor 12% vir UAN en 2% vir
KAN in Argentinië (Fantanetto, 1995 en Adriaanse, 2013). Wanneer
hierdie N-bronne in die grond ingewerk word, sal vervlugtiging
verminder word, maar betekenisvolle verliese kan steeds by diep-
teplasings van 100 mm tot 150 mm en hoë temperature verwag
word wanneer die boonste deel van die bogrond uitgedroog is.
Die byvoeging van urease-inhibeerders tot ureum sou waarskynlik
ammoniakvervlugtiging uit ureum betekenisvol verminder het, maar
nie tot die mate dat dit buite rekening gelaat kan word nie (Adriaanse,
2015a) of dat dit by hoë temperature so min soos die vervlugtiging
van KAN sal wees nie. Groot ammoniakverliese vanaf toegediende
N beteken dus ook dat daar nie noodwendig meer ongebruikte N in
die grond oor is nie.
Van die stikstof wat nou in die grond oor is, kan natuurlik in goed-
gedreineerde gronde voor die aanvang van die volgende seisoen,
met voldoende reën, uit die wortelsone loog (Adriaanse, 2012b).
Voordat dit kan gebeur, moet voldoende reën val om baie droë
profiele eers met water te versadig.
Verder is die kans vir logingsverliese veel minder in watertafel-
gronde of gronde met keerlae. Die tempo van loging sal ook stadiger
wees in gronde met relatiewe hoër klei-inhoude, weens stadiger
beweging van water. As daar dus nou genoeg N in die grond oor
is, sal dit veral vir goed-gedreineerde gronde voor-planttyd of na-
planttyd bevestig moet word of dit nog so is.
N-toksisiteit
Die bandplasing van N-kunsmis, hetsy in plantmengsels of as kant-
bemesting, sal aanleiding gee tot veel hoër konsentrasies wanneer
dit baie droog is. Daarteenoor sal voldoende reën byvoorbeeld
gekonsentreerde ureum verdun en in die grondprofiel verplaas.
Gekonsentreerde ureum sal aanleiding gee tot die vorming van
ammoniak wat toksies is vir gewasse indien dit naby die wortels
vrygestel word (Adriaanse, 2012a). Die opbrengs wat só vir met-
planttoedienings in ‘n spesifieke droë jaar oor verskillende N-peile
met KAN verkry is, was 3,2 t/ha of 177% meer as wat met ureum
verkry is (Adriaanse, 2016).
Die opbrengs wat oor tye van toediening in ‘n spesifieke droë
jaar met KAN by 155 kg N/ha verkry is, was 3 t/ha of 88% hoër
as wat met ureum by dieselfde N-peil verkry is (Adriaanse, 2016).
Indien N-toksisiteit dus aanleiding gegee het tot opbrengsverlies,
kan verwag word dat daar meer N in die grond oor is, mits dit nie
vervlugtig het nie en ook nie geloog het nie.
Anorganiese N-ontledings voor-plant
Die anorganiese N in die grond kan tot ‘n groot mate deur oordrag
van onbenutte toegediende N veral van ‘n vorige droë seisoen – soos
aangedui – verhoog wees. Die begroting vir N-behoefte word bepaal
deur die verskil te bereken tussen verwagte N-opname en werklik-
gemete anorganiese N in die grond:
N-begroting (kg/ha) = (opbrengsmikpunt [ton/ha] x 26) = kg N/ha
benodig vir opname
minus residuele nitrate-N + ammonium-N (0 - 600 mm) in die
grond = kg/ha
minus organiese materiaal (%, 0 - 300 mm) x 45 = kg N/ha
minus N in besproeiingswater wat toegedien gaan word = kg N/ha
FOKUS
Bemesting
Spesiale
Kan minder stikstof na afloop van ‘n droë jaar en lae mielieopbrengs
in die volgende jaar toegedien word?
ERIK ADRIAANSE,
bestuurder: Produkontwikkeling en Tegniese ondersteuning, Sasol