

Julie 2016
24
2016 se oes- en kunsmis-
prysverhouding is gunstig
D
ie huidige oes/kunsmis-prysverhouding is gunstig verge-
leke met dié van die vorige seisoen en behoort die vraag
na kunsmis gedurende die 2016/2017-plantseisoen te
kan ondersteun, het mnr Adriaan de Lange (voorsitter:
Fertasa) in sy jaarverslag gesê wat tydens die vereniging se 56ste
jaarkongres in Johannesburg gehou is. De Lange is besturende
direkteur van Omnia Kunsmis.
Sy verslag is deur mnr Adam Mostert (hoofuitvoerende beamp-
te: Fertasa) aangebied aangesien De Lange nie die kongres kon by-
woon nie.
Volgens die verslag sal die mark vir misstofprodukte gedurende
2016 grootliks van voldoende reënval afhang. Dit sal produsente
aanmoedig om optimisties teenoor landbou te staan en hou goeie
vooruitsigte vir die misstofbedryf in. Gedurende 2015 was die ge-
middelde reënval slegs 403 mm, teenoor 544 mm vir 2012 tot 2014.
As gevolg van die uitwerking van El Niño in 2015, het die getal
hektaar onder somergewasse met 22% gedaal – van 4,1 miljoen ha
in 2014 tot 3,2 miljoen ha in 2015. Die hektare onder mielies het
met 27% afgeneem. Daarenteen het sonneblom-aanplantings met
20% toegeneem – van 560 000 ha tot 718 000 ha. Die gemiddelde
opbrengs vir alle somergewasse word op 2,63 t/ha voorspel, ver-
geleke met 2,89 t/ha in 2014 (4,15 t/ha in 2013).
Tesame met die streekstekort aan voedselproduksie, het dit
die prys (rand) vir mielies tot rekordhoogtes laat opskiet. Teen
R4 710/ton is die prys van witmielies sowat R1 600 bó die teoretie-
se invoerpariteitsprys. Teen R1 084/ton verhandel geelmielies
teen invoerpariteit. Hierdie pryse weerspieël sedert Januarie 2015
‘n styging van 124% vir witmielies en 62% vir geelmielies. Wit-
mielies verhandel tans bó die koringprys van R4 540/ton.
Internasionale misstofpryse, aldus De Lange, is swak weens oor-
kapasiteit. Ureum- en potaspryse het sedert Januarie 2015 met
39% gedaal. Die verswakking van die rand het die plaaslike mark
teen die aansienlike daling in internasionale pryse verskans. Die
internasionale stikstofprys sal gedurende 2016 tot ‘n groot mate
afhang van Chinese verskaffers, wat beduidende voorraadvlakke
opbou, asook van die prys van gas in die Oekraïne.
De Lange het die belangrikheid van nakoming van Fertasa se
gedragskode beklemtoon. “Die doel van die kode is om ‘n etiese
kultuur van nakoming in die misstofbedryf te stig en te monitor
– insluitend vervaardiging, verpakking, opberging, verspreiding
en kleinhandel. Produkte wat vervaardig word deur diegene wat
ingevolge die Fertasa-gedragskode gesertifiseer is, voldoen aan
alle wetlike en gehalte-vereistes. Sodoende word ‘n kultuur van
integriteit en vertroue binne die misstofbedryf bevorder.”
Die beginsels waarop die Wet op Misstowwe moet berus is deur
Fertasa aan die Registrateur voorgelê. Een van die belangrikste
afwykings van die oorspronklike voorstelle was die behoefte om
voort te gaan met die registrasie van die finale misstofprodukte.
Slegs geregistreerde grondstowwe sal toegelaat word in die for-
mulering van die finale produk. Alle ingevoerde produkte, insluiten-
de grondstowwe, tussenin en finale produkte, moet aan inspeksie
onderworpe wees.
Fertasa het 20 korreksies van die 2012-misstofregulasies voorge-
stel. Die Registrateur het die voorstelle aanvaar. Van die verande-
ringe het betrekking op munisipale kompos, rioolslyk en plaasmis
vir die tuinbou- en huishoudelike mark. Dié produkte kan nou in
grootmaat verkoop word, mits dit geregistreer is.
Daar is tans ‘n agterstand van agt tot nege maande in die Registra-
teur se kantoor vir die registrasie van nuwe produkte. Fertasa het
aangebied om behulpsaam te wees met oplossings vir die tegniese
probleme. Die Registrateur het die aanbod aanvaar en die agter-
stand kan binne vier maande uitgewis wees.
Goeie vordering is gemaak met die vestiging van ‘n misstofmoni-
teringskema wat twee jaar gelede tot stilstand gekom het weens
‘n finansiële tekort. Met finansiële hulp van Sasol Agri Trust en
die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en met in-
speksiedienste van die Registrateur, word ‘n ooreenkoms binnekort
verwag. Omnia het aangebied om ontledings teen kosprys te doen.
Fertasa het aan prof Robin Barnard erelidmaatskap toegeken. Hy
was 40 jaar lank verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is
ook aangestel as tegniese adviseur vir Fertasa.
AFAP
Mnr Henri Minnaar (direkteur: Agribesigheid, African Fertiliser and
Agribusiness Partnership [AFAP]), sê die organisasie werk saam
met die privaatsektor ten einde meer mededingende en volhou-
bare misstofmarkte in Afrika te vestig en sodoende tot ‘n groen-
rewolusie in Afrika by te dra.
Entrepreneurs en sakeleiers word voorgestel aan organisasies wat
bewys daarvan kan lewer dat hulle Afrika se produsente in staat
stel om misstof te bekom en te gebruik.
AFAP beywer hom om onder meer vir die volgende:
Waarborg van krediet vir misstofverspreiders.
Finansieringsbystand aan invoerders en vermengers van
misstof.
Finansieringsbystand vir die berging en verspreiding van
misstof.
Die einddoel is om die oesopbrengs en inkomste van nuwe era-
boere te verhoog deur toegang tot meer bekostigbare, gehalte
misstowwe as gevolg van die daarstelling van mediumgroot mis-
stof- en agrisake-ondernemings as ‘n alternatief vir tradisionele sub-
sidieprogramme.
Een van die hoofmikpunte is om regulatoriese beperkings wat han-
del en investering strem, uit die weg te ruim ten einde beleggersver-
troue in die Afrika-misstof- en agrisakebedryf ‘n hupstoot te gee.
FOKUS
Bemesting
Spesiale
HANS LOMBARD,
namens Fertasa