

Produk-inligting
Fokus op effektiewe relatiewe koste van kalk
H
ierdie jaar het verseker sy eie unieke uitdagings. Die droog-
te het veroorsaak dat die meeste produsente se oeste
aansienlik laer is as hul vyf jaar-langtermyngemiddelde
opbrengs. Verder is kostedruk aan die orde van die dag.
Produsente sal daarom al meer op volhoubaarheid as langtermyn-
doelwit moet fokus. Die basiese beginsels van akkerbou bly egter
van krag. Kalk bly ‘n integrale deel van ‘n volhoubare gewaspro-
duksieprogram. Met hierdie artikel wil ons fokus op die basiese
beginsels.
Wat is die hoofredes waarom ons kalk toedien? Dit:
Verhoog kunsmiseffektiwiteit (meer beskikbare plantvoeding-
stowwe).
Vul sekondêre makro-elemente soos kalsium en/of magnesium
aan.
Verlaag vry waterstof (H
+
)-konsentrasie (versuring) en in uiterste
gevalle aluminiumtoksiteit.
Verbeter fisiese grondtoestande.
Uit bogemelde is dit duidelik dat kalk ‘n belangrike skakel in volhou-
bare gewasproduksie is. In moeilike jare moet daar juis oordeel-
kundig te werk gegaan word om hierdie kritiese elementkoste
effektief te bestuur. Dit is ‘n bewese feit dat produsente wat fokus
behou en op ‘n goeie kalkprogram bly, oor die lang termyn, hul grond
beskerm. In goeie jare is hulle verseker van ‘n rendement daarop in
die vorm van ‘n bogemiddelde oes. Daar is ‘n paar belangrike punte
wat ‘n groot verskil aan kalkreaksie maak:
Gebruik jou landboukundige die nuutste
geakkrediteerde laboratoriumresultate
vir bronne?
Dit is skokkend om te sien hoe hierdie aspek in die afgelope jare
deur die kalkbedryf afgeskeep is. Die gesoute landboukundiges werk
met die nuutste analises wat die integriteit van hul aanbevelings ver-
hoog. By SA Kalk & Gips kan jy enige tyd die nuutste bronanalises
aanvra. Kwaliteitskontrole is vir ons ononderhandelbaar.
Kry jy kwotasies van eksterne
vervoermaatskappye?
Jy het dalk jou eie vragmotors of gebruik vriende se vragmotors om
kalk by die naaste myn te gaan haal. Die Suid-Afrikaanse vervoer-
ekonomie het die afgelope paar jaar dramaties verander. Daar is
baie meer spesialis-losmaatvragmotors beskikbaar waar kontrak-
teurs unieke kontrakte het. Maak seker jy is op hoogte daarmee.
Daar is niks wat ‘n vervoertarief verlaag soos goeie terugvragte op
vervoerbene nie. Die beste tariewe word soms 24 uur voor lewering
beding. Die persepsie is male sonder tal in die afgelope seisoen
bewys dat ‘n nabygeleë bron nie noodwendig die beste gelewerde
prys bied nie. Die tydfaktor (omdraaityd en staantyd) speel ‘n baie
groter rol in tariewe naby aan bronne as afstand gery. Die fisiese
kilometers in die tarief speel by ‘n groter afstand (van ongeveer
>150 km) vanaf die bron ‘n baie groter rol. Praat met SA Kalk & Gips,
wat veral spesialiseer in die skuif van grootmaat kalk landwyd. Ons
is die enigste nasionale speler in die kalkbedyf.
Gebruik jy kalkkwaliteit in die som om
te bepaal watter kalkbron vir jou die
beste waarde bied?
Daar is verskeie maniere om kalkbronne te evalueer. Die eenvou-
digste manier is om die Effektiewe Relatiewe Koste (ERK, Murphy
& Folett, 1978) te gebruik. Dit is waar die produkprys (genoeg voor-
raad), vervoerprys, KKE (suur)-metode en deeltjiegrootte in ‘n som
gebruik word om te bepaal wat die goedkoopste gelewerde bron vir
die aanbeveling (R/ton) is.
In die som word die persentasie deeltjies kleiner as 250 mikron
(0,25 mm) baie meer bevoordeel aangesien dit die reaktiwiteit aan-
dui. Party landboukundiges verfyn die som verder deur die KKE
(hars)-metode te gebruik. Die hars-waardemetode (Fölscher &
Bornman, 1985) neem reeds die deeltjiegrootte in ag. Dit is egter ‘n
moeilike metode en daar is tans net een laboratorium wat die hars-
waarde op gereelde basis bepaal.
Alle aanduidings is dat landboukalk afkomstig van sagte, amorfe
en hoë poreuse bronne, baie vinniger reageer as landboukalk af-
komstig van harde kristallyne en minder poreuse bronne. Hierdie
effek is egter weglaatbaar by kalksoorte waarvan die fynheid
<250 mikron is (Fertasa,
Bemestingshandleiding
). Let wel: Hierdie
som moet voor die maak van presisieboerderyaanbevelingskaarte
en gewone aanbevelings gemaak word. Daar is niks so frustrerend
soos wanneer aanbevelingskaarte gemaak is en die produk wat
aanbe-veel word, nie gelewer kan word nie. Doen dus jou huis-
werk betyds.
In
Tabel 1
is ‘n voorbeeld met Bothaville-area as basis. Dit illustreer
watter verskil bogemelde punte kan maak op die gelewerde prys
van verskillende bronne. Dit is nou tyd om die regte besluite te
neem. Maak seker dat kalk deel vorm van die tydsraamwerk van jou
produksieproses. Kontak ons gerus dat ons, in samewerking met
jou agent en landboukundige, jou ondersteun om die regte besluit op
die regte tyd te neem.
23
July 2016
FOKUS
Bemesting
Spesiale
BEN KROG,
bemarkingsbestuurder: SA Kalk & Gips
PRODUK
KM NA
BESTEMMING
HEERSENDE
VERVOERPRYS
PRODUKPRYS
KKE SUUR
DEELTJIEGROOTTE
AANGEPASTE
KKE VOLGENS
DEELTJIE-
GROOTTE
EFFEKTIEWE
RELATIEWE
KOSTE PER KKE
(AANGEPAS)
GOEDKOOPSTE
RANGORDE
% FYNER AS
250 MIKRON
(100%)
% GROWWER
AS 250 MI-
KRON (50%)
A Olifantsfontein Dolomiet
265 210 250 84 59% 41% 67
R6,89
4
A Ottoshoop Dolomiet
244 190 155 96 94% 6% 93
R3,70
1
B Meyerton Dolomiet
191 180 260 92 92% 8% 88
R4,98
3
B Mooiplaas Dolomiet
273 220 185 93 89% 11% 88
R4,61
2
A Olifantsfontein Kalsiet
265 210 325 86 52% 48% 65
R8,19
5
A Panfontein Kalsiet
183 170 155 55 92% 8% 53
R6,16
3
A Prolime Kalsiet
228 180 185 89 60% 40% 71
R5,13
1
B Northam Kalsiet
338 280 128 78 64% 36% 64
R6,38
4
B Ulco Kalsiet
340 280 200 98 72% 28% 84
R5,70
2
TABEL 1: DIE VERSKIL OP DIE GELEWERDE PRYS VAN VERSKILLENDE BRONNE (BOTHAVILLE AS BASIS).