Background Image
Previous Page  39 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 52 Next Page
Page Background

Sien

Tabel 1

vir ‘n vergelyking van die geweegde gemiddeldes van

geselekteerde kwaliteitseienskappe tussen produksiegebiede en

ook oor drie seisoene.

Die persentasie ekstraksie behaal op die Bühler MLU 202 labora-

toriummeule is ‘n aanduiding van die meelopbrengs wat verkry kan

word vanaf ‘n gegewe hoeveelheid koring. Die besproeiingskoring

lewer oor die algemeen hoër ekstraksies. ‘n Ligte (wit) meelkleur

is belangrik aangesien dit grootliks die krummelkleur van brood

bepaal. Hoe laer die natkleur- en hoër die droëkleur- (L*) waardes,

hoe ligter (witter) die meel.

Vrystaatse koring het gemiddeld die hoogste proteïeninhoud

gehad en dus ook die hoogste nat gluteninhoud wat direk met die

proteïeninhoud gekorreleer kan word. Wanneer daar na koring-

kwaliteit verwys word, word daar na die proteïenkwaliteit en dus

indirek na die glutenkwaliteit verwys.

Gluten is die proteïenfraksie wat die deeg en bakeienskappe van

koringmeel bepaal. Die farinogram-, alveogram-, ekstensiegram-

en mixogram-resultate wat ‘n aanduiding gee van die reologiese

(deeg) kwaliteit, toon dat die Vrystaatse koring die sterkste kwaliteit

gehad het en koring van die Wes-Kaap die swakste van die drie

produksiegebiede. Goeie kwaliteit word gekenmerk deur hoër

waterabsorpsie, langer mengtye en hoër sterktes. Die gluten-

indekswaarde, wat ‘n aanduiding is van die glutensterkte, bevestig

bogenoemde kwaliteitsverskille.

Mikotoksiene

40 monsters, geselekteer om die verskillende produksiestreke as-

ook klas en graad te verteenwoordig, is getoets vir die teen-

woordigheid van mikotoksienresidue met behulp van ‘n UPLC-MS/

MS-instrument.

Slegs een monster het positief getoets en ook vir net een van die

mikotoksiene, naamlik deoksinivalenol (DON). Die vlak gemeet, was

151 μg/kg of 151 dpb (dele per miljard), wat aansienlik laer is as die

voorgeskrewe internasionale maksimumvlakke.

Vir meer inligting aangaande die kwaliteitsresultate van die

2013/2014-koringoes, besoek gerus die SAGL-webtuiste by

www.

sagl.co.za

. Vorige seisoene se data sowel as oesverslae in PDF-

formaat is ook hier beskikbaar.

Hierdie 16de jaarlikse kwaliteitsopame is moontlik gemaak danksy die volgehoue finansiële steun van

die Wintergraantrust asook die Graan Silo Industrie en meulenaars met die neem en instuur van

verteenwoordigende monsters.

‘n Oorsig oor die koringoeskwaliteit

37

January 2015

Kobus Sutherland van Hopetown se foto “‘n Lusernland word sommer gou kafgedraf met hierdie lusernsnyer” is Desembermaand

se wenner.

WENFOTO VIR

DESEMBER