Background Image
Previous Page  41 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 52 Next Page
Page Background

AKTUEEL

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

S

A Graan/Grain

het die vorige twee maande berig oor die

arbeidspraktyke op Boontjieskraal Landgoed, naby Caledon

in die Suid-Kaap. Mnr Richard Krige (hoofbestuurder van

Boontjieskraal Landgoed asook ‘n hoofbestuurslid van

Graan SA) vertel in dié artikel meer oor hulle dissiplinêre stappe op

die plaas en gee ‘n paar wenke aan medeprodusente oor hoe om die

beste uit jou werkerskorps te kry.

Dissiplinêre stappe

Op ‘n vraag oor hoe geskille op die plaas besleg word, antwoord

Krige: “Indien daar probleme is, word dit onmiddellik opgelos. Daar

is ‘n grieweproses in plek, maar ons het nog nooit nodig gehad om

dit te gebruik nie. Indien ‘n werknemer ‘n oortreding begaan, word

sy naweekdienstye verleng (gewoonlik elke vyfde naweek tensy

daar ander werk is) sodat hy elke naweek diens doen en werk vir ‘n

tydperk wat van pas is, gegewe die oortreding. Van sy byvoordele en

voorregte kan hom ook ontneem word vir ‘n tydperk, soos kostoelae

en die gebruik van voertuie vir privaat gebruik. Ons het so onder

mekaar ooreengekom.”

Volgens Krige is ‘n geskrewe waarskuwing, in sy opinie, nie genoeg

nie. “Daar moet op ‘n manier ‘n boete of straf wees vir wangedrag

of oortredings. Ons probeer konsekwent wees. Almal word dieselfde

behandel en die reëls geld vir almal. In die Kaap en die landelike

gebied was drankgebruik vir ‘n lang tyd ‘n probleem gewees. Ja,

‘n mens kan sê die dopstelsel het ‘n bydrae gelewer, maar dit vat

wilskrag en dissipline om dit te oorkom. Drankmisbruik lei tot soveel

probleme en die persone of individue wat die swaarste daaronder

ly, is die kinders. Jou werknemers moet dit besef. Hulle het ‘n

verantwoordelikheid teenoor hulle werkgewer, hulle werk en hul

families,” benadruk hy.

Op ‘n vraag oor watter wenke hy vir medeprodusente het om die

beste uit hul werkerskorps te kry, antwoord Krige: “Ons is almal leiers

in die lewe. Van ons miskien meer as ander. Die gewone familieman

wil tog ook die beste vir sy vrou en kinders hê. Hoe doen ‘n mens

dit? Jy wys vir hulle waar hulle verkeerd was en prys hulle indien

hulle iets goed doen. Jy lei hulle deur die voorbeeld wat jy vir hulle

stel. Wedersydse respek is belangrik. Hoekom vergeet ons almal

so gou dat die basiese beginsels dieselfde bly ongeag die situasie?

Dissipline vorm in my opinie ook die ruggraat van die samelewing.

“Jy moet ook jou werknemers en hul behoeftes ken en verstaan. Hy

het ook drome en aspirasies. Weet jy wat hulle is? My vrou (sy het op

die plaas grootgeword) sê altyd as ek weg is en daar is ‘n probleem

op die plaas, sal sy by van die werkers aan huis gaan bly. Nou frons

die lesers seker almal wat dit lees! Ons werknemers se behuising

is puik met lopende en warm water en stowe; die huise is uitgeteël

en sommiges het selfs DSTV. Die huise is skoon en netjies en dié

mense is soos familie – hoekom dan nie?” sluit hy die gesprek af.

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur,

SA Graan/Grain

– Boontjieskraal Landgoed (Deel 3)

Reeks

Posbus 159, Oudtshoorn, 6620, Suid-Afrika

Tel: 044 203 9800

Ɣ

Tel: 018 293 1233

Ɣ

Tel: 017 647 6431

Ɣ

Tel: 012 252 6849

www.saadbemarking.co.za

KKSB is 'n vennoot

van Agribonus

Koring

-

Droëland

SST 347

SST 356

SST 374

SST 387

Elands Matlabas

Kwartel Ratel

Komati Tankwa

Koring

-

Besproeiing

SST 806

SST 835

SST 843

SST 866

SST 875 Duzi

SST 876 Krokodil

SST 877 Kariega

SST 884 Olifants

CRN 826 Sabie

Buffels Steenbras

Kanola

Hyola 50

Hyola 571 CL

Hyola 555 TT Hyola 61

Hyola 575 CL Thunder TT

DIE ALLES-IN-EEN SAAD VERSKAFFER

1: Die werknemers se huise op Boontjieskraal Landgoed.

2 en 3: En so lyk dit binne.

1

2

3

Deel jou praktyke met medeprodusente

Graan SA-lede is welkom om wenke vir goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op die plaas of praktyke wat hulle op die plaas toepas

en wat vir hulle werk, met hulle medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na

estiedv@mweb.co.za

en ons sal jou kontak.