Background Image
Previous Page  42 / 52 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 42 / 52 Next Page
Page Background

die toekoms binnegaan

T

ydens 2014 se elfde Senwes Jongboer Toekomsfokusdag,

wat in samewerking met Graan SA aangebied is, is jong-

boere aangemoedig om ‘n kopskuif te maak wat die bemar-

king van hul produkte betref en om vertroud te raak met

wie die eindverbruiker van hul produkte is en wat presies daardie

verbruiker se behoeftes is.

Om primêr op die doeltreffende produksie van ‘n kommoditeit te

fokus, veroorsaak dat produsente deel bly van ‘n mark waar hulle

afhanklik is van wisselvallige pryse. Ondersoek eerder verskillende

maniere om waarde te skep en bou besigheidsmodelle om jou

produk op ‘n aanloklike en bruikbare manier aan te bied.

Dit was prof Hamish Gow van die Massey Universiteit in Nieu-

Seeland, wat as hoofspreker tydens vanjaar se Jongboer Toekoms-

fokusdag, oopgetree het, se boodskap aan die groep jongboere.

Die dag is deur die Jongboerverenigings van Agri NW en Vrystaat

Landbou op NAMPO Park aangebied.

Prof Gow het onder meer internasionale bemarking, waarde-

ketting-ontwikkeling, voedselsisteembestuur, innovasie en entre-

preneurskap tydens sy aanbieding bespreek en het jongboere

aangemoedig om meer waarnemend op te tree waar dit die mark-

te aangaan asook om vertroud te raak met wie die eindverbruiker is

en wat daardie verbruiker benodig.

“As ‘n produsent is jy geleer om jou produksie te verhoog en die

pryse in die mark te aanvaar, maar nou sal jy meer tyd moet span-

deer om te ontdek hoe jy moet bemark en aan wie jy moet bemark.

Jy kan dit egter nie as individu doen nie. Daar is modelle daarbuite

wat ons kan gebruik om die denkwyse van produsente te verander

en om hulle in staat te stel om die internasionale markte te betree,”

het prof Gow gesê.

Mnr Francois Strydom, besturende direkteur: Senwes, het sterk

klem daarop gelê dat die toekoms ontwerp en gereeld herontwerp

moet word en dat jongboere nie net tyd in die hede moet spandeer

nie, maar ook aan die beplanning vir die toekoms.

“Vandag is ‘n bousteen, al is dit net om die besluit te neem om aktief

betrokke te wees by die ontwerp van jou eie toekoms asook dié

van jou mense en jou gemeenskap. Suid-Afrika word nie gered

deur politici nie, maar deur gewone mense, neem die toekoms in jou

eie hande,” het Strydom gesê.

ELMARIE HELBERG,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Die nuutste John Deere FarmSight-tegnologie is ook tydens die dag deur Senwes Village Meganisasie gedemonstreer.

2: Wessel Hattingh (voorsitter: Vrystaat Landbou Jongboervereniging); prof Hamish Gow (van Nieu-Seeland, wie die hoofspreker was),

Francois Strydom (besturende direkteur: Senwes) en Magnus Theunissen (voorsitter: Agri NW Jongboervereniging).

3: SJ Botha en Jan Benson het al die pad vanaf Steynsrus gekom om die dag by te woon.

4: Jeandré Els, André Broodryk en Pieter Broodryk, al drie van Heilbron, het baie waarde uit die dag geput.

1

2

3

4

Januarie 2015

40

AKTUEEL