Graangids 2014 - page 101

Ons as landbouers moet landboumiddels of
plaagdoders verantwoordelik gebruik, sodat
ons genoegsame, veilige en bekostigbare kos
en vesel vir die land kan produseer sonder om
die gesondheid van mense en die omgewing
aan te tas. Daar is ‘n hele trop anti-plaagdoder-
brakkies wat kef-kef oor die produsente en
hoe hulle alles vergiftig, maar hulle kan selde
of ooit die bewyse vir hulle aantygings op die
tafel plaas. Hier is bietjie hooi om aan te kou en
ja, sommige daarvan sal maklik verteer, terwyl
ander weer baie kouwerk sal vereis.
Ek noem dit die tien gebooie van
verantwoordelike plaagdodergebruik:
1.
Beplan jou produksieseisoen noukeurig en
koop slegs die plaagdoders en volumes aan wat
jy definitief gaan benodig. As die agent iets teen
‘n goedkoop prys aanbied en jy sulke onnodige
produkte aankoop, gaan dit net opgaar.
2.
Koop slegs geregistreerde plaagdoders vanaf
erkende handelaars aan, dit wil sê agente wat
aan CropLife Suid-Afrika se ledemaatskappye
verbonde is, ten einde te verseker dat dit van ‘n
goeie kwaliteit en wettige produkte is. As ‘n plaag-
doder nie ‘n registrasienommer op die voorste
paneel van die etiket bevat nie, is dit onwettig in
Suid-Afrika. Só ‘n registrasienommer begin met ‘n
hoofletter L gevolg deur vier syfers (byvoorbeeld
L1234) en daarna Wet Nr. 36 van 1947.
3.
Berg jou plaagdoders in ‘n ordentlike
stoorplek wat mure, ‘n dak, ventilasie, beligting
en toesluitbare deure het. Baie kwaadwillige
vergiftigings vind plaas met landboumiddels wat
by produsente gesteel word en dikwels is dit die
produsent se eie produksiediere wat daarvan
vrek.
4.
Bestudeer die etiket van elke landboumiddel
sorgvuldig en wend dit streng volgens die voor-
skrifte aan. Regulasie Nr. R1716 van 26 Julie
1992 waarsku dat die gebruik van ‘n landbou-
middel vir enige doeleinde of op enige wyse
anders as dit wat die etiket aandui, ‘n strafbare
oortreding van Wet Nr. 36 van 1947 is.
5.
Verskaf basiese opleiding aan jou plaaswer-
kers oor die veilige en verantwoordelike gebruik
van plaagdoders. Dit sal tot meer effektiewe en
verantwoordelike gebruik asook beter produksie
lei.
6.
Dra beskermende klere, soos byvoorbeeld ‘n
gesigmasker, laphoed, lang moue, langbroek
en handskoene wanneer plaagdoders gemeng
en aangewend word (dit geld ook vir die trek-
kerdrywer wat die plaagdoder gaan spuit). Dit is
nodig om ‘n mens self teen moontlike spatsels,
newels en mondelingse inname van plaag-
doders en spuitmengsels te beskerm.
7.
Kalibreer die spuittoerusting, sodat die regte
dosering van die plaagdoder toegedien word.
Hierby ingesluit is die nagaan van spuitkoppe
om seker te maak dit is nie verweer of verstop
nie. Spuitdruk moet ook korrek wees, terwyl die
enjintoere van die trekker en die snelheid waar-
teen die trekker beweeg, ook korrek moet wees.
8.
Plaagdoders moet slegs aangewend word as
die weersomstandighede gunstig is daarvoor.
As die suidooster opsteek of die Hoëveld se
donderwolke wag om uit te bars of dit so warm
is dat alles bloot verdamp, is dit tyd om die
plaagdoderaanwending vir eers te staak. Die
wind waai dalk net die plaagdodernewels na die
buurman se aartappellande en dan is die gort
behoorlik gaar.
9.
Nadat plaagdoderhouers leeg gemaak is,
moet dit ten minste drie keer met een-derde
volume skoon water gespoel word en die
spoelwater moet in die spuittenk gegooi word.
Houers moet daarna in die son gedroog word
en verkieslik vol gate gekap of opgesny word
voordat dit aan plastiekverwerkers voorsien
word. Vir die lys van verwerkers, kyk op
.
Wees ‘n verantwoordelike gebruiker van plaagdoders
Volg hierdie riglyne:
Vervolg op bl. 92
2014
91
G
RAANGIDS
1...,91,92,93,94,95,96,97,98,99,100 102,103,104,105,106,107,108,109,110,111,...174
Powered by FlippingBook