

Februarie 2017
32
FOKUS
Kanola
Spesiale
Die Clearfield (CL)- en Triasien-tolerante (TT) kultivars se data is
geskei van die konvensionele kultivars, terwyl die oopbestuifde
kultivar met ‘n # aangedui word.
In die Swartland was die gemiddelde proefopbrengste baie goed
(2 746 kg/ha) teenoor 2 468 kg/ha en 1 320 kg/ha in 2014 en 2015
onderskeidelik. Die proewe met hoë opbrengste in die Swartland
het vroeg in Mei reeds ontkiem. Die proefgemiddeldes vir die
Swartland het gewissel tussen 1 835 kg/ha vir Philadelphia en
3 703 kg/ha vir Langgewens.
Die konvensionele basterkultivar Diamond het, soos in 2015, ‘n
betekenisvol hoër opbrengs vergeleke met die ander kultivars in
die groep vir die Swartland-area gelewer. Diamond is gevolg
deur Tango (2 858 kg/ha), CB Agamax (2 829 kg/ha) en Hyola 50
(2 828 kg/ha).
Die twee nuwe CL-kultivars, 44Y91 en 45Y90, het onderskeidelik die
hoogste opbrengs binne hul groep opgelewer, naamlik 3 038 kg/ha
en 2 936 kg/ha. Die kommersiële CL-kultivar 44Y89 het die derde
hoogste opbrengs (2 901 kg/ha) in die CL-groep gelewer en dit was
nie betekenisvol laer as die opbrengste van ander kultivars binne
die CL-groep nie.
Die opbrengste van Diamond, 45Y90 en 44Y91 het nie betekenis-
vol verskil nie. In die TT-groep was die verskil in opbrengs
tussen die hoogste en laagste opbrengs slegs 15 kg/ha, naamlik
2 520 kg/ha (Hyola 559), 2 510 kg/ha (Hyola 555 TT) en 2 505 kg/ha
(CB Atomic HT) onderskeidelik.
In die Rûens (
Tabel 2
) het die proefgemiddeldes gewissel tussen
2 378 kg/ha op Witsand (Witsandproef is ondersaai met lusern) en
3 278 kg/ha op Swellendam. Die gemiddelde opbrengste was
2 885 kg/ha teenoor 2 468 kg/ha en 1 320 kg/ha in 2014 en 2015
onderskeidelik. Die konvensionele kultivar Diamond (3 305 kg/ha)
het die hoogste gemiddelde opbrengste in die konvensionele groep
gelewer en is gevolg deur die kultivar Belinda (3 207 kg/ha). Die
kultivars se opbrengste het nie betekenisvol van mekaar verskil nie.
Die nuwe CL-kultivar, 45Y91, het die hoogste opbrengs in die CL-
groep gelewer (3 368 kg/ha). Die (nuwe) kultivar, 44Y90, was twee-
de (3 210 kg/ha) binne die CL-groep, maar sy opbrengs was nie
betekenisvol laer as 45Y91 nie. Die kommersiële kultivar, 44Y89,
was derde (3156 kg/ha) binne die CL-groep, gevolg deur 45Y88
(3 100 kg/ha). In die TT-groep het CB Atomic HT die hoogste
opbrengs gelewer (2 592 kg/ha), gevolg deur Hyola 555 (2 517 kg/ha)
en Hyola 559 (2 489 kg/ha). Beide het nie betekenisvol van CB Atomic
HT verskil nie.
Opbrengs oor seisoene
Die opbrengs van al die kultivars wat in 2015 en 2016 getoets is,
word in
Tabel 3
uitgedruk as persentasie van die proefgemiddeld
oor twee en drie seisoene. In die Swartland het die konvensionele
kultivar, Diamond, gevolg deur die CL-kultivar 44Y89, persentasie-
gewys die hoogste gemiddelde opbrengs in hul groepe die afge-
lope twee seisoene gelewer.
Die TT-kultivars met die beste persentasie opbrengs vir 2015 en
2016 was Hyola 559 en CB Atomic HT onderskeidelik. Die CL-kultivar
44Y89 en konvensionele kultivar Belinda het die beste gevaar oor
die periode 2014 tot 2016.
In die Rûens het die konvensionele kultivars Belinda en Diamond,
gevolg deur die CL-kultivar 45Y88 die beste in die afgelope twee
seisoene presteer. Die TT-kultivar met die hoogste persentasie
opbrengs vir 2015 en 2016 in die Rûens was CB Atomic HT gevolg
deur Hyola 555 TT.
Gedurende 2014 tot 2016 het die CL-kultivar 45Y88 en konvensionele
kultivar Belinda die beste gevaar.
Vir meer inligting kan die uitgawe van
Kanolafokus 73: Desember
2016
geraadpleeg word (
http://www.proteinresearch.net/).
Grafiek 4: Die persentasie opbrengs van CL- en TT-groep vergeleke met konvensionele groep as
kontrole (100%) vir die Suid-Kaap.
Kanolakultivarevaluasie
Kanolakultivars word vinnig deur nuwe
kultivars vervang weens die verlies aan
weerstand teen die swartstamsiekte.