

Februarie 2017
30
Kanolakultivarevaluasie
in die Wes-Kaap
K
anola is ‘n relatiewe jong gewas in die Wes-Kaap. Die eerste
evaluering van die gewas is in 1994 deur die Wes-Kaapse
Departement van Landbou uitgevoer in samewerking met
die destydse Proteïnnavorsingstrust.
Al die kultivars was aanvanklik oopbestuifde konvensionele kulti-
vars. In 2016 is slegs basterkultivars uit die konvensionele, CL-
(Imasamoks-tolerante) en TT- (Triasien-tolerante) groepe getoets.
Daar is wel op die oomblik ‘n oopbestuifde TT-kultivar in die mark
beskikbaar.
Kanolakultivars word vinnig deur nuwe kultivars vervang weens
die verlies aan weerstand teen swartstamsiekte. In 2016 is daar twee
nuwe CL-kultivars en een nuwe konvensionele kultivar getoets.
Nasionale kultivarproewe
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou
plant jaarliks agt proewe in die Suid-Kaap
en die Swartland aan. Op ons Tygerhoek
(Riviersonderend)- en Langgewens (Moor-
reesburg)-navorsingplase word ook ‘n
tweede kultivarproef op ‘n later datum aan-
geplant. Op bogemelde twee lokaliteite
word ook twee eliteproewe met gevorderde
teelmateriaal aangeplant.
Klimaatsoorsig
Kanola is ‘n koelweergewas en is baie sensi-
tief vir klimaatsomstandighede. Die afge-
lope seisoen in die Swartland is gekenmerk
deur uiters droë toestande gedurende Mei,
hoewel goeie reën op 26 Maart en 22 April
in die Swartland voorgekom het. Aanplan-
tings wat laat in April en vroeg in Mei
geplant is, het goed gevestig en ook goeie
opbrengste gelewer. Gedurende Mei tot
8 Junie het baie min reën voorgekom. Die
Pools-area in die Rooi Karoo het ‘n baie
droë seisoen beleef.
In die Suid-Kaap het ‘n gemiddelde reënval
vir die periode April tot September voor-
gekom. Meimaand was egter droog – net
soos in die Swartland. Die meeste aan-
plantings het gedurende April plaasgevind
– met die uitsondering van die westelike
dele, waar tot in die begin van Mei ge-
plant is.
By die Langgewens- en Tygerhoek-navor-
singplase was die reënval gedurende
Maart tot September baie naby aan die
langtermyngemiddelde (
Grafiek 1
en
Grafiek 2
). Gedurende Mei was dit baie
droog op beide hierdie lokaliteite. Die
reënval tydens Junie was bogemiddeld op
Langgewens en slegs gemiddeld op Tygerhoek. Die reënval tydens
September was weer bogemiddeld op Tygerhoek.
Resultate
Tipe kanola en die invloed op opbrengs
Die opbrengsverwagting van verskillende kanolatipes wissel. In
Grafiek 3
en
Grafiek 4
word die opbrengs van die CL- en TT-groepe
met die konvensionele groep vergelyk (uitgedruk as persentasie).
Die opbrengs van die TT-groep was gemiddeld 19% (Swartland)
en 13% (Suid-Kaap) laer as die konvensionele kultivars vir 2013 tot
2016. Daar is min verskil oor jare tussen die CL- en konvensionele
groepe van kultivars.
Opbrengs van kultivars
Die opbrengsresultate vir die onderskeie gebiede word in
Tabel 1
en
Tabel 2
opgesom.
FOKUS
Kanola
Spesiale
PIET LOMBARD, LISA SMORENBURG
en
JOHANN STRAUSS,
Navorsings- en
Tegnologie-ontwikkelingsdienste, Wes-Kaapse Departement van Landbou
Grafiek 1: Maandelikse en jaarlikse 2016 en langtermynreënval vir Langgewens.
Grafiek 2: Maandelikse en jaarlikse 2016 en langtermynreënval vir Tygerhoek.