

Februarie 2017
28
Beperk oesverliese op kanola
K
anola is ‘n gewas wat oor die afgelope paar jaar sy merk in
die kleingraanverbouingsareas van die Wes-Kaap gemaak
het. Aanvanklik is daar skoolgelde betaal, maar oor die
algemeen het die meeste produsente die bestuur van die
gewas bemeester om jaar op jaar uitstekende resultate te behaal.
Die effektiewe en doeltreffende bestuur van kanola speel ‘n baie
groot rol in die sukses daarvan – vanaf vestiging tot en met die oes
daarvan. Klein foutjies kan ‘n geweldige impak hê op die opbrengs
en winsgewendheid van die gewas.
Omdat kanola so ‘n klein saadjie het, is oesverliese internasionaal
‘n probleem. Daar is egter maniere om die verliese te beperk en
met klein verstellings kan groot verskille waargeneem word.
In die artikel word ‘n paar belangrike punte genoem wat in gedag-
te gehou moet word as dit kom by die suksesvolle verbouing van
kanola en die voorkoming van verliese tydens oestyd.
Vestiging: Die begin om stroperverliese
te beperk
‘n Goeie stand is die begin van ‘n goeie oes en produsente moet
baie aandag skenk aan die korrekte saadplasing en plantdigtheid
om die gewenste stand te verkry. Spandeer tyd agter die planter en
maak doodseker die saad beland waar jy dit wil hê.
‘n Egalige stand sal die besluitneming tydens oestyd baie verge-
maklik en verseker dat verliese tot ‘n minimum beperk word.
Platsny
Daar is steeds ‘n groot aantal produsente wat kanola te groen plat-
sny en verskeie internasionale navorsingsprojekte het al bewys dat
verliese van tot 250 kg/ha kan voorkom as kanola te groen gesny
word. Dit is net sinneloos om die hele jaar moeite te doen en geld
te spandeer aan die gewas – en met een besluit verloor jy ‘n groot
persentasie van jou totale oes.
Daar word aanbeveel dat op ‘n gemiddelde saadverkleuring van
50% tot 65% gesny word. Elke kultivar verkleur anders en daar kan
nie na die kleur van die plant gekyk word nie. Maak die peule oop en
kyk na die verkleuring van die sade.
‘n Eenvoudige manier wat aangewend word, is om deur die land te
stap en op toevallige plekke ‘n plant te neem en ‘n peul onder, in die
middel en aan die bokant van die hoofhalm van die plant te pluk.
Versamel só ‘n goeie verteenwoordigende monster en maak die
peule een vir een oop.
Indien die sade van groen na bruin of swart verkleur het, tel dit as
verkleuring. Bereken só die persentasie van die sade wat verkleur
is. ‘n Saad wat by ‘n gemiddelde verkleuring van 60% wel nog groen
is, sal reeds ferm wees as dit tussen jou duim en wysvinger gerol
word en sal verkleur en ryp word sonder verliese na platsny.
Pasop om kanola op baie warm dae plat te sny: In sulke gevalle kan
die chlorofil (groen kleur) binne-in die saad vasgevang word, omrede
FOKUS
Kanola
Spesiale
FRANCO LE ROUX,
landboukundige hulpbronbestuurder: Soill
1: Kanola wat geplant is op ‘n diepte van 1 duim (2,5 cm).
Foto: Franco le Roux
2: Goeie saadplasing wat egalige ontkieming tot gevolg het.
Foto: Franco le Roux
1
2