

Product information
29
February 2017
die saad te vinnig uitdroog. Dit kan graadprobleme en finansiële
verliese veroorsaak.
Sterk wind kan rye beskadig en peule laat oopgaan. Probeer om
saam met die heersende windrigting te sny. Sny ook op ‘n egalige
hoogte van sowat 30 cm tot 50 cm plat – indien moontlik. Die rye
sal in die stokke geanker wees. Op sekere platsnyers kan rollers
aangebring word wat die ry liggies in die stokke indruk – wat dit
verder in sterk wind sal anker.
Chemiese rypwording
In sekere dele word kanola direk geoes sonder om dit plat te sny.
‘n Algemene praktyk wat gevolg word, is om die kanola met ‘n
geregistreerde skroeimiddel dood te spuit. Hierdie bespuiting moet
op ongeveer 80% tot 90% saadverkleuring gedoen word.
‘n Groot gedeelte van die kanola wat direk geoes word, word te
groen doodgespuit. Die saadjies is kleiner en weeg minder – wat
groot verliese tot gevolg het. Maak seker dat die kanola op die
regte tyd gespuit word om verliese te voorkom. Die beste is om die
kanola natuurlik te laat ryp word, maar die risiko vir sterk wind wat
die saad sal uitwaai, is dan groot. Indien wind nie ‘n probleem is
nie, word aanbeveel dat die kanola vanself ryp word en net ge-
oes word.
Stroperverliese
Die verliesmonitors van stropers tel nie die kanolasaadjies op nie.
Die beste is om fisies agter die stroper te kyk. Maak gebruik van
bakke wat agter die stroper ingegooi word om te bepaal hoeveel
saad gemors word. Haal die
chopper
of
spinners
af om die verliese
te bepaal.
Faktore wat die mors van kanola kan beïnvloed, sluit in:
Siwwe se verstellings
Grondspoed van stroper
Drom- of rotorspoed
Konkaafopening
Windspoed
Speel rond met die veranderlikes om die optimale verstelling te
verkry en pas dit gereeld aan soos wat die omstandighede ver-
ander. Internasionale norme van tot 50 kg/ha-verliese is aanvaar-
baar, maar daar is al gevalle van tot 700 kg/ha aangeteken.
Daar was al baie gevalle waar bogemelde faktore alles reggestel is
en die stroper steeds mors, dan moet verder ondersoek ingestel
word. Maak seker alle openinge is dig (veral by die
feader house
) en
dat daar nie kanola lek nie.
Die opteller se spoed moet so naby as moontlik aan die grondspoed
van die stroper wees – dit sal verseker dat die windry egalig opgetel
word en ook egalig ingevoer word. Dieselfde geld vir wanneer die
kanola direk geoes word: Maak seker die waaierspoed is dieselfde
as die grondspoed.
Maak seker alle vragmotors en vangwaens is dig. Gebruik seile in
plaas van net om vragte toe te maak op die vragmotor. Ry agter die
eerste vrag en jy sal gou agterkom of daar saad afwaai: Elke bietjie
maak ‘n verskil.
3: ‘n Netjiese kanolary wat
saam met die heersende wind-
rigting gesny is.
Foto: Franco le
Roux
4: Kanolasade wat begin ver-
kleur.
Foto: Franco le Roux
5: Hou by ‘n egalige spoed om
verliese te beperk.
Foto: Franco
le Roux
3
5
4