Background Image
Previous Page  34 / 68 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 68 Next Page
Page Background

FOKUS

Grondbone

Spesiale

32

Nuwe LNR-grondboonkultivars

beskikbaar

O

pbrengs en kwaliteit is altyd oorwegende faktore by die

teel van nuwe kultivars. Baie faktore is betrokke by die

produksie van kwaliteit saad waarvan siekteweerstand,

klimaatsfaktore, plant-, oes- en stoorpraktyke van die be-

langrikste is.

Die verboude grondboon (

Arachis hypogaea

L.) is bekend daarvoor

dat die genepoel klein en die polimorfismes min is. Indien daar

siekte-veroorsakende patogene (swamme, virusse en bakterieë)

voorkom, tesame met vatbare kultivars asook gunstige grond en

klimaatsfaktore, sal grondboonplante kwesbaar wees vir siekte-

ontwikkeling.

Genetiese materiaal uit verskillende grondboongenepoele is ge-

bruik as ouers in die teel van ARC-SelliePLUS en ARC-AkwaPLUS.

Sodoende is daar ‘n wyer genetiese toevoeging tot siekteweer-

stand, opbrengspotensiaal en toleransie vir verskeie klimaatsfaktore.

ARC-SelliePLUS (ZA20156029) en ARC-AkwaPLUS (ZA20156028)

is in die LNR se konvensionele teelprogram ontwikkel. Albei is

regopgroeiers (

bunch

-tipes) met taankleurige ronde pitte en ‘n

± 150 dae groeiseisoen. Beide het potensiaal om goeie opbrengste

en kwaliteit peule en pitte onder droëland, sowel as besproeiing, te

produseer.

Die kultivars toon goeie verdraagsaamheid teenoor vroeë blaar-

vlek (veroorsaak deur

Cerpospora arachidicola

), spatselvlek (beter

bekend as web-

blotch

[veroorsaak deur

Phoma arachidicola

])

en roes (veroorsaak deur

Puccinia arachidis

) en lewer minder ge-

splete pitte.

Die moedersaad is reeds geplant en saad sal

beskikbaar wees vir die 2016-plantseisoen. Kontak

vir Loureine Salomon by

SalomonL@arc.agric.za

vir

verdere inligting.

ALANA PRETORIUS

en

LOUREINE SALOMON,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Figuur 1: Die stamboom van die LNR-grondboonkultivar ARC-SelliePLUS.

Figuur 2: Die stamboom van die LNR-grondboonkultivar ARC-AkwaPLUS.

ARC-SelliePLUS

Sellie

Natal Common

x Namark

SA Juweel

Akwa/Kwarts

x kiemplasmalyn

ARC-AkwaPLUS

Akwa/Kwarts

Sellie x Harts

Kiemplasma

1: ARC-SelliePLUS.

2: ARC-AkwaPLUS.

1

2

Hou die April-uitgawe van

SA Graan/Grain

dop vir ons spesiale

fokus op Graan SA se NAMPO Oesdag.

Belangstellende adverteerders kan vir

Jurgen van Onselen kontak by

082 417 3874 of 021 976 4482.

Albei is regopgroeiers

(

bunch

-tipes) met taankleurige

ronde pitte en ‘n ± 150 dae

groeiseisoen.