OP PLAASVLAK
Geïntegreerde plaagbeheer
– Deel 9
PJ PIETERSE,
Departement Agronomie, Universiteit van Stellenbosch
Gousblom (
Cape marigold
)
WINTERREËNVALSTREEK
Onkruide in die
Reeks
d
aar kom vier
Arctotheca
-spesies in Suid-Afrika voor,
maar
Arctotheca calendula
(gousblom) veroorsaak
ernstige probleme veral in boorde en graanlande in die
Wes-Kaap. Dit is ook ‘n lastige onkruid op grasperke.
Gousblom is ‘n inheemse plant. Dit word deur diere
gevreet – in Australië is gevind dat skape eerstens raaigras, dan
klawers, dan gousblom verkies voordat hulle turknael vreet.
Onder beweiding gee dit dus die onkruide ‘n kompetisievoordeel.
Gedurende die groeiseisoen het gousblom koolhidraat- en rupro-
teïenvlakke wat vergelykbaar is met dié van klawers en raaigras,
maar in die somer verswak die gehalte vinnig.
Dit kan egter ook hoë vlakke van stikstof akkumuleer wat dan
oorsprong gee tot nitraat- en nitrietvergiftiging in perde, varke,
skape en beeste. Dit is besonder gevaarlik nadat die plante met
hormoononkruiddoders, soos 2,4D gespuit is, veral wanneer daar
vroeg in die seisoen in warm weer gespuit is. Dit kan ook ‘n slegte
bysmaak aan melk gee wanneer koeie dit vreet.
Gousblom is ‘n matige mededinger en plant slegs deur middel
van saad voort. In Australië word aanbeveel dat dit regverdigbaar
is om te spuit indien daar meer as 15 gousblomplante per vierkante
meter is as dit saam met die gewas ontkiem het. Indien dit egter die
voor-plantbeheer en plantproses oorleef het, is drie tot vier plante
genoeg om bespuiting te regverdig.
In Wes-Australië het sewe tot 90 plante per vierkante meter, ko-
ringopbrengs met 28% tot 44% verminder. In lupiene is gevind dat
tien plante per vierkante meter, wat ses weke voor-plant ontkiem
het, algehele standverlies veroorsaak het, terwyl dieselfde digtheid
wat saam met die lupiene ontkiem het, geen opbrengsverliese ver-
oorsaak het nie. Indien daar egter 30 gousblomplante per vierkante
meter saam met die lupiene ontkiem het, was die oesverliese 20%.
Gousblom is ‘n eenjarige plant met ‘n kompakte ondergrondse
stingel wat soms bo die grond uitgroei en tot 50 cm hoog kan
word. Stingels het klieragtige grys hare en is fyngeriffeld wanneer
dit teenwoordig is.
Die gesteelde blare word in ‘n roset op die grond gedra en is
onreëlmatig gelob met skerp getande rande; grys, wollerige onder-
kante en is byna haarloos en groen aan die bokante. Indien stingels
teenwoordig is, lyk die blare ook so, maar is sittend en afwisselend
gerangskik en omvat die stingel. Die lig- tot heldergeel blomme is
alleenstaande, eindstandige hofies wat tot 5 cm in deursneë kan
wees en gedra word op bloeistele wat tot 20 cm lank is en met
klieragtige hare bedek is. Die vrugte is dopvrugte wat met digte,
wollerige hare bedek is. Die vrugte is bruin tot perserig, tot 3 mm
lank en 1 mm breed, vlak gerib met vratagtige uitsteeksels. Die
vrugpluis bestaan uit vyf klein, membraanagtige skubbe.
Voorkoms en verspreiding
Gousblom kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, maar dit ver-
oorsaak veral in die winterreënvalstreek groot probleme in win-
gerde, graanlande en weidingslande. In sekere areas in die Vrystaat,
Noordwes Provinsie en KwaZulu-Natal kom dit ook as ‘n onkruid
in landerye voor. Dit het waarskynlik as kontaminant met voer en
verpakkingsmateriaal na Australië versprei in die laat 1880’s en kom
ook nou in die Middellandse See-gebiede voor.
Gousblom plant slegs met saad voort. Die sade is klein en is vlak
ontkiemers. Gousblom het nie vegetatiewe voortplantingsorgane
nie, maar kan baie maklik verplant word onder klam toestande, met
ander woorde as jong plantjies nie heeltemal bo-op die grondopper-
vlak geplaas word deur meganiese bewerking nie, begin dit weer
groei en kan dan erg met nuut ontkiemde gewassaailinge kompeteer.
Die sade kan enige tyd ontkiem, maar daar is ‘n hoogtepunt in
die herfs. Dit is nie baie rustend nie en afhangende van omge-
wingsomstandighede en die ekotipe, ontkiem al die saad in die
daaropvolgende jaar. In sekere gevalle ontkiem slegs 20% van die
saad, maar daar is nog nie gevind dat saad langer as twee jaar kiem-
kragtig bly nie.
Dit groei in meeste grondtipes, maar verkies sanderige tot sand-
leem gronde en ook gronde met hoë P-inhoude. Aanhoudende
swaar beweiding op weidingslande bevoordeel gousblom en dit
help ook mee met grondversuring. In Australië is gevind dat gous-
blom floreer wanneer vroeë reën opgevolg word met ‘n vier- tot
vyfweke-droogteperiode.
Beheer
Chemiese beheer
Die lys van onkruiddoders wat vir gousblom geregistreer is,
wat in die publikasie
A guide for the chemical control of weeds in
South Africa
genoem word, word in
Tabel 1
aangetoon. Daar is ook
‘n paar onkruiddoders en toepassings bygevoeg wat geregistreer
is nadat die gids gepubliseer is asook sommige nie-selektiewe
onkruiddoders wat nie spesifiseer watter onkruidspesies beheer
word nie, maar wat wel effektief teen gousblom is as daar nie
weerstand is nie.
Wetenskaplike naam:
Arctotheca calendula
Afrikaanse naam:
Gousblom
Engelse naam:
Cape marigold
40
Februarie 2015