Background Image
Previous Page  24 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 76 Next Page
Page Background

Februarie 2015

22

‘n Kykie na direkte plant proewe

in Suid-Afrika

N

a aanleiding van die ooreenkoms tussen Graan SA en die

Argentina National Institute of Agricultural Technology

(INTA) en in samewerking met die Argentynse Kamer van

Implement Vervaardigers (CAFMA) en Fundación Cideter

(‘n stigting wat implementnavorsing, -ontwikkeling en -tegniese

ondersteuning aan implementvervaardigers bied) is die derde

reeks proewe in Suid-Afrika aangeplant.

Plaaslike insetverskaffers, naamlik Pannar, Syngenta, MBFI en

Omnia het die direkte insette vir hierdie amptelike proewe goed-

gunstiglik verskaf.

Doel van proewe

Die hoofdoel van die stelselproewe was om die direkte plant (

no-

till

in oesreste) praktyke wat in Argentinië toegepas word, teen

die huidige Suid Afrikaanse praktyke te toets om te sien of dit werk.

Daar is vier amptelike proewe by die volgende lokaliteite aangeplant,

naamlik:

Nigel – wat die koeler oostelike gedeelte van die land ver-

teenwoordig;

Lichtenburg – wat die warmer westelike gedeelte verteenwoordig

(slegs twee jaar);

Odendaalsrus – wat die watertafelgronde verteenwoordig (slegs

twee jaar); en

Settlers – wat die Springbokvlakte en swaar turfgrond ver-

teenwoordig.

Die proewe wat aangeplant is, het ‘n oppervlakte van meer as

10 hektaar per perseel beslaan. Hierdie proewe bestaan uit ‘n

konvensionele gedeelte wat die medewerker se bestaande praktyk

insluit en dan die direkte plant, soos deur die Argentyne voorgestel.

Wisselbougewasse is ook ingesluit en het bestaan uit sonneblom,

sojabone, koring asook permanente aangeplante weiding.

In die direkte plant gedeelte, is ‘n enkelkoppige, enkelstammige

mieliekultivar teen verskillende plantestande aangeplant. Die ry-

wydtes het ook gevarieer en die volgende rywydtes is aangeplant,

naamlik 0,52 m rye, 0,9 m rye, 1,5 m rye asook ‘n 2,4 m ryspasië-

ring. Die sonneblom- en sojaboonaanplantings het verskillende

kultivars met verskillende groeilengtes asook verskillende plante-

stande ingesluit en is ook in 0,52 m en 0,9 m rye aangeplant.

Plantestand

Die plantestand van die mielies in die direkte plant gedeeltes het

vanaf 37 000 tot so hoog as 80 000 gewissel. Dieselfde bemesting-

en onkruiddoderprogram is by alle gewasbehandelings per lokali-

teit toegepas, behalwe in Nigel waar die hoër plantestande, hoër

bemestingpyle ontvang het.

Van die staanspoor af was daar baie verskille tussen die konven-

sionele stelsel en die Argentynse direkte plant stelsels. Die eerste

waarneming was rondom die grondversteuring. Die Argentynse

planters het merkbaar minder versteuring van die grond veroorsaak.

Tog het die turbo-kouters die grond genoeg versteur sodat die

saad op die regte diepte in die grond geplaas kon word. Wat

verder opvallend was, is hoe gelyk die land was nadat dit met die

Argentynse planters geplant is.

Ook was dit opvallend om te sien hoe gelyk die gewasse opgekom

het wat met die Argentynse planters geplant is en dat die inter-

plantspasiëring presies was. By die meerderheid van die proewe

was die direkte plant mielies op dag agt reeds 97% op en vergelyk

dit met die konvensionele stelsel waar dit tot elf dae geneem het

om 95% stand te kry.

Onkruidbeheer

Die hoë plantestand met die nouer rye was onkruid se moses. Die

oorskadu-effek was net te groot en die laat ontkiemende onkruide

het die wind van voor gekry. Tog was dit ook opmerklik hoeveel

meer onkruide daar in die bewerkte gedeeltes opgekom het, ongeag

of die onkruiddoder toegedien is.

OP PLAASVLAK

Direkte plant praktyke / Argentinië / Suid-Afrikaanse praktyke

Bewaringslandbou

– ‘n oorsig oor drie jaar

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

1