Background Image
Previous Page  25 / 76 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 76 Next Page
Page Background

23

February 2015

In sommige plekke is uintjies ‘n groot probleem wat meer aandag

sal vereis. Daar is by verskeie proewe gesien dat winteronkruid

hierdie hoë plantestand mielies tot hulle voordeel gebruik. Daar

moenie te lank gewag word voor daar gestroop word nie en die

winteronkruide moet baie goed beheer word – veral as hulle nog

baie klein is.

Die effek van wisselbou het ook uitgestaan en die mielieopbrengste

op die gedeeltes wat met sojabone gewissel is, was soos verwag

is, beter. Die effek van grondbedekking kon ook waargeneem word.

‘n Foto wat uit die lug geneem is, toon duidelik hoe die gewasse

verskil waar daar bedekking was en nie was nie. Dié waarneming

is op Nigel gemaak waar die proefperseel totaal afgebrand het na-

dat ‘n brand ontstaan het.

Groei en wortelontwikkeling

Wat die groei van die gewasse betref, is daar ook duidelike ver-

skille waargeneem. Die gewasse wat in die direkte plant gedeel-

tes geplant is, het heelwat stadiger as die konvensionele gewasse

gegroei. Tydens stroop was daar egter geen verskille tussen die

stelsels nie.

Tydens die wortelondersoeke was daar ook opvallende verskille

tussen die stelsels. Die konvensionele stelsels se wortelversprei-

ding was oor die algemeen dieper as die direkte plant stelsels. Daar

was opmerklik ‘n groter konsentrasie van wortels in die boonste

vrugbare gedeeltes van die grond by die direkte plant as by die

konvensionele stelsels.

Tog is daar nêrens ‘n paradys sonder ‘n slang nie en hier het ons

ook ‘n hele paar interessante waarnemings gemaak. Waar die grond

te nat was tydens plant en veral waar die oesreste baie dik was,

het die planters se planterkouters die grond gesmeer en geen wor-

tel het deur hierdie laag beweeg nie. Die gevolg was baie klein

plante net langs groot plante.

‘n Ander interessante waarneming is met die wortelontledings van

veral sojabone en sonneblom gemaak. Indien die verandering in

die grond van sagte na stywe grond te vinnig was, het die wortels

presies op hierdie veranderings in die grond gedraai. Dieselfde

waarnemings is ook in ander stelsels en proewe waargeneem.

1: Dit is opvallend hoe min grond die Argentynse direkte plant planters

versteur. Die gedeelte regs is met die Argentynse direkte plant planter

geplant.

2: Die nie-tydige beheer van onkruid het hierdie toestand tot gevolg.

Maak veral seker om uintjies vroegtydig te beheer.

2