Background Image
Previous Page  26 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 26 / 44 Next Page
Page Background

Daar is verskeie alternatiewe wat produsente kan oorweeg,

wat redelik-akkurate aanduidings gee van hoe die gewasse met

mekaar kan vergelyk. ‘n Praktiese voorbeeld van maatstawwe wat

produsente kan toepas om hul in die berekeninge en besluitne-

ming te ondersteun, word vervolgens bespreek.

‘n Praktiese voorbeeld

Gestel die produsent boer in ‘n omgewing waar hy hoofsaaklik

mielies verbou en dat dit sy hoofgewas is, maar die produksie

van sonneblomsaad en sojabone pas ook gemaklik by sy plaas

se strukture in – en hy kan dit gemaklik aanplant sonder om groot

aanpassings aan sy boerderystrukture te maak.

Die produsent moet dan verskeie besluite neem om vas te stel

teen watter vlakke dit die moeite werd sal wees om sy risiko tussen

die verskillende gewasse en deur middel van diversifikasie van die

drie alternatiewe, te versprei.

Tabel 1

tot

Tabel 3

(op bladsy 23) toon die sensitiwiteitsanalise

van mielies, sojabone en sonneblomsaad onderskeidelik, wat aan-

dui waar die gelykbreekprysvlakke vir die produksie van die ver-

skillende gewasse teen die gemiddelde opbrengs van die gewas is.

Uit die tabelle is dit duidelik dat die gelykbreek Safex-prys van

mielies, sojabone en sonneblomsaad R2 616/ton, R4 867/ton en

R4 469/ton onderskeidelik is.

Tabel 4

illustreer die prysverwantskappe tussen hierdie drie gewasse

en dit is duidelik uit Tabel 4 dat, gegewe die boonste inligting, die

prysverhouding tussen sojabone en mielies ongeveer 1,86 is en die

prysverhouding tussen sonneblomsaad en mielies 1,71 is.

Dit beteken dat die pryse van sojabone en sonneblomme

onderskeidelik 1,86 en 1,71 keer hoër as die mielieprys moet

wees om dit vir die produsent te regverdig om eerder meer van

hierdie gewasse as mielies teen gemiddelde opbrengste aan

te plant.

Die produsent moet dan gaan vasstel wat die huidige prysver-

wantskap tussen die verskillende gewasse wat hy wil produseer, is

en wat is die verwagtinge vir die prysbewegings – wat ‘n impak op

die prysverhoudings en dus die winsgewendheid van die verskil-

lende gewasse sal hê.

Deur hierdie faktore in perspektief te plaas, kan die produsent

vasstel wat sy moontlike prysrisiko is en wat die impak op die

winsgewendheid kan wees sou hy die alternatiewe gewasse

oorweeg.

Ten slotte

Diversifikasie strek aansienlik verder as slegs die aanplant van

verskillende gewasse. Aspekte soos lewendehawevertakkings

komplimenteer gewasproduksie ook in die meeste gevalle betrek-

lik goed, aangesien die lewendehawe- en die mielieprys in die

meeste gevalle onder normale omstandighede redelik negatief met

mekaar gekorreleer is.

Produsente kan ook ander tipe beleggings vir diversifikasie-

doeleindes oorweeg. Dit is egter belangrik om te onthou dat

risikobeperking die grootste rede vir diversifikasie is en produ-

sente moet besluite daarvolgens neem.

Diversifikasie moet egter nie van so ‘n aard wees dat dit juis dié

faktor is wat die risiko in die boerdery laat toeneem nie.

OP PLAASVLAK

Bestuur risiko deur diversiϐikasie

GEWAS

GEMIDDELDE GELYKBREEK

SAFEX-PRYS

SOJABOON/MIELIE-

VERWANTSKAP

SONNEBLOMSAAD/MIELIE-

VERWANTSKAP

Mielies

R2 616

1,86

1,71

Sojabone

R4 867

Sonneblomsaad

R4 469

TABEL 4: PRYSVERWANTSKAPPE TUSSEN DIE VERSKILLENDE GEWASSE.

Graan SA/Sasol fotokompetisie