Background Image
Previous Page  22 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 22 / 44 Next Page
Page Background

CORNÉ LOUW,

senior ekonoom, Graan SA

INSET

-oorsig

OP PLAASVLAK

Belangrike ekonomiese aanwysers

en insetprystendense van 2017

i

n 2017 het die wisselkoers weer

eens wipplank gery en omdat dit

plaaslike pryse op ‘n daaglikse basis

beïnvloed, het dit besluitneming

ten opsigte van insetaankope asook

graanbemarking, ‘n groot uitdaging

gemaak.

Die wisselkoers het sedert Oktober verlede

jaar tot Oktober vanjaar tussen ‘n sterkste

vlak van R12,40 en ‘n swakste vlak van

R14,47, gewissel. Die ruolieprys het ook in

September en Oktober vanjaar begin kop

optel – wat plaaslike brandstofpryse laat

klim het.

Tabel 1

illustreer die prysbewe-

gings van die belangrikste ekonomiese- en

insetprysaanwysers in 2017.

Produksieprysindeks

Die produksieprysindeks (PPI) toon die

prysstygings van goedere en dienste op

die groothandel- of vervaardigingsvlak in

die ekonomie. Op ‘n jaargrondslag het die

PPI tot September vanjaar met 5,2% gestyg.

Die PPI vir landbou het jaar-op-jaar met

2% toegeneem, terwyl die PPI vir graan-

produkte met 13,7% gedaal het.

Verbruikersprysindeks

Die amptelike inflasiekoers word op die

basis van veranderings in die verbruikers-

prysindeks (VPI) bereken en dui koste-

veranderings op die kleinhandels- of

verbruikersvlak aan. Die inflasiekoers het

in September vanjaar op ‘n jaargrondslag

met 5,1% gestyg. Voedselinflasie het oor

dieselfde periode met 5,4% gestyg. In

hierdie mandjie van voedsel het brood en

grane met 2,8% gedaal, terwyl vleis met

15,6% gestyg het. Olies en vette het met

3,3% gedaal, terwyl groente en vrugte

oor dieselfde tydperk met 4,4% en 0,5%

onderskeidelik afgeneem het.

Wisselkoerse

In Tabel 1 word ‘n verstewiging in die waar-

de van die rand teenoor ander geldeen-

hede as ‘n positiewe verandering aange-

dui, terwyl ‘n verswakking as ‘n negatiewe

persentasieverandering aangetoon word.

Die rand het op ‘n jaargrondslag tot Okto-

ber vanjaar met 1,7% teenoor die dollar

versterk, terwyl die rand met 5,4% en 5%

teenoor die pond en die euro onderskeidelik,

verswak het.

Rentekoerse

Op ‘n jaargrondslag tot Oktober vanjaar het

die Reserwebank die bankkoers met 25 ba-

sispunte of 0,25 persentasiepunte na 6,75%

verlaag. Handelsbanke het die prima uit-

leenkoers ook met 0,25 basispunte na

10,25% verlaag.

Internasionale ruoliepryse

Die gemiddelde Brent-ruolieprys het van-

af Oktober verlede jaar tot Oktober vanjaar

met 12,2% – vanaf $51,40 per vat na

$57,68 per vat – toegeneem.

In randterme het die ruolieprys op ‘n jaar-

grondslag tot en met Oktober vanjaar met

10,4% tot R790 per vat gestyg.

Brandstofpryse

Die plaaslike groothandelprys van diesel

in Gauteng het met 13,1% vanaf R10,72/

liter in Oktober verlede jaar tot R12,13/liter

in Oktober vanjaar gestyg. Die werklike

brandstofkoste het in Oktober slegs 49,5%

van die finale groothandelsprys van diesel

uitgemaak. Dit wil sê 50,5% is opgemaak

deur heffings en belasting.

Oor ‘n jaartydperk het die gelande koste

van diesel met 18,8% gestyg, terwyl belas-

ting met 11,1% toegeneem het en die groot-

handelsmarge met 4,6% gestyg het.

Die dieselkorting is tans 283 c/liter, terwyl

dit 262 c/liter verlede jaar was. Die diesel-

korting bestaan uit die 163 c/liter van die

Padongeluksfondsheffing en 120 c/liter van

die belastingskomponent.

Internasionale kunsmis-

pryse

Alle internasionale pryse van kunsmis-

grondstowwe het vanaf Oktober verlede

jaar tot Oktober vanjaar toegeneem. Dit is

veral die pryse van stikstof wat skerp gestyg

het. Die pryse van DAP, ureum, ammoniak

en kaliumchloried het met 4,5%, 30,2%,

63% en 8,3% onderskeidelik gestyg.

Plaaslike kunsmispryse

Omdat Suid-Afrika meer as 80% van sy

behoefte aan kunsmis moet invoer, is plaas-

like kunsmispryse blootgestel aan dieselfde

faktore as in die internasionale mark.

Die gemiddelde pryse van ureum, KAN

en kaliumchloried het oor ‘n periode van

‘n jaar tot en met Oktober vanjaar met

8,9%, 3,5%, 0,1% onderskeidelik gestyg.

Die prys van MAP het oor dieselfde tydperk

met 6,7% gedaal.

Saadpryse

Saad maak ongeveer 12% van ‘n graan- en

oliesadeprodusent se lopende produksie-

kosterekening uit. Vir die 2017/2018-produk-

sieseisoen het mieliesaad met gemiddeld

9,1%, graansorghumsaad met 7,8%, sonne-

blomsaad met 4% en sojaboonsaad met

4,5% gestyg.

Trekkerpryse

In Oktober vanjaar was die pryse van trek-

kers 3,6% laer as die oorstemmende tydperk

twaalf maande gelede.

Trekkerverkope

Vir 2017 het trekkerverkope tot en met

Oktober met 6,5% in vergelyking met

dieselfde periode in 2016, gestyg. Verlede

jaar is 5 053 eenhede in hierdie tien maan-

de-tydperk verkoop, terwyl trekkerverkope

vir 2017 op 5 379 eenhede staan.

Desember 2017

20