Background Image
Previous Page  27 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 27 / 44 Next Page
Page Background

Agamax bewys weer sy potensiaal

in moeilike klimaatstoestande

A

gricol, ‘n toonaangewende saadmaat-

skappy, beskik oor ‘n uitstekende

kanolapakket wat konvensionele en tria-

sienkultivars bevat. Die pakket bestaan

uit die volgende konvensionele kultivars:

Agamax, Diamond, Garnet en Tango, asook

die TT-kultivar Atomic.

Die konvensionele kultivar, Agamax, het

homself weer eens bewys as een van die

mees bestendige kultivars wat droog-

teverdraagsaamheid betref. Volgens navor-

sing deur die Departement Biotegnologie

van die Universiteit Wes-Kaap, is bevind

dat Agamax verhoogde vlakke van die

ensiem Superoksied-dismutasie vergeleke

met ander kultivars bevat. Dit verklaar

waarom Agamax – veral in moeilike pro-

duksietoestande– uitstaan en waarom dit

die voorkeur kultivar moet wees om risiko’s

te bekamp.

Terugvoer vanaf verskeie

Suid-Kaapprodusente

GVA Boerdery op Enon

Mnr Abri de Wet van GVA Boerdery op

Enon (Greyton) is die derde generasie pro-

dusent op ongeveer 3 500 ha, waarvan

twee derdes vir saai en ‘n derde vir weiding

aangewend word.

Vanjaar is ongeveer 480 ha kanola gevestig

en die balans was koring, gars, hawer en

lupiene. Wisselbou is toegepas deur koring

en gars te plant met opvolgopsies soos

kanola, soetlupiene (Mandelup en Lila B) of

hawer (Dunnart).

Die lusern/hawer-weiding en medic-meng-

sels vorm deel van die weidingskomponent.

480 ha kanola is geplant, wat uit 120 ha

elk Agamax en Atomic TT onderskeidelik,

bestaan het. Agamax word sedert 2013

gevestig en is op 18 April vanjaar geplant

teen 3,5 kg/ha. As gevolg van beskikbare

reënval was die opkomsdatum eers begin

Junie.

Grondvoorbereiding, spuit van voorop-

komsonkruiddoder, beheer van grondin-

sekte en opvolg daarvan is van kardinale

belang.

Toediening van spoorelemente, asook

voorkomende beheer van Sclerotinia, asook

ruitrugmot en bolwurm het bygedra tot die

suksesverhaal.

Algemene waarnemings

Agamax en Atomic TT het ongeveer

25% beter presteer gemeet teen enige

van die ander kultivars. Agamax se

opbrengs, met 172 mm reënval gedu-

rende die groeiseisoen, was 2,1 t/ha en

Atomic TT 1,8 t/ha.

Agamax en Atomic TT het die droogte-

toestande beter deurstaan.

Agricol kultivars se peule het aansienlik

dikker vertoon. Dié twee kultivars kan

definitief aanbeveel word en sal weer

deel vorm van De Wet se pakket.

Agridwala naby Napier

Agridwala, ‘n 100% bemagtigingsmaat-

skappy naby Napier, het ook uitstekende

resultate met Agamax behaal, met ‘n op-

brengs van 2,1 t/ha. Die Agamax is op

17 April teen 3,7 kg/ha geplant. Die norma-

le gras- en swamdoders is toegedien en

bolwurm/ruitrugmot is beheer.

Algemene waarnemings

Alhoewel die aanplanting in droë grond

gedoen is, het Agamax steeds vinnige

groeikragtigheid getoon. 188 mm reënval

in totaal is aangeteken. Agridwala sal

Agamax definitief vir medeprodusente aan-

beveel.

Willie Bester van Tweedam

op Klipdale

Die Besters het ‘n opbrengs van 1,9 t/ha met

Agamax behaal, met 193 mm reën. In die-

selfde area het ‘n medeprodusent 2,67 t/ha

met Agamax gemiddeld gestroop.

Terugvoer vanaf ‘n Wes-

Kaapse produsent

Nicolaas de Villiers van

Porterville

Mnr Nicolaas de Villiers (Koringkraal)

van die Porterville-distrik het 100 ha elk

Agamax en Tango gevestig. Die afgelope

seisoen is gekenmerk deur ‘n knellende

droogte. De Villiers noem dat die bestendig-

heid van Agamax hom in die afgelope jare

telkemale beïndruk het.

Planttyd is jaarliks vanaf 15 April teen

2 kg/ha. Die normale gras- en swamdoders

is toegedien en bolwurm is beheer.

Algemene waarnemings

160 mm reën is aangeteken.

De Villiers is baie tevrede met Agamax

se opbrengs die afgelope paar seisoene.

Hy beveel die aanplant van Agamax in ‘n

kanolapakket sterk aan en het reeds sy

Agamax-bestelling vir die komende jaar

bevestig.

25

December 2017

PROMOSIE-ARTIKEL

JAN BOTES,

verkopebestuurder: Swellendam, Agricol

1

2

1: Agamax en Atomic TT het ongeveer 25%

beter presteer gemeet teen enige van die

ander kultivars wat Abri de Wet (links)

geplant het. By hom is Jan Botes van Agricol.

2: 'n Agamax aanplanting in die Wes-Kaap.

Die foto is op 18 Augustus vanjaar geneem.