Background Image
Previous Page  21 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 21 / 44 Next Page
Page Background

19

December 2017

In die sojaboonscenario’s is die perssyfer

as die balanserende syfer vir die seisoen

gebruik om aan te dui hoeveel sojabone

gepers sal moet word indien die onderskeie

produksieskattings vir die seisoen sou

realiseer. Dit is duidelik dat indien die

sojaboonopbrengs vir die seisoen aan die

ondergemiddelde tot gemiddelde kant is,

die jaarlikse verwerking gemiddeld tot net

bogemiddeld moet wees om te verhoed dat

daar groot oordragvoorraad aan die einde

van die 2018/2019-bemarkingseisoen is.

Indien daar weer vanjaar, soos verlede

jaar, rekordopbrengste verkry word, is

dit duidelik dat die hoeveelheid sojabone

wat vir olie en oliekoek gepers word, kan

toeneem tot en met 1,5 miljoen ton vir die

seisoen – wat haalbaar is met die huidige

beskikbare perskapasiteit.

Tabel 3 toon die moontlike vraag-en-aan-

bodscenario’s van sonneblomsaad vir die

2018/2019-seisoen. Uit Tabel 3 is dit duide-

lik dat indien die sonneblomopbrengs in

die 2018/2019-seisoen ondergemiddeld tot

gemiddeld sal wees, die voorrade tot ‘n

groot mate teen gemiddelde (760 000 ton)

tot effens bogemiddelde verwerkingsvlakke

weggewerk sal kan word.

Indien die opbrengs rekordvlakke bereik

(scenario 3), sal die hoeveelheid sonne-

blom wat in die 2018/2019-seisoen ge-

pers moet word, moet toeneem tot

850 000 ton – wat min of meer die boonste

vlak van hoeveelheid verwerk in die land

verteenwoordig.

Die verbruik van sonneblomoliekoek in die

land is aansienlik meer beperk as dié van

sojabone en daarom is die hoeveelheid

sonneblomsaad wat gepers word vir olie

en oliekoek redelik beperk tot ‘n maksimum

van 850 000 ton. Dit is egter nie te sê daar

kan nie meer as dit gepers word nie, maar

dit verteenwoordig die vlak waar die mark

min of meer versadig met sonneblom-

oliekoek behoort te wees.

Ten slotte

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat

die berekeninge wat gedoen is, gegewe

die huidige voorneme om te plant vir die

2018/2019-seisoen en dat die werklike syfers

steeds kan verander met die vordering van

die seisoen en veranderinge in die werklike

aanplantings.

Die scenario’s is wel ‘n goeie aanduiding

van wat moontlik in die mark vir die

komende seisoen verwag kan word en

daarom moet produsente gebruik maak van

die inligting om hul te ondersteun in hul

besluitnemingsprosesse vir die komende

seisoen.

In kort toon die syfers dat indien die

opbrengste gemiddeld tot bogemiddeld

vir die seisoen sal wees daar steeds groot

uitvoerbare surplusse van mielies sal wees

in die 2018/2019-seisoen terwyl onder ge-

middelde opbrengste die mark nader aan ‘n

balans kan bring, met ‘n kleiner uitvoerbare

surplus.

Vir die oliesade sal gemiddeld tot boge-

middelde opbrengste tot groter voorraad-

vlakke lei en sal die verwerkings veral in

die sojaboonmark teen ‘n vinniger tempo

moet plaasvind as die huidige seisoen,

terwyl die gemiddelde verwerkingstempo

voldoende sal wees om die plaaslike

voorrade te verwerk indien onder gemid-

delde opbrengste realiseer.

Vrywaring

Sover moontlik is alles gedoen om die akkuraatheid van hierdie inligting te verseker. Graan SA aanvaar egter geen

verantwoordelikheid vir enige skade of verliese wat gely word as gevolg van die gebruik van hierdie inligting nie.

2018/2019

2018/2019

2018/2019

SCENARIO 1 SCENARIO 2 SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

2 470

2 470

2 470

**Opbrengs (t/ha)

3,73

4,72

6,42

***Produksie (x 1 000 ton)

9 208

11 655

15 863

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

4 350

4 350

4 350

Totale aanbod

13 031

15 435

19 542

Totale vraag

10 293

10 293

10 293

Eindvoorraad

2 738

5 142

9 249

Pyplynbenodighede (1,5 maande)

1 287

1 287

1 287

Uitvoerbare surplus

1 451

3 855

7 962

*Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

**Opbrengste is aannames

***Produksie is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant maal met die opbrengs

TABEL 1: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN MIELIES VIR DIE 2018/2019-SEISOEN,

GEGEWE DIE HUIDIGE VOORNEME OM TE PLANT.

2018/2019

2018/2019

2018/2019

SCENARIO 1 SCENARIO 2 SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

720

720

720

**Opbrengs (t/ha)

1,48

1,75

2,3

***Produksie (x 1 000 ton)

1 066

1 260

1 649

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

324

324

324

Totale aanbod

1 360

1 550

1 950

Totale vraag

1 158

1 308

1 654

Gepers (olie en oliekoek)

950

1 150

1 500

Eindvoorraad

202

242

296

Pyplynbenodighede (1,5 maande)

145

164

207

Surplus bo pyplyn

57

79

89

*Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

**Opbrengste is aannames

***Produksie is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant maal met die opbrengs

TABEL 2: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN SOJABONE VIR DIE 2018/2019-SEISOEN,

GEGEWE DIE HUIDIGE VOORNEME OM TE PLANT.

2018/2019

2018/2019

2018/2019

SCENARIO 1 SCENARIO 2 SCENARIO 3

*Oppervlakte (x 1 000 ha)

665,5

665,5

665,5

**Opbrengs (t/ha)

1,10

1,20

1,4

***Produksie (x 1 000 ton)

732

799

932

(‘000 ton)

(‘000 ton)

(‘000 ton)

Beginvoorraad

221

221

221

Totale aanbod

923

990

1 116

Totale vraag

776

816

866

Gepers (olie en oliekoek)

760

800

850

Eindvoorraad

147

174

250

Pyplynbenodighede (1,5 maande)

97

102

108

Surplus bo pyplyn

50

72

142

*Oppervlakte is die huidige voorneme om te plant

**Opbrengste is aannames

***Produksie is moontlikhede, gegewe die oppervlakte aangeplant maal met die opbrengs

TABEL 3: VRAAG-EN-AANBODSCENARIO’S VAN SONNEBLOMSAAD VIR DIE 2018/2019-

SEISOEN, GEGEWE DIE HUIDIGE VOORNEME OM TE PLANT.