Background Image
Previous Page  28 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 28 / 44 Next Page
Page Background

Desember 2017

26

Presisie-beginsels én presiese

produsente verhoog winste

G

rondsoorte en gronddieptes in lande en oor plase kan

uitermate verskil. Die gevolg van verskille soos hierdie in

die hulpbronne is dat die opbrengsmikpunte ook drama-

ties kan varieer.

Die verskillende opbrengspotensiale behoort die basis van pre-

sisieboerdery te wees en die norm waarteen die opbrengste ge-

meet moet word. Die voordele van presisieboerdery word by

herhaling aan produsente oorgedra, maar om hierdie voordele

te meet, is nie so maklik nie omdat die belangrikste element van

presisieboerdery steeds nie in aanmerking geneem word nie.

Met presisieboerdery kom die toediening van kalk of kunsmis vol-

gens ‘n grondkaart of verwagte opbrengskaart eerste by ‘n mens

op, maar in praktyk is daar heelwat ander vlakke waar presisie-

boerdery ‘n groot bydrae kan maak en daarom in plek moet wees.

Soms is dit die klein dingetjies wat ‘n groot verskil in die opbrengste

kan maak.

‘n Groot aantal produsente gebruik nieteenstaande dié feit en teg-

nologie nog steeds gemiddelde plaas- of landopbrengste vir die

bepaling van bemestingtoedieningspeile. Slegs een toedienings-

peil wat algeheel gebruik word, kan tot oor- of onderbemesting lei.

Bemesting en bekalking

Presisieboerderypraktyke maak dit moontlik om bemesting volgens

die grond se potensiaal toe te dien en sodoende word elke gedeelte

vir optimale produksie bestuur. In praktyk sal dieselfde hoeveelheid

bemesting – of dalk ‘n bietjie meer – op ‘n land toegedien word,

maar die verspreiding daarvan sal dramaties verskil en die produksie

van die land sal geoptimaliseer word.

Met bekalking kan ‘n presisie-ontleding dalk die soort en hoeveel-

heid kalk benodig, dramaties laat verskil van die gemiddelde

hoeveelheid benodig. Ten opsigte van presisieboerdery sal die

totale hoeveelheid geld wat aan bemesting gespandeer word nie

dramaties verskil nie, maar die opbrengste van die gewasse behoort

dramaties te styg – met die gevolg dat die winsgewendheid van

die land dramaties sal verhoog.

Uit berekeninge wat gedoen is deur ‘n 100 ha-plaas volgens die

gemiddelde opbrengste te bestuur en die resultate met dieselfde

plaas waar presisieboerdery toegepas is te vergelyk, het die inkom-

ste met 8% verhoog en die koste met 4% gestyg, maar die wins het

met amper 14% toegeneem. Hierdie verhoging is sekerlik genoeg

om die meeste van die nuwe tegnologie benodig, te finansier?

Bemesting is een van die aspekte van presisieboerdery, maar die

plasing van die pitte deur die planter speel net so ‘n groot rol om

die opbrengste te maksimaliseer. Konstante interplantspasiëring

is ‘n aspek wat té maklik oor die hoof gesien word en is ‘n stille

winsdief.

Planter

Vir ‘n mielie om optimaal te produseer, moet die plante presies

ewe ver uit mekaar geplant word. Waar die plantestand in die ry

hoog begin raak, is hierdie aspek des te meer krities. Na aanleiding

van ‘n statistiese proef op Bothaville in die 2016/2017-produksie-

jaar, waar die konstante en korrekte plantestand (30 000 plante

per hektaar of 25 cm in die ry) met ‘n variasie in die plantestand

(30 000 plante per hektaar met nie-konstante spasiëring) en ‘n laer

plantestand (25 000 of 30 cm in die ry) vergelyk is, is die volgende

opbrengsverskille verkry.

In

Foto 1

word die koppe wat in die presies-geplante gedeelte

(30 000 met 25 cm-interplantspasiëring) oor ‘n 2 m-strook geoes

is, getoon. Let op hoe eenvormig die koppe is – en die gemiddelde

gewig is 218 g per kop!

In

Foto 2

word dieselfde plantestand (30 000) met ‘n interplant-

spasiëring wat wissel, getoon. Let op hoeveel die koppe van mekaar

verskil. Die gemiddelde gewig is 197 g per kop.

OP PLAASVLAK

Presisieboerdery / Effektiwiteit / Winsgewendheid

Bestuurspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Koppe van die 30 000 korrek-gespasieerde behandeling wat oor 2 m geoes

is. Die gemiddelde gewig van die koppe was 218,05 g en die opbrengs was

7,58 t/ha.

2: Koppe van die 30 000 swak-gespasieerde behandeling wat oor 2 m geoes

is. Die gemiddelde gewig van die koppe was 197,54 g en die opbrengs was

6,89 t/ha.

1

2