Background Image
Previous Page  29 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 44 Next Page
Page Background

Cerealis Precision

(018) 632 0362

John Deere | Massey Ferguson | Apache | Equalizer | DB Xtreme | Case IH | Tatu | Jumill | Monosem

AVAILABLE FOR THESE PLANTERS

Foto 3

toon die koppe wat oor ‘n 2 m-afstand geoes is. Hier is

die plantestand 25 000 en die interplantspasiëring is 30 cm. Die

gemiddelde gewig was in hierdie geval 219 g per kop.

Die gevolg van hierdie kopgewigte en plantestand is dat die

opbrengste tussen die behandelings dramaties verskil het. Waar

die stand korrek geplant en 30 000 plante per hektaar was, is die

marge bo saadkoste op R13 961,82/ha bereken. Dit is R1 380,55

(10,02%) meer as waar die spasiëring nie reg was nie en R1 518,05

(11,29%) meer as waar die stand per hektaar laer was.

Hierdie proef toon net weer eens dat die plasing van pitte krities

is. Maak seker dat die planter se saaduitmeetmeganismes korrek is

en dat die saad reg geplaas is. Indien moontlik, maak ook seker dat

die toetrapwiele reggestel is om te verseker dat die saad gelyktydig

opkom om sodoende die opbrengste des te beter te maak.

Presisieboerdery sluit ook die regte gebruik van saad in. Nie

alle kultivars sal ewe goed op alle grondpotensiale presteer nie.

Sommige kultivars sal beter op die hoëpotensiaalgronde presteer,

terwyl ander weer beter op die laerpotensiaalgronde sal vaar.

Dit is belangrik dat produsente die kultivars volgens hul

potensiaalwaardes soos in die

Mielie Inligtingsgids

van die LNR-

Graangewasse gepubliseer, sal beoordeel. Hier is die opbrengs-

waarskynlikheidwaardes uiters belangrik om produsente in hul

besluit te ondersteun.

Daar is reeds planters wat toegerus is om hierdie variasie in

kultivars te kan hanteer. Uit navorsing wat in Amerika gedoen is,

wil dit voorkom of daar tog iets in hierdie praktyk steek. Volgens

onafhanklike proewe wat deur die navorsingsmaatskappy Beck’s

gedoen is, is daar verseker ‘n opbrengsverhoging as meer as

een kultivar op ‘n land geplant word. Daar behoort nog heelwat

navorsing gedoen te word om die kultivars beter te kan kies en die

aanwending van die kultivars beter te beskryf.

Onkruidbeheer

Deur te spaar op onkruiddoder kan die winsgewendheid van

enige stelsel verhoog word – mits die effektiwiteit van die middel

nie in gedrang gebring word en dit onkruiddoderweerstandig-

heid aanhelp nie.

Presisietoerusting wat die spuit aktiveer om net groen plante te

spuit, is al ‘n geruime tyd beskikbaar. Daar is verskeie instansies

wat toerusting bemark wat net groen onkruid met die regte dosis

kan bespuit en nie spuit as daar nie groen plante is nie.

Dit is ‘n groot uitdaging om die koste-effektiwiteit van hierdie

toerusting te bepaal. Die hoeveelheid onkruid wat gespuit moet

word, sal die koste bepaal, maar as die saak logies beredeneer word,

moet daar oor tyd ‘n groot besparing realiseer.

3: Koppe van die 25 000

korrek-gespasieerde

behandeling wat oor

2 m geoes is. Die ge-

middelde gewig van

die koppe was 219,07 g

en die opbrengs was

6,72 t/ha.

3