Background Image
Previous Page  24 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 24 / 44 Next Page
Page Background

OP PLAASVLAK

Bemarking

– Deel 6

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

in ‘n neutedop

PRYSRISIKOBESTUUR

Reeks

d

eel 6 van die reeks rakende die voorseisoenbemarking

en verskansing handel oor diversifikasie vir risiko-

bestuursdoeleindes. Die voorafgaande gedeeltes van

die reeks het die verskeie aspekte wat in gedagte

gehou moet word wanneer verskansing en bemarking

oorweeg word, aangespreek.

Dit sluit aspekte soos die werking van die markstrukture, risiko’s om

te oorweeg, alternatiewe wat oorweeg kan word, asook die gebruik

van Safex-termyn en -opsiekontrakte in. Die gebruik van Safex-

instrumente vir prysrisikobestuursdoeleindes is een aspek wat met

groot sukses vir verskansingsdoeleindes aangewend kan word,

maar produsente moet ook die waarde van diversifikasie in gedagte

hou – om sodoende risiko te bestuur en beter winsgewendheid

te verseker.

Wat is diversifikasie?

In die finansiële omgewing word diversifikasie as ‘n risikobestuurs-

tegniek beskou wat gebruik maak van ‘n verskeidenheid finansiële

instrumente, industrieë of kategorieë ten einde die risiko van die

belegging sover moontlik te beperk.

Die doel daarvan is om die opbrengs van die belegging te mak-

simaliseer terwyl die risiko van die belegging geminimaliseer word.

Alhoewel dit duidelik is dat diversifikasie nie as ‘n waarborg teen

verliese of risiko kan dien nie, is dit steeds noodsaaklik om sover

moontlik te diversifiseer en die risiko oor ‘n wyer reeks aspekte te

versprei, eerder as om al die risiko in een bedryfstak te dra.

In die landboubedryf sal die diversifikasie verwys na produksie

van verskillende gewasse soos byvoorbeeld mielies, sojabone en

sonneblomsaad, asook die gebruik van verskillende bedryfstakke

wat in meeste gevalle graanproduksie en/of ‘n veevertakking insluit.

Aspekte soos vertikale integrasie kan ook as ‘n vorm van diversi-

fikasie dien, omdat die risiko van die besigheid oor ‘n wyer reeks van

faktore versprei word.

Diversifikasie as risikoverspreidings-

meganisme in gewasproduksie

Diversifikasie in die gewasproduksiestelsels sal hoofsaaklik die

produksie van verskillende gewasse insluit. In die somergraanpro-

duserende gebiede is die hoofkontantgewasse wat verbou word

mielies, sojabone en sonneblomsaad. Daar is ook minder promi-

nente gewasse soos sorghum en grondbone wat met groot sukses

verbou word.

In die wintergraanstreke is die hoofkontantgewasse wat verbou

word koring, gars en kanola. Hierdie gewasse ding in meeste gevalle

met mekaar mee in terme van die oppervlakte wat aangeplant

moet word, maar vul mekaar ook uitstekend aan in terme van

wisselboustelsels.

Die prysstrukture van hierdie gewasse kan ook interafhanklik wees

en mekaar van tyd tot tyd beïnvloed, maar die meeste van die tyd

het hierdie gewasse elk sy eie stel onafhanklike fundamentele

faktore wat die prysbewegings beïnvloed.

Dit maak dit gunstig in die oorwegings wat verband hou met

diversifisering of risikobestuur. Die produksie van die verskillende

gewasse sal die risiko vir die produsent oor ‘n wyer reeks faktore

versprei en kan derhalwe ook as ‘n verskansingstrategie beskou

word.

Soos reeds genoem verseker diversifikasie egter nie die beperking

van risiko’s nie en is daar steeds faktore waarop die produsente

moet let wanneer hulle hierdie besluite neem.

Aspekte om te oorweeg wanneer

diversifikasiebesluite geneem word

Die verskillende tipes risiko’s wat produsente moet oorweeg

wanneer hulle verskansingsbesluite neem, is in Deel 2 van hierdie

reeks in meer diepte bespreek. Dit is egter ook van kardinale belang

dat produsente die verskillende aspekte waarop hulle moet let in

gedagte hou wanneer hulle diversifikasiebesluite neem.

Produksierisiko

Produksierisiko verwys na die risiko verbonde aan die fisiese

produksie van die gewas – wat hoofsaaklik na die opbrengs wat

verkry word, verwys. Wanneer produsente besluit om alternatiewe

gewasse vir diversifikasiedoeleindes te plant, is dit noodsaaklik dat

hulle ook die produksie-aspekte van die gewas in gedagte moet hou.

Verskillende gewasse vereis verskillende bestuursprogramme en

produsente moet hulself eers vereenselwig met die tegniese aspek-

te van die gewas se produksie voor dit op groot skaal geproduseer

word. Die hoofdoel van die diversifikasie is om die produsent se

risiko te minimaliseer en dit moet in hierdie lig benader word.

Prysrisiko

Prysrisiko verwys na die mate waartoe die prys van die onderlig-

gende kommoditeit oor tyd verander. Die prysrisiko is een groot

faktor wat die winsgewendheid van die produsent onder druk

kan plaas.

Bestuur risiko deur diversiϐikasie

Desember 2017

22