Background Image
Previous Page  25 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 25 / 44 Next Page
Page Background

Prysrisikobestuur is daarom essensieel en wanneer diversifikasie

oorweeg word, moet die produsent ook die moontlike prysrisiko van

die gewas wat oorweeg word, in gedagte hou. Die fundamentele

faktore wat die prysstrukture van die spesifieke gewas beïnvloed,

moet heel eerste oorweeg word – voordat die produsent ‘n besluit

neem oor die gewas wat hy wil aanplant met die oog op die

diversifikasie van sy boerdery.

Die markstrukture en inligtingsbronne is in Deel 1 van die reeks

bespreek.

Kontantvloeirisiko

Kontantvloeirisiko vorm deel van finansiële risiko. Wanneer kontant-

vloeirisiko in terme van diversifikasie oorweeg word, verwys dit

hoofsaaklik na die waarskynlikheid dat hierdie spesifieke bedryfstak

die koste daaraan verbonde sal kan dek of nie.

Produsente moet ook die koste verbonde aan die produksie van die

verskillende gewasse oorweeg voor dit aangeplant word. Sommige

gewasse het gespesialiseerde toerusting nodig vir die verbouing

daarvan, of dit is geweldig arbeidsintensief en kan tot groot kapitale

uitgawes lei – wat die oorhoofse koste aansienlik kan laat toeneem

en druk op die produsent se kontantvloei sal plaas.

Winsgewendheid

Winsgewendheid is in die meeste gevalle een van die hoofdryfvere

waarom produsente diversifikasie van verskillende gewasse

vir ‘n spesifieke seisoen se aanplantings oorweeg. Indien die

winsgewendheid van ‘n gewas onder druk is, wat meestal gepaard

gaan met pryse van die kommoditeit wat onder druk is, neig

produsente om makliker oor te beweeg na ander gewasse – veral

indien die winsgewendheid van hierdie gewasse beter is teen die

heersende markprys van die gewas.

Produsente moet egter steeds die alternatiewe gewasse wat

oorweeg word, se fundamentele faktore in ag neem om sodoende

vas te stel wat die moontlike prystendens in die mark is en hoe

die verwagte prystendens die winsgewendheid van die gewas kan

beïnvloed.

Maak die nodige berekeninge

Indien produsente die risiko’s verbonde aan die verskillende

gewasse oorweeg het en gemaklik is dat die verskillende gewasse

wat oorweeg word sal inpas by die huidige strukture van die plaas,

moet die produsent verskeie berekeninge, wat noodsaaklik is vir

effektiewe besluitneming, gaan maak.

TOTALE KOSTE (DIREKTE KOSTE + VASTE KOSTE)

TANS

Safex-prys (R/ton)

1 616

1 866

2 116

2 366

2 616

2 866

3 116

3 366

3 616

Produsenteprys

1 400

1 650

1 900

2 150

2 400

2 650

2 900

3 150

3 400

Opbrengs

(t/ha)

3,0

-1 799

-1 549

-1 299

-1 049

-799

-549

-299

-49

201

3,5

-1 342

-1 092

-842

-592

-342

-92

158

408

658

4,0

-1 000

-750

-500

-250

0

250

500

750

1 000

4,5

-733

-483

-233

17

267

517

767

1 017

1 267

5,0

-520

-270

-20

230

480

730

980

1 230

1 480

TABEL 1: SENSITIWITEITSANALISE VIR ‘N MIELIEBEDRYFSTAK.

Bron: Graan SA

TABEL 2: SENSITIWITEITSANALISE VIR ‘N SOJABOONBEDRYFSTAK.

TOTALE KOSTE (DIREKTE KOSTE + VASTE KOSTE)

TANS

Safex-prys (R/ton)

4 067

4 267

4 467

4 667

4 867

5 067

5 267

5 467

5 667

Produsenteprys

4 004

4 204

4 404

4 604

4 804

5 004

5 204

5 404

5 604

Opbrengs

(t/ha)

1,3

-2 722

-2 522

-2 322

-2 122

-1 922

-1 722

-1 522

-1 322

-1 122

1,5

-1 601

-1 401

-1 201

-1 001

-801

-601

-401

-201

-1

1,75

-800

-600

-400

-200

0

200

400

600

800

2,0

-200

0

200

400

600

800

1 000

1 200

1 400

2,3

267

467

667

867

1 067

1 267

1 467

1 667

1 867

Bron: Graan SA

TABEL 3: SENSITIWITEITSANALISE VIR ‘N SONNEBLOMSAADBEDRYFSTAK.

TOTALE KOSTE (DIREKTE KOSTE + VASTE KOSTE)

TANS

Safex-prys (R/ton)

3 669

3 869

4 069

4 269

4 469

4 669

4 869

5 069

5 269

Produsenteprys

3 451

3 651

3 851

4 051

4 251

4 451

4 651

4 851

5 051

Opbrengs

(t/ha)

1,0

-2 925

-2 725

-2 525

-2 325

-2 125

-1 925

-1 725

-1 525

-1 325

1,3

-1 650

-1 450

-1 250

-1 050

-850

-650

-450

-250

-50

1,5

-800

-600

-400

-200

0

200

400

600

800

1,8

-193

7

207

407

607

807

1 007

1 207

1 407

2,0

263

463

663

863

1 063

1 263

1 463

1 663

1 863

Bron: Graan SA

23

December 2017