Background Image
Previous Page  20 / 44 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 20 / 44 Next Page
Page Background

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

GRAANMARK

-oorsig

– 8 November 2017

OP PLAASVLAK

Desember 2017

18

v

olgens die Nasionale Oesskat-

tingskomitee (NOK) se voorneme

om te plant-verslag wat einde

Oktober bekend gemaak is, word

die verwagte mielie-aanplantings

vir die seisoen op 2,47 miljoen ha

geskat – wat slegs ‘n 6% daling is, gemeet

teen die huidige seisoen se oppervlakte

aangeplant.

Sojaboonaanplantings word op 720 000 ha

vir die seisoen geskat, terwyl dié van son-

neblom op 665 500 ha geskat word. Die

grondbone- en sorghumoppervlakte word

verwag om met 17% en 3,2% onderskeidelik

toe te neem.

Vraag-en-aanbodscenario’s

Tabel 1

tot

Tabel 3

toon die verkorte vraag-

en-aanbodscenario’s, wat moontlik die

komende seisoen gesien kan word, gegewe

die huidige voorneme om te plant en

aannames vir moontlike opbrengssituasies.

Die vraag-en-aanbodscenario’s is saam-

gestel vir die drie grootste somergrane,

naamlik mielies, sojabone en sonneblom-

saad en die volgende aannames is met die

opstel van die scenario’s gemaak:

Verbruik = drie jaar gemiddeld

Opbrengste gebruik in die scenario’s

Scenario 1: Laagste opbrengs oor die

afgelope vyf jaar

Scenario 2: Gemiddelde opbrengs oor

die afgelope vyf jaar

Scenario 3: Rekordopbrengs

Tabel 1 toon die vraag-en-aanbodmoont-

likhede vanmielies vir die 2018/2019-seisoen

– sou die huidige voorneme om te plant

realiseer, terwyl

Grafiek 1

‘n grafiese voor-

stelling van die mielieproduksie, uitvoerbare

surplus en uitvoerbare surplus is – as ‘n

persentasie van die plaaslike verbruik.

Dit is duidelik uit Tabel 1 dat indien sce-

nario 1 (sien opbrengsaannames bo) sou

plaasvind, die totale uitvoerbare surplus in

die mark in die komende seisoen ongeveer

1,45 miljoen ton sal beloop. Dit beteken

dat die produksie, tesame met die seisoen

se oordragvoorraad, heelwat nader aan ‘n

gelykbreekoes sal wees, met slegs ‘n klein

uitvoerbare surplus.

Indien scenario 2 sou realiseer, sal die

produksie plus oordragvoorraad die land

met ‘n uitvoerbare surplus van ongeveer

3,85 miljoen ton laat – wat minder is as

die huidige seisoen, maar steeds ‘n groot

uitvoerbare surplus is en wat sal beteken

dat die pryse weer vir ‘n geruime tyd teen

uitvoerpariteit sal verhandel.

As scenario 3 sou plaasvind, kan die land

in die volgende seisoen moontlik weer ‘n

produksie van oor die 15 miljoen ton hê,

wat sal beteken dat Suid-Afrika, saam met

die huidige seisoen se oordragvoorraad, ‘n

uitvoerbare surplus van amper 8 miljoen

ton sal hê.

Grafiek 1 toon dat die uitvoerbare surplus

as ‘n persentasie van die plaaslike verbruik

ongeveer 14% kan wees indien ‘n lae

opbrengssituasie sou voorkom en dat dit

kan toeneem tot en met 77% indien re-

kordopbrengste weer sou realiseer. Teen

gemiddelde opbrengste kan die uitvoerbare

surplus ongeveer 37% van die plaaslike

verbruik vir mielies in totaal beloop.

Tabel 2 toon die moontlike vraag-en-

aanbodscenario’s van sojabone vir die

2018/2019-seisoen. Dit is duidelik dat die

oordragvoorraad van sojabone vir die hui-

dige seisoen effens hoër behoort te wees as

wat aanvanklik verwag is.

Verwerking van sojabone vir olie- en olie-

koekproduksie vir die 2017/2018-seisoen

het teen ‘n stadiger tempo plaasgevind as

wat verwag is. Dit kan aan verskeie faktore

toegeskryf word, waaronder die feit dat

van die aanlegte gedurende die seisoen

tegniese uitdagings ervaar het.

Vraag-en-aanbodscenario’s gebaseer

op die voorneme om te plant

Grafiek 1: Produksie, uitvoerbare surplus en uitvoerbare surplus as persentasie van plaaslike

verbruik van mielies gegewe verskillende moontlike scenario’s vir die 2018/2019-bemarkingseisoen.

Bron: NOK, eie berekeninge

'000 ton

% van totale plaaslike verbruik