

42
Claas bevorder
besigheid met opening
van heelgoedere
depot in PE
C
laas en sy Suid-Afrikaanse invoerder, Kempston Agri, het
onlangs ‘n heelgoedere depot in Port Elizabeth geopen.
Dié depot is nege maande nadat konstruksie begin het, in
gebruik geneem.
Om en by 100 genooide gaste, insluitende kliënte, Claas-
handelaars vanuit Suid-Afrika, Zambië en Namibië, werknemers
van Claas en Kempston Agri en mediaverteenwoordigers het die
openingsgeleentheid op 16 September vanjaar in Port Elizabeth
bygewoon.
Tydens die inhuldigingsprogram die aand, het mnr Jan-Hendrik
Mohr, lid van die uitvoerende raad van die Claas-groep, gesê hy
sien uit na toekomsgerigte en suksesvolle samewerking: “Ons is
verheug om Kempston Agri, wat ervare is in die mark, as ven-
noot in die land te hê, Kempston Agri is ook nou, danksy ‘n
moderne masjineriedepot, nog beter gerat om hul omvattende
kliëntediens aan produsente in die Suid-Afrikaanse mark te bied,”
het Mohr gesê.
Die vestiging van die masjineriedepot is hoofsaaklik daarop
gefokus om afleweringstye te verbeter. Een groot voordeel is die
nuwe ligging, aangesien afleweringstye sodoende baie korter sal
wees vanaf Port Elizabeth na handelaars in ander groot Suider-
Afrikaanse lande.
Vanaf die sentrale depot in Port Elizabeth, verskaf Kempston
Agri voorraad aan al 27 Claas-handelaars in Suider-Afrika.
Daarbenewens sal invoerders in Namibië, Botswana, Zimbabwe,
Mosambiek en Zambië ook voortaan deur die nuwe Port Elizabeth
depot gediens word.
AKTUEEL
JOHAN LOXTON,
bestuurder: Kommersiële Dienste, Graan SA
‘n Nuwe Claas-handelaar, wat die volle Claas-produkreeks bied, is
op dieselfde perseel as die depot geleë.
Kyk uit vir die
2015 Graangids
wat saam met die
Januarie-uitgawe van
SA Graan/Grain
uitgepos word.