

KOMPETISIEREËLS
1. Slegs amateurfotograwe (dit wil
sê persone wat nie ‘n bestaan
maak uit foto’s neem nie) mag vir
die kompetisie inskryf.
2. Inskrywings moet die tema “Die
plaaslewe” uitbeeld.
3. Persone op die foto moet geïdenti-
fiseer word (verskaf noemnaam
en van).
4. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook
sy posadres en telefoonnommer/s saam
met die foto verskaf.
5. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s
(waarvan die onderwerpe verskil) per uitgawe in-
skryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die
eerste drie foto’s wat ontvang is, vir die kompetisie in aanmer-
king geneem word.
6. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp
handel as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat
ingeskryf word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.
7. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uit-
gawes nie inskryf nie.
8. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskry-
wings wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kom-
petisie ingeskryf word.
9. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar
word. Die foto’s moet in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk
nie, in JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met
‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi geskan-
deer word.
10. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar
word nie. Om ‘n foto te sny (
crop
) word nie as manipulasie beskou nie.
11. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe, ‘n verteenwoordiger
van
SA Graan/Grain
asook Sasol Chemicals (Kunsmis), sal die foto’s maande-
liks beoordeel.
12.
SA Graan/Grain
behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die
kompetisiereëls voldoen nie, af te keur.
13. Alle inskrywings word die eiendom van
SA Graan/Grain
– dit sluit die CD’s
in waarop die foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word
en
SA Graan/Grain
en Sasol Chemicals (Kunsmis) mag dit vir toekomstige
promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf,
stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir skending
van kopiereg sal ingedien word nie.
14. Werknemers van Sasol Chemicals (Kunsmis), Graan SA of Infoworks mag nie
vir die kompetisie inskryf nie.
Tydens onderhoude met die dames wat ingeskryf het
vir kykNET se gewilde reeks,
Boer soek ‘n vrou
, het die
meeste genoem dat hulle uitsien na die rustigheid op
die plaas. Alle amateurfotograwe wat graag wil wys
hoe die plaaslewe werklik daar uitsien, word uitgenooi
om in te skryf vir die 2015
SA Graan
/Sasol Chemi-
cals (Kunsmis) fotokompetisie. Wat som volgens jou
“Die plaaslewe” op: Die aanbreek van ‘n nuwe dag
of seisoen, die vee wat kommervry rondloop of die
bedrywighede van mensehande? Dalk is jou foto
van die rustigheid wat van die plaashuis se stoep af
sigbaar is, volgende jaar een van die wenfoto’s!
WAT KAN JY WEN?
Die pryse word weer vanjaar deur Sasol Chemi-
cals (Kunsmis) geborg. Vanaf Januarie 2015 word
daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wen-
ner deur ‘n paneel beoordelaars aangewys. Die
maandelikse wenner stap weg met ‘n kontant-
prys van R1 000 en die twaalf finaliste kom in
aanmerking vir
R10 000 (wenner)
,
R7 000 (naas-
wenner)
en ‘n
derde prys van R3 000
.
SPERDATUMS
Januarie 2015: 14 Januarie
Februarie 2015: 10 Februarie
Stuur foto’s na
elmien@infoworks.bizof aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.
Só lyk die
plaaslewe…
Prysgeld ter waarde van R32 000 te wen!