

e
k staan verbaas voor kliënte as hulle aandring op die
aanplanting van slegs inheemse plante, veral as hul in
‘n area wil tuinmaak met uitdagende klimaatstoestande.
Baie het al gehoor dat dit die regte ding is om te doen,
maar meer as dít, weet hul nie verder regtig waaroor die
hele neiging gaan nie.
Om trots Suid-Afrikaans tuin te maak en slegs plante te gebruik
wat oorspronklik vanaf Suid-Afrika afkomstig is, het sy voordele,
maar ook sy nadele. Die hele redenasie wat die sukses van om
inheems te plant staaf, word toegeskryf aan die feit dat inheemse
plante minder water benodig, dit beter is vir die natuur en ook
minder moeite om te onderhou...Om maar ‘n paar voordele te
noem. Inheemse plante klink na ‘n wenresep vir maklike tuinmaak
en daarom wil almal op die wa spring met die woord “inheems”.
Kom ons veronderstel ons wil ‘n nuwe woning bou op ‘n oop stuk
grond waar natuurlike plantegroei voorkom. As hierdie plante
al verskeie jare hier in die veld kon oorleef en floreer met dít wat
Moeder Natuur hul bied, is dit mos logies dat hierdie plante binne
die grense van my tuinmuur ook goeie presteerders sal wees. Die
natuurlike reënval sal dus voldoende wees, die plante sal gehard
staan teen die omgewing se elemente wat dit moontlik kan bedreig
en sekerlik sal organismes van die area (soos diere, voëls en insekte)
meer tuis voel met eg Suid-Afrikaanse plante.
Inheemse plante
Inheemse plante is plante wat afkomstig is van binne die grense
van ons land en soos ons almal weet is Suid-Afrika ‘n baie diverse
land – veral ten opsigte van klimaat. Plante wat natuurlik in ‘n area
voorkom en hul oorsprong in juis daardie area het, word na verwys
as “endemiese” plante.
Endemiese plante
Endemiese plante is plante wat inheems is tot ‘n spesifieke area. ‘n
Plant wat endemies is aan KwaZulu-Natal, gaan uiteraard nie so goed
presteer in die vlaktes van die Vrystaat nie. Warm, droë winde in die
somer sal sub-tropiese plante uitdroog en die erge ryp waarvoor die
Vrystaat so bekend is, sal sensitiewe plante baie skade doen.
Alhoewel die Kaap spog met een van die rykste plantkoninkryke
ter wêreld, is daar slegs ‘n handjievol plante wat vanuit dié winter-
reënvalstreek afkomstig is, wat in die Vrystaat sal floreer. Dit is dus
duidelik dat nie alle inheemse plante geskik sal wees vir alle dele
van ons land nie. Waar baie mense die fout maak, is dat die woord
“inheems” soms verkeerdelik gebruik word en eerder vervang moet
word met “endemies”. Endemiese plante is daardie plante wat meer
geskik is vir ‘n betrokke area, eerder as die wye spektrum inheemse
plante wat so aanloklik lyk.
Vanuit ‘n bemarkingsoogpunt maak dit vir baie ontwikkelaars sin
om ‘n ontwikkeling as slegs inheems te bemark, aangesien dit
‘n beeld uitstuur van minder moeite en ook een van omgee vir
die omgewing en sy mense. In areas met baie endemiese plante
waarvan die huiseienaars hou, kan dit goed werk, maar hoe dan
nou gemaak met nuwe ontwikkelings in areas van ons land waar
die endemiese plante beperk is tot grasvelde? Wat is dan fout met
die aanplant van uitheemse plante? Daar is ‘n mite wat bestaan dat
alle uitheemse plante meer aandag verg en ook ‘n bedreiging inhou
vir ons omgewing.
Indringerplante
Indringerplante is plante wat vervuil aangesien hul vinnig vermenig-
vuldig. Alhoewel die meerderheid indringerplante uitheemse plante
is, word alle uitheemse plante ongelukkig onder dieselfde kam
geskeer. Indringerplante is probleemplante wat gewoonlik baie
saad produseer en aangesien die plant se natuurlike vyand wat op
die sade sou teer, in ons land afwesig is, is daar niks wat die ver-
spreiding van die plant in Suid-Afrika onder beheer kan hou nie.
Nie alle uitheemse plante is indringerplante nie aangesien nie almal
byvoorbeeld saad produseer nie.
Ons gewone varkoor is ‘n pes in sekere dele van die wêreld aange-
sien dit daar buite beheer versprei, maar in Suid-Afrika is daar
swamme, insekte en diere teenwoordig wat dit onder beheer hou.
Daar is selfs inheemse grasse wat kan vervuil as dit binne die grense
van ons land in ander biome aangeplant sou word.
Kies plante wat in ‘n spesifieke area
gaan aard
Persoonlik verkies ek om eerder plante te selekteer wat in ‘n area
gaan aard, of dit nou inheems (vanaf Suid-Afrika), endemies (in-
heems tot ‘n spesifieke area) of uitheems (vanaf ander lande) is, mits
dit nie ‘n probleem vir die omgewing gaan inhou nie. Ek glo tog dat
inheemse plante hul plek in die tuin het as die area daarvoor geskik
sal wees, maar ook dat daar uitheemse plante is wat net so goed
(indien nie beter nie) kan presteer.
Hoekom moet ‘n mens dan nou ‘n plant forseer om in ‘n area te
groei net omdat dit sy oorsprong in Suid-Afrika het? Dit is soos
om Suid-Afrikaanse stadsjapies te forseer om in die Karoo te gaan
woon aangesien die Karoo steeds binne die grense van ons land is.
Ek het vele ontwikkelaars al oorreed om eerder ‘n geselekteerde
inheemse/uitheemse-kombinasie te bemark ter voordeel van al die
inwoners en ook die omgewing. Alles in ons wonings is mos nie van
Suid-Afrikaanse oorsprong nie, so hoekom dan nou ‘n kopseer vir
jouself veroorsaak deur jou só te beperk in die tuin?
Inheems of nie?
Hierdie is die laaste uitgawe wat David Viljoen vir ons geskryf het. Baie dankie aan David wat vanaf Junie 2006 die
damesrubriek (en nou
Kreatiwiteit met David
) in
SA Graan/Grain
behartig het. Sy entoesiasme oor tuinmaak is
aansteeklik en ons het die afgelope paar jare ongelooflik baie by hom geleer. Mag dit met jou goedgaan! – Red.
DAVID VILJOEN,
kreatiewe landskapsontwerper en tuinboukundige
KREATIWITEIT
met David
46
Desember 2014