

Belangrike ekonomiese aanwysers
en insetprystendense in 2014
m
eeste van Suid-Afrika se produksie-insette word
ingevoer. Ongeveer 70% van die land se kuns-
misbehoeftes, alle aktiewe bestanddele vir land-
bou-chemikalieë, die meeste landboumasjinerie
(veral trekkers) sowel as brandstofpryse (wat
gereguleer word), word op invoerpariteit geba-
seer. Hoewel ons saadtegnologie (soos GMO’s) ingevoer word, word
die meeste saad ten minste plaaslik vermeerder.
Hoe beïnvloed hierdie feit Suid-Afrika se vermoë om voedsel vol-
houbaar te produseer en met internasionale eweknieë te kompeteer?
Wat van toekomstige voedselsekerheid?
Weens hierdie groot persentasie invoere, speel die waarde van die
rand ‘n enorme rol in die vasstelling van plaaslike insetpryse en
het die 10,2%-verswakking van die rand jaar op jaar insetpryse op-
waarts gedruk.
Tabel 1
toon die prysbewegings van die belangrikste
ekonomiese en insetprysaanwysers aan.
Produksieprysindeks
Die produksieprysindeks dui die prysstygings van goedere en diens-
te op die groothandel- of vervaardigingsvlak in die ekonomie aan.
‘n Onderskeid word tussen die prysstygings van totale en inge-
voerde goedere getref. Die prestasie van die rand teenoor die geld-
eenhede van die vernaamste lande waar invoere vanaf plaasvind,
het ‘n groot invloed op die pryse van ingevoerde goedere.
Op ‘n jaargrondslag, het die produksieprysindeks tot September
2014 met 6,9% gestyg. Vanaf Augustus 2013 tot Augustus 2014
het die pryse van ingevoerde goedere met 15,3% gestyg. Ingevoer-
de goedere het tot ‘n meerdere mate gestyg as gevolg van die
plaaslike wisselkoers wat op ‘n jaar-tot-jaar-basis verswak het.
Verbruikersprysindeks
Die amptelike inflasiekoers word op grond van veranderings in
die verbruikersprysindeks bereken en dui kosteveranderings op
die kleinhandels- of verbruikersvlak aan. Die inflasiekoers het in
September 2014 op ‘n jaargrondslag met 5,9% gestyg.
Voedselinflasie het oor dieselfde periode met 8,5% gestyg. In hier-
die mandjie van voedsel het brood en grane met 5,9% toegeneem,
terwyl vleis met 9,4% gestyg het. Vis en groente het met onder-
skeidelik 8,4% en 13% toegeneem. Olie en vette het met 1,1% gedaal.
Wisselkoerse
In Tabel 1 word die verstewiging van die jaarlikse eksterne
waarde van die rand teenoor ander geldeenhede as ‘n positiewe
verandering aangedui, terwyl ‘n verswakking as ‘n negatiewe
persentasieverandering aangetoon word. Die rand het op ‘n
jaargrondslag tot Oktober 2014 met onderskeidelik 10,2%; 10,7%
en 3,8% teenoor die dollar, die pond en die euro verswak.
Omdat Suid-Afrika so afhanklik is van invoere vir insetmiddele, het
dié verswakking van die rand teenoor die geldeenhede van Suid-
Afrika se vernaamste handelsvennote, plaaslike insetprysstygings
verder aangevuur.
Rentekoerse
Op ‘n jaargrondslag tot Oktober 2014, het die Reserwebank die
bankkoers met 75 basispunte of 0,75 persentasiepunte na 5,75%
verhoog. Handelsbanke het die prima uitleenkoers ook met 75 basis-
punte na 9,25% verhoog.
Internasionale ruoliepryse
Die gemiddelde maandelikse brent ruolieprys het vanaf Oktober
2013 tot Oktober 2014 met 19,6% vanaf $109 per vat na $88 per
vat gedaal. Hierdie daling kan hoofsaaklik aan die volgende faktore
toegeskryf word:
Toename in produksie van Saoedi-Arabië
Toename in produksie van ruolie in die VSA (hoofsaaklik van
skaliegasproduksie)
Laer vraag van China (laer ekonomiese groei)
Die ruolieprys in randterme het op ‘n jaargrondslag tot en met
Oktober 2014 met 11,4% tot R973 per vat gedaal.
Brandstofpryse
Die plaaslike groothandelprys van diesel in Gauteng het met
1,1% vanaf R12,60 per liter in Oktober 2013 tot R12,46 per liter in
Oktober 2014 gedaal. Oor hierdie tydperk het die gelande koste
van diesel met 3,1% gedaal, terwyl die groothandelsmarge met
5,5% gestyg het en belasting met 6,1% toegeneem het.
Die dieselkorting is tans 187,8 sent per liter, terwyl dit 175 sent per
liter verlede jaar was. Die dieselkorting bestaan uit die 104 sent per
liter van die Padongeluksfondsheffing en 83,8 sent per liter van die
belastingkomponent.
Internasionale kunsmispryse
Behalwe vir kalium, het die internasionale pryse van kunsmisgrond-
stowwe vanaf Oktober 2013 tot Oktober 2014 skerp gestyg. Die
pryse van DAP, ureum en ammoniak het met onderskeidelik 16,9%,
9,6% en 30,2% toegeneem. Die prys van kaliumchloried het tydens
hierdie tydperk met 12,3% gedaal.
OP PLAASVLAK
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA en
PETRU FOURIE
, ekonoom, Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
20
Desember 2014